Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Kennisgewings | Notices

Fleur du Cap stel omgewingsvriendelike promosie-etikette bekend


2011-03-01



Fleur du Cap lewe sy leuse “Geïnspireer deur die Natuur” uit as die eerste wynprodusent om ‘n innoverende en omgewingsvriendelike saadpapier te gebruik vir hul promosie-etikette wat in Maart en April om die nek van wynbottels in uitgesoekte winkels verskyn.

Pleks van dit in die drom te gooi nadat dit gelees is, kan jy nou die promosie-etikette wat verwerk is met basiliekum- en barbarakruid-saadjies plant om jou eie kruietuin te begin.

Koop een van Fleur du Cap se bekroonde wyne wat een van hierdie promosie-etikette dra, en plant dit eenvoudig onder ‘n dun lagie vogdige grond in ‘n self-dreinerende pot en plaas dit in ‘n warm, sonnige plek. As die grond klam gehou word, sal die saadjies sommer vining ontkiem. Fleur du Cap witwyne is goeie pasmaats vir peer, okkerneut- en barbarakruid-slaai of geniet een van Fleur du Cap se uitmuntende rooiwyne met ‘n Spaghetti Bolognaise, bedek met vars basiliekruid uit jou eie tuin.

Die komplekse dog subtiele geure van Fleur du Cap wyne is te danke aan die biodiversiteit en unieke terroir van die Kaapse blommeryk – die kleinste, dog rykste van net ses plantrykdomme in die wêreld. Die wyne is afkomstig van Die Bergkelder, die bekende kelder aan die hange van die Papegaaiberg in die hartjie van Stellenbosch.

Fleur du Cap se omgewingsvriendelike nek-etiket veldtog is deel van ‘n landswye promosie wat in die winkels plaasvind tydens Maart en April en bied jou ’n kans om jou tuin ter waarde van R30 000 te laat oordoen. Wees dus op die uitkyk vir die nek-etikette op Fleur du Cap se wynbottels. As as die prys van die oormaak van jou tuin jou ontglip het, kan jy nogsteeds jou eie kruie tuin begin!

Vir meer inligting en die kans om meer pryse te wen, besoek: www.fleurducap.co.za