Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > NB-Uitgewersportaal | NB Publishers Foyer

Nuut by NB-Uitgewers


2011-03-01

Nuut by NB-Uitgewers dié Maart:

Die reuk van koffie, Tweetalige Sakwoordeboek / Bilingual Pocket Dictionary, Wanpraktyk, Visums by verstek, Onversadig en Die avonture van Alice in Wonderland

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Uitgewer:

Human & Rousseau
ISBN:
9780798151900
Prys: R170


Die reuk van koffie
Koos Kombuis

Met ’n styl wat verbysterend kan wissel tussen erns en luim, tussen Algemeen-Beskaafde en pavement-special Afrikaans, takel hierdie kulturele guerrilla die Suid-Afrikaanse, en veral Afrikaanse, sake van die dag. Die versameling is gekies uit rubrieke in koerante (meestal Rapport), artikels in tydskrifte en op webwerwe en sy blogs, en sluit onderwerpe in so verskillend soos Kombuis se groot rugbygeheim, ’n liefdesverklaring aan Stellenbosch, ruminasies oor bekende persoonlikhede van Kurt Darren tot Eugène Terre’Blanche, kleintydherinneringe aan Hartenbos-vakansies, skouers skuur met politici al dan nie, en die eerste dag van sy menopouse. Skerp, slim, satiries.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Die reuk van koffie nou van Kalahari.net!


Uitgewer:

Pharos
ISBN:
9781868901111
Prys:R120


Tweetalige Sakwoordeboek / Bilingual Pocket Dictionary
Pharos

Gawe meisies praat nie oor geld nie … Gevolglik sukkel baie vroue om hul geldsake só te bestuur dat hulle hul drome kan waar maak. Hier is ’n gids met praktiese, eenvoudige raad oor geldsake.

A wise, fun and practical guide, written for the average “finance-illiterate” woman.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Tweetalige Sakwoordeboek / Bilingual Pocket Dictionary nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798152822
Prys: R145



Wanpraktyk
Andries Samuel

Argitektuur speel ’n belangrike rol in hierdie digbundel: die ontwerp van geboue en die konkrete bouwerk wat daarop volg. Die weerloosheid van menswees, die blootstelling aan ruwe emosionele werklikhede en die mens se poging om hom teen aanslae soos die letsels van liefdesverlies en die wreedheid van die samelewing te verweer, word ook ondersoek.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Wanpraktyk nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798151832
Prys: R165


Visums by verstek
Joan Hambidge

Hierdie keur uit die digter se reisverse lewer bewys van haar verstommend ruim verwysingswêreld en plaas die fokus op die mens as reisiger, sowel uit eie wil as teen wil en dank. Die bundel doen verslag oor reisindrukke, maar die bestemming is telkens die ruimte vir emosionele en rasionele verwerking van menslike ervaring.

Klik hier en koop Visums by verstek nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624049036
Prys:R175

Onversadig
TT Cloete

TT Cloete verwoord hier op tegnies vernuftige wyse die onvermoë van die mens om die misterie van die skepping en sy eie bestaan te deurgrond. Hy slaag daarin om iets van die wonder vas te vang sonder om die enigma tot ’n eenduidige slotsom of “betekenis” te reduseer. Daar is ook intieme verse oor die onlangse verlies van ’n lewensmaat.

Klik hier en koop Onversadig nou by Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798151511
Prys: R165


Die avonture van Alice in Wonderland
Lewis Carroll, André P Brink (vertaler), Marjorie van Heerden (illustreerder)

Dié klassieke verhaal van Alice neem jou op ’n holderstebolder, humoristiese reis saam met ons onverskrokke klein heldin. Sy ontmoet die Cheshirekat, Die Hertogin, Die koning en koningin van Harte, die Wit Konyn, die Hoedemaker en die Paashaas, die Kammaskilpad, die Griffioen, en vele meer. Lieflike illustrasies vul die teks aan.

Klik hier en koop Die avonture van Alice in Wonderland nou van Kalahari.net!