Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Nuut by LAPA Uitgewers


2011-02-16


Nuut by LAPA Uitgewers
dié Februarie:

Een plus een, Koekemakranka: Khoi-Khoin-kultuurgoed en kom-kuier-kos, Onthoukos, Skaduwees, skatte en skelmstreke , Om ’n ster te vang .

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Kategorie: Romanse
Formaat
: 129 x 198 mm,
Sagteband
ISBN:
9780799348576
Prys:
R99,95



Klik en koop

Een plus een
Skrywer:
Kristel Loots

Een plus een is ’n heruitgawe van twee van Kristel Loots se gewildste romanses: Kammaliefde en Kanniedoodliefde

Kammaliefde
Sy hoort nie by Krisjan van der Merwe met sy soentjies en drukkies nie; sy lag en terg nie. Dis net kamma-kamma, weet Nanzi. Net tot hy genoeg gehad het. Soos alle mans. Sy kén die vernedering.

Kanniedoodliefde
Op Kurt se gasteplaas vir ou hippies wil Jackie nie wees nie. Sy moet ’n artikel oor hulle skryf … toe stap Kurt reg in haar hart in. En sy wéét van die albatros om sy nek.

Een plus een is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad, www.lapa.co.za


Kategorie:
Geskiedenis / Kultuur / Kookkuns
Formaat: Hardeband; 297 x 210 mm
ISBN: 9780799345223
Prys:
R230  

Klik en koop


Koekemakranka: Khoi-Khoin-kultuurgoed en kom-kuier-kos
Skrywer:
Renata Coetzee en Volker Miros

In dié eeue oue verhaal van die Khoi-Khoin se kos word ook die verhaal vertel van hul kultuur en leefwyse van toe tot nou. Van hul musiek en die ramkie met net een snaar. Van hul kleredrag, hul eetgerei en woonplekke, met selfs ’n beskrywing van hoe matjieshuise gemaak is. Talle vertellings regstreeks uit die mond van ’n paar Khoi-Khoin wat nog onthou hoe dinge nog ’n paar dekades gelede gedoen is – en dalk plek-plek nog gedoen word – omskep die boek in ’n besonderse leeservaring. Volker Miros se 300 foto’s help om Koekemakranka die benaming “pragboek” te laat verdien.

Vir die bewaringsbewustes is daar volop raad vir die aanlê van ’n eie veldkostuin en ’n tydige waarskuwing oor plante wat aan die uitsterf is en liewer met rus gelaat moet word. En om seker te maak dat die Khoi-Khoin se kom-kuier-kos op almal se tafels kan voortleef, word die boek met ’n verskeidenheid resepte afgesluit. 

Koekemakranka: Khoi-Khoin-kultuurgoed en kom-kuier-kos
is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad, www.lapa.co.za.

 


Kategorie:
Kookkuns
Formaat:Sagteband; 240 x 254 mm
Prys: R170
ISBN:
9780799342666

Klik en koop

Onthoukos
Skrywer: Heleen Meyer

Watter kos maak jou nostalgies? Wat onthou jy as van die lekkerste kos van jou kinderdae? Wat sal jy jou ma vra om vir jou te maak as jy iets uit haar resepte kon kies? Kos wat lekker herinneringe oproep, hetsy jou ma, ouma of iemand anders in die familie dit gemaak het. Onthoukos, dra iets voort van die nostalgie van 'n tyd van oorvloed, en van die mildheid van liefhê en saamsit om ’n kostafel …

Alhoewel die resepte as tradisionele Suid-Afrikaanse kos geklassifiseer kan word, word dit waar moontlik met ’n moderne interessantheid voorgesit.

Heleen Meyer, die samesteller van Onthoukos, was assistent-kosredakteur by Sarie, en was die afgelope nege jaar by AMC Classic betrokke by resep-ontwikkeling en die aanbied van kookdemonstrasies. Sy was ’n gaskok op die SABC2 program Pasella, en die kykNet program Roer! het haar al besoek en van haar resepte is in die resepteboek Roer! met die sterre gepubliseer. 

Onthoukos is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad, www.lapa.co.za.


Kategorie:
Jeugfiksie
Ouderdoms-
groep:
11+  
Formaat: Sagteband; 137 x 212 mm
 ISBN: 9780799347579 Prys: R70




Klik en koop


Skaduwees, skatte en skelmstreke
Skrywer: Nerine Ahlers en Alet Steenkamp

Die nuwe skooljaar skop op ’n besige noot af. Lindie se pa trou binnekort. Haar vriende oefen vir ’n padwedloop. En almal is opgewonde oor die Valentynsbal wat voorlê. Maar soos gewoonlik probeer Danelle om dinge vir Lindie-hulle moeilik te maak. En natuurlik is dit haar skuld dat Lindie en Gina douvoordag een oggend by die koshuis moet uitglip en by die grillerige begraafplaas gaan rondsluip. Wat hulle daar sien, is genoeg om enigemand nagmerries te gee – ’n oop graf, en ’n hand wat uit die graf te voorskyn kom. Wat is by die begraafplaas aan die gang? En sal Lindie-hulle hierdie nuwe raaisel kan oplos?

Skaduwees, skatte en skelmstreke is die sesde boek in die reeks deur Nerine Ahlers en Alet Steenkamp. Elke jong meisie kan haar in dié storielyn inleef.

DIE REEKS

  1. Selfone, skelms en sjokolade
  2. SMS’e, skurke en spinnekoppe
  3. Sepiesterre, sokkies en skobbejakke
  4. Seesand, sonbrille en smokkelaars
  5. Spoke, speurders en straatkafees
  6. Skaduwees, skatte en skelmstreke.

Skaduwees, skatte en skelmstreke is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad, www.lapa.co.za.


Kategorie:
Jeugfiksie
Ouderdoms-
groep:
13+
Formaat:Sagteband; 137 x 212 mm
Prys: R80
ISBN: 9780799347494


Klik en koop

Om ’n ster te vang
Skrywer: Elana du Toit


Dis maar net een van die weird dinge van my – ek hou daarvan om vir goed (ouens ook) sterre te gee. Dit gee my deurmekaar lewe ’n bietjie rigting.

Dis hoe dit werk:
***** – Onverbeterlik, 101%, eksieperfeksie
**** – Goed, kan hiermee saamleef, oukei
***– Tussen die boom en die bas, heeltemal gemiddeld, kan harder probeer
** – Gevaarlike terrein, neig na pateties, rooi ligte begin flikker
* – So bitterbek-aaklig soos om aan ’n gebruikte tennissokkie te kou, wil nie eens hiervan weet nie, o genade!

Die liefde bring vir Lienka net bekommernisse. Die Maan-en-Sterre-bal lê voor en dit lyk vir haar of haar wenkbroue besig is om bles te word. Dan is haar een oor ook steeds aan die verlep (so glo sy) omdat Hennie Vis-oog Visser in graad 4 haar mond misgesoen en haar oor getref het. Om nie eens te praat van haar moeilikheid met Gansnek Gysie wat sy oë nie van haar kan afhou nie, Innes, haar back-up boyfriend, en Leon, haar Smartieboks crush, nie. Wanneer die Maan-en-Sterre-bal aanbreek, is daar egter net een vyfster-ou om wie Lienka haar arms gaan vou ...

Om ’n ster te vang is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad, www.lapa.co.za.