Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

Kompetisie: die son was ’n stekelblaarklapper


Adriaan Coetzee - 2011-03-03

die son was ’n stekelblaarklapper

sy moet jou by rehab kom haal
soos ’n afbeenkolgans. later terugvat
sodat hulle jou vlerke kan knip
voor jy weer die son in donner en crash. sy sal

julle kinders kalm hou en skerm vir jou al sê almal
jy’s nie meer lekker nie want jy vertel vir haar
die son was ’n stekelblaarklapper. sy verstaan
jou gehuil oor alles of onbeheerste lag.

tree in die eg om die eer van ’n vrou
en nie in die naam van jy weet wat, so-
doende kan dit jou trots tydsaam knou.

vergeet van die domisilie van die ander sokkie,
die hond se kougoed. een ding moet ek jou vra: klim jy
elke aand tussen die lakens saam met jou ma?






Klik hier vir die kompetisie-besonderhede