Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

Kompetisie: brandstand


Mariëtte van Graan - 2011-03-01

brandstand

jou sweet stink na siel en sonde teen my aan-
gesig hierdie tipe temptasie is nie
vir dié wat blind en broos van siel is nie
red ons van verhongering
breek die brood in brokke oor die bed
ons knaag soos diere aan donker dinge
hierdie drifte gooi ’n duisternis so groot soos die heel-
al se genade oop deur die plafonne van ons hokke en
kraak uit in onsuiwer verskuiwings van die aarde wat
vulkane oopbreek soos supernovas waardeur ons
neerdaal tot die afgronde van die hel en verby hier-
die diefwering van been klater teen die afgrond
ons versteen soos verbrande hout gestol
in die geheue van ’n vuur bo en buite tyd –
kyk hoe krummel ons






Klik hier vir die kompetisie-besonderhede