Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans > Ongepubliseerde skrywers

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: lugspieëling


Jannike Bergh - 2011-03-01

lugspieëling

’n maanhaarleeu flikker in die verte,
kom in fokus, word werklik
            en beweeg.

tussendeur growwe oker-
en houtskoolhale
stap hy nader – 

die koning van wêreldsend
se stowwerige halo 
beur windstil teen die wolklose blou

en verdwyn 
– snellergou – 

dae is lank hier. sand sluk ure 
en herkou, terwyl

die laaste maanhaar van damaraland
se glasoë blink in ’n bourgeois
sitkamer in die buiteland.

 

Met verwysing na dr Flip Stander se Namibiese woestynleeu-bewaringsprojek