Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Skole | Schools > Kennisgewings | Notices

Wen met naam vir jeugklub


2011-03-02

Untitled Document

 
’n Jeugklub is die nuutste projek van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl. Groot pryse is op die spel in ’n kompetisie wat verlede week geloods is om ’n naam vir dié klub te vind.

Graad 6- tot 12-leerders en studente word genooi om ’n voorstel vir ’n klubnaam, wat “oorspronklik, hip, funky en cool” moet wees, en hul naam, van en ouderdom te sms na 073 224 6519. Die sluitingsdatum is 25 Maart en die wenners sal op 7 April bekendgemaak word.

Janine September, vakkundige assistent by die Taalmuseum en -monument, het verlede jaar ’n lesing by ’n nasionale museumkonferensie gelewer oor haar en ander jongmense se verwagtinge en denke aangaande museums. Na dié lesing, wat haar ’n prys as nuwelingspreker besorg het, het die idee ontstaan om ’n jeugklub te begin om jongmense bewus te maak daarvan dat museums nie vervelige plekke is nie.

“Dit is belangrik om te onthou dat jong volwassenes soos ek ’n museumbesoek opweeg teen ander vermaakopsies – ons sal liewer ’n fliek gaan kyk, in ’n winkelsentrum rondloop of aan sport deelneem,” sê me September.

Klublede sal kan deelneem aan kwartaallikse projekte op Saterdagoggende en gedurende die Junie- en September-skoolvakansies, waaronder ’n Afrikaanse rapmusiek-werkswinkel. Die lidmaatskapfooi is R5 per kwartaal en lede ontvang ’n klubkaartjie wat jaarliks hernieu word.

Meer inligting is beskikbaar by biblioteke in Drakenstein en by die Taalmuseum in Pastorielaan. Kontak vir Janine September by tel. 021 872 3441 of stuur ’n e-pos na vakkundige@taalmuseum.co.za.