Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

My Fantasie-kompetisie: Verjaarsdag-fantasie


Lolita 12 - 2011-02-16

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

My fantasie het ek  gedroom, en ek deel dit graag.

Met my verjaarsdag kry ek geen geskenke van my lover af nie – nie ’n oproep of kaartjie nie. Baie omgekrap kom ek na werk by die huis, skink ’n glasie wyn en besluit om my e-posse te lees. Toe die skerm aangaan, is daar ’n nota op wat lui: “Gaan kyk in jou kas is ’n pakkie. Maak dit oop en sorg dat jy 20h00 gereed is, ’n huurmotor sal jou kom oplaai, sien jou later. Liefde jou beminde.”

Ek’t gaan bad, die fyn onderklere wat in die houer was aangetrek, asook die effens kort swart nommertjie wat perfek om die kurwes van my lyf kleef. Stiptelik 20h00 hou die huurmotor stil en toe ek inklim sit daar ’n vreemde man in die motor, wat my welkom heet en nog ’n nota aan my gee. Hierop staan: “Dit is jou ‘chaperone’. Hy gaan jou blinddoek  wanneer jul by jul bestemming aankom.” My hart begin bokspring en my lyf begin bewe van die afwagting. Toe ons uitklim neem hy my aan die arm en lei my na waar ons heen moet gaan. Die aanraking van sy warm vingers stuur ligte, aangename rillings deur my lyf, ek lek oor my lippe en voel hoe my borste begin reageer.

Ek word op ’n stoel neergehelp, terwyl ’n sagte stem naby my oor fluister dat ek myself moet oorgee aan die bederf en dat ek moet ontspan. Terwyl ek so sit, voel ek hoe ’n hand my bene effens van mekaar af wegtrek. Skielik is daar vlindersagte soene in my nek en oor my arms, ek begin effens vinniger asemhaal, die stem en sagte hande begin my wegvoer na ’n ander deel van my brein, vlindervingers maak my rok se knope een vir een oop en ek kan voel hoe iets wat baie koud is oor my gedrup word, dit hardloop voor by my borste in en gly af tot by my naeltjie. Warm lippe beweeg oor my lyf en dit lek die nattigheid stadig af, verby my naeltjie, af na my maag, af tussen my lieste verby. My lippies begin swel van die emosies wat deur my borrel, ek kan nie meer wag dat daardie lippe op my wagtende klit kom rus nie. Vlindervingers sluit oor my borste en my tepels word gevryf tussen vingers, my bra word losgemaak deur ander vingers, warm monde sluit oor al twee my erekte tepels, my hande word op ander borste geplaas, my mond voel natter as nat, my lippe word oopgedwing en ’n harde piel word ingestoot. Ek suig stadig en sag, hande oor my borste vryf al vinniger en my liggaam begin spasties reageer. Ek voel tussen my vingers dat die tepels van ’n ander vrou harder raak, lippe het nou oor my broekie begin lek. Die rekkie van my broekie word deur vingers weggetrek en die oomblik toe lippe op my klit sluit, trek my rug krom en ek stoot my heupe vorentoe. Ek kan die nattigheid van my poesie voel uitloop teen my binnebeen en ek weet dat ek enige oomblik ’n orgasme gaan bereik.

Asemhalings begin nou hortend om my klink, sagte stemme met “oe” en “aa” trek my aandag, maar maak my net jagser, vingers trek my broekie uit, ek word opgelig en gedra na iets wat sag onder my lyf inskuif. My bene word oopgetrek en in iets vasgehaak. “Ek wil nou my blinddoek afhaal!” skree ek, maar niemand antwoord nie. My hande is weerskante van my vasgemaak, die onbekende maak my nog net jagser, en die volgende oomblik word ’n klipharde piel in my gestamp. Ek reageer met ’n kreun van genot. In en uit, in en uit beweeg ons. Ek wil my heupe lig, maar kan nie. Ek voel of ek in die lug hang en swaai, dieper en harder word ek genaai. Die oomblik toe ek kom word die piel uitgetrek en ’n volgende een volg, groter en dikker. Ek word nou éérs genaai, vinniger en meer intens maak hierdie piel my vol, raak al die kante van my nou geswelde poesie. Ek kom weer en weer, en toe ek dink dit is klaar volg sagte lippe wat al teen my lippies aflek, ’n tong flikker in en uit. ’n Tong flikker oor my harde klit, af, af sak die tong teen my kuit af na my enkel,  stop dan by my voet, ’n mond sluit warm en ferm oor my groottoon, en saggies word my toon gesuig. Die wisselende emosies wat van my liggaam besit neem is onbeskryflik.

Terwyl ek my oorgee aan hierdie sensasie, hoor ek ’n bekende stem in my oor fluister: “Nou is dit my beurt” en die volgende oomblik word my bene nog wyer oopgetrek en ’n klipharde piel word in my nou druppende jagse poesie ingestamp. Krampagtig gryp ek die toue wat om my hang vas en lig my heupe vir nog meer, nog dieper. “Nog, nog,” kreun ek. Vinniger, harder beweeg ons lywe in ritme, my liggaam begin in spasma gaan, net om die volgende oomblik wakker te skrik en ek besef dit was net ’n droom. My verjaarsdag is eers in Mei.

• Klik hier vir die kompetisie-besonderhede.

• Lees nog kompetisie-inskrywings hier.