Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Skryfsake | Writing matters > Kennisgewings | Notices

Leopard’s Leap | LitNet 60-woorde-kompetisie


Imke van Heerden - 2011-02-14

Lees die eerste inskrywings hier.

Skryf ’n mikrostorie in ongeveer 60 woorde met ’n ekologiese of natuurbewaringstema, en jou verhaal kan op ’n Leopard’s Leap-wynetiket verskyn!

Enige natuurbewaringstema kwalifiseer, solank jy die storie prontuit in 60 woorde kan vertel. Dig oor dieretuine, skryf ’n kort-kortverhaal oor renosterstropers of Kaapse pikkewyne, of sê jou sê oor enige ekologiese tema wat jou na aan die hart lê. Die wenner se verhaal sal op ’n beperkte uitgawe van Leopard’s Leap-wynbottels, wat landswyd verkoop word, verskyn. Die wenner ontvang ook ’n Mont Blanc-pen en ’n kis Leopard’s Leap-wyn.

Afhangend van die gehalte en aantal inskrywings wat LitNet ontvang, hoop ons om al die inskrywings deurlopend te publiseer. Een wenner per taal sal mid-April deur twee beoordelaars, Kerneels Breytenbach en Erns Grundling, aangewys word. Die sluitingsdatum is 4 April 2011. Stuur jou inskrywing aan wen@litnet.co.za.

Leopard’s Leap-wyn is ’n trotse borg van Suid-Afrikaanse literatuur en natuurbewaring. Ons ondersteun die Cape Leopard Trust, wat help om die bedreigde Kaapse luiperd te beskerm. Gaan na www.capeleopard.org.za vir meer inligting en om betrokke te raak.

Reëls

  1. Inskrywings moet tussen 55 en 65 woorde lank wees.
  2. Afrikaanse sowel as Engelse inskrywings word aanvaar.
  3. Die wenner moet, indien nodig, bereid wees om sekere woorde van sy/haar inskrywing te verander om die wynetiket se ontwerp te pas.
  4. Die beoordelaars se besluit is finaal.
  5. Geen werknemer en/of familielid van ’n werknemer van Leopard’s Leap, LitNet, Meridian of Cape Leopard Trust mag inskryf nie.
  6. Inskrywings mag nie in SMS-taal wees nie.
  7. Slegs twee inskrywings per persoon (ongeag die taal van die inskrywing) word toegelaat.