Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

My fantasie-kompetisie: Die konsertpianis speel ’n tongfantasie


Ian Hendrix - 2011-02-16

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Soos sy versoek het, parkeer ek in Selwynlaan en stap na Craft Place waar ek voor nommer 66 stilstaan, my aksieplan bedink en die trappies na die Victoriaanse villa se voordeur opstap. Voordat ek die klokkie lui, verskyn Liz in die deur – geklee in ’n amper-deurskynende syagtige wasigheid. Sy is mooier en verleideliker as op die webtuiste waar sy haar dienste adverteer.

“Steve? Ek is Liz. Kom binne!”

Die lang gang is dof verlig. Swaar houtdeure lei aan weerskante na geheimenisse – elk met ’n eie spesialiteit, vermoed ek toe ek agter haar aanstap na die ruim leefvertrek aan die einde van die gang. Die agtergrondmusiek is herkenbaar Lizst. Die tempo is vinniger as die komponis se aanduidings. Ek ken Lizst.

Liz staan voor die groot Steinway wat in sagte beligting die middelpunt van
’n keurig-gemeubileerde vertrek vorm.

“Wat’s volgende, Steve?”

Ek maak my aktetas oop en haal drie rolle sagte fluweellint uit. Liz verstaan, en hou haar hand na my uit. Ek volg haar na die ruim, luukse badkamer, waar sy uittrek en ons minute later in die groot borrelbad ontspan.

Liszt is steeds hoorbaar.

Na vyftien minute droog ek my af en hou my hand na Liz uit. Sy staan op, ek droog haar welgevormde glansende lyf af, en beduie sy moet my na die leefvertrek volg. Nakend. Die vraagtekens op haar gesig is duideliker.

Ek lei haar terug na die Steinway, beduie dat sy op die klavier moet sit sodat haar bene oor die wit en swart ivoornote hang. Ek bind eers die linkerbeen aan die klavierpoot vas, dan die regterbeen. Liz is oopgesper, maar die fluweellint bied genoeg beweegruimte en -vryheid. Sy leun behaaglik agteroor sodat haar kop op die spierwit kussing rus. 

Ek skakel die agtergrondmusiek af.

By die Steinway verstel ek Liz se onderlyf sodat haar twee welgevormde boude net-net oor die klavierkabinet hang. Sy bevestig dat sy gemaklik is, en glimlag.

Ek verstel die klavierstoel se hoogte, toets die afstand na die pedale, en plaas my hande op die invoornote.

Ek begin saggies speel. My lang vingers streel die ivoornote en Liszt vul die vertrek met antisipasie. Liz se twee vasgemaakte hangende bene vorm ’n menslike raam om die klawerbord, my twee arms en twee spelende hande.

Tydens die eerste passasie van die stuk lek ek eers haar linkerkuit, dan die regterkuit. Dan haar binnedye. Ek staan halfmas op om gaandeweg haar skoongeskeerde lippies te bereik. My honger tong speel rustig daaroor terwyl ek voortspeel sonder om ’n noot te mis. 

Liz se asemhaling kompeteer met die musiekvolume, en ek pas die volume en tempo van my spel aan. My tong vind haar nat spleetjie waar Klittie vir my wag. Eers klokgewys, dan antiklokgewys speel my tong met Klittie. 

Liz se lyf reageer bemoedigend. 

Ek versnel die tempo van my klavierspel, en verhoog terselfdertyd druk op Liz se genotskakelaartjie. Sy probeer orent kom, maar haar boude wat op die rand van die Steinway balanseer, maak dit onmoontlik. Sy steun op haar hande, wikkel haar boude sodat sy nie op die klawerbord te lande kom nie, en ek beur my nek verder vorentoe om my tong-teiken te bereik en effektief te bewerk.

Ek speel Liszt soos nog nooit tevore nie – met passie en oorgawe. My kop bons voor Liz se oopgesperde onderlyf. My tong glip telkemale uit die spleetjie voordat ek die tongpunt krul en soos ’n wafferse penis of dildo in haar genotsdieptes inforseer. My neus vryf Klittie tot nuwe kordaat-aandag.

Liz gil.

Die musiek raak stil.

Ek maak die fluweellinte om haar enkels los. Liz draai op haar sy en beduie ek moet die klavierstoeltjie nadertrek. Minute later verdwyn ek vollengte in haar mond. My onderlyf bons vorentoe en agtertoe, en ek sien ons hoogs erotiese weerkaatsing in die gepoleerde klavierkabinet.

’n Kamera flits helder en intrusief. 

“Dankie, my liewe vroulief. Ek hoop jy het my fantasie geniet. Ons kan later na die video-opname en stilfoto’s kyk.”

Liz vra: “Wanneer is julle tweetjies weer beskikbaar?”

Vroulief antwoord: “Nou, vir die res van die dag en nag.” Sy knoop haar bloes los, en lei my na die borrelbad terwyl Liz ons volg.   



• Klik hier vir die kompetisie-besonderhede.

• Lees nog kompetisie-inskrywings hier.