Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans > Ongepubliseerde skrywers

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Bewaar ons


Lettie du Preez - 2011-03-01

Bewaar ons

My naam is Luiperd; my naam is Renoster; miskien is my naam Olifant. Saam in Afrika moet ons voor die beskawing uit vlug na die krimpende bos. Haastig vlug voor Tweebeenjakkals en Geldwolf uit.  Word wakker, Tweebeenjakkals en Geldwolf, en kyk om jou heen – binnekort is dit te laat, ook vir jou.