Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans > Ongepubliseerde skrywers

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: kringdans


Susan Grobler - 2011-03-01

kringdans

reënstokke swalk ritmies
uur na lange uur
eentonige voeteval
stuif stofdeeltjies om die vuur

donker oë lonker en lag
daag al die ruigtes uit
tooi witwarm vlamme
in vuurspuwende rooitongprag

in ’n parket van spiese
veilig in die hittekring
word dié jaar se water
in – weeldedans besing

in die stiller skaduwees
agter die ritsel van grassade
sluip – luiperd geruisloos –
honger dors die vors