Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans > Ongepubliseerde skrywers

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Sal jy my onthou?


Estè du Plessis - 2011-03-02

Sal jy my onthou?

Ek hoor jou nie kom – suutjies jy, 
maar ek sien jou toring voor my.
Vryf met jou linkervoet in die sand ...
ek is ook maar skaam.
Wie sal eerste hallo sê?
Jou oor – die kontinent Afrika.
Mag ek voel hoe loop die plooie oor jou lyf?
Jy proe my met jou slurp
en toe reis ek op jou rug huis toe.