Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

In die kombuis


The naked chef - 2011-01-26

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Dit was vieruur Maandagmiddag 10 Januarie 2011. Ek het pas by die huis gekom van die werk af. Soos gewoonlik groet ek almal in die huis en neem my daaglikse vyf minute stil tyd na ’n dag se werk. Na my vyf minute begin ek soos gewoonlik met die voorbereiding en gaarmaak van die aand se ete. Die kinders het weer eens by maats gaan kuier en ons is alleen by die huis. Die kinders wil hulle laaste twee dae voordat die skole weer begin, bietjie uitkom en nog lekker kuier.

Vroulief lê in die sitkamer en TV kyk en is moeg na die dag se bedrywighede by die huis (sy is ’n tuisteskepper). Ek het die kos op die stoof en is besig met die laaste paar goedjies en begin toe ook sommer die kombuis opruim waar ek gemors het met die groente skille ens. Ek het toe maar weer op die stoep gaan sit en ’n sigaret gaan rook terwyl ek besig is met ’n drinkdingetjie.

Terug in die kombuis skiet dit soos ’n weerligstraal deur my kop: “Ons is alleen.” Nou moet jy weet, met tieners is ’n mens omtrent nooit alleen nie, of nooit saam by die huis nie.

Nadat alles opgeruim is, maak ek tog seker dat daar so ’n oop plekkie op die kombuiskas is. Reg langs die stoof. Ek begin toe sommer deur my hemp uit te trek en gooi dit om die hoek, die sitkamer in, op die bank waar vroulief lê en TV kyk. Sy vra toe of ek warm kry voor die stoof, waarop ek toe dadelik ja antwoord. Ek wag toe nog so vyf minute, en skop my skoene die sitkamer binne. Geen reaksie kom uit die sitkamer nie. Ek kyk gou weer na die kos om te sien of dit darem nie die volgende uur of so sal aanbrand nie. Nog vyf minute is verby en ek trek toe sommer my broek uit en gooi dit om die hoek. Geen reaksie nie. Dit was toe nie eens weer vyf minute nie toe gooi ek my onderbroek die sitkamer binne. Ek wag en wag vir so paar minute en loer toe om die hoek. Ek weet nie wie eerste om die hoek geloer het nie, ek of meneer, wat toe al so lank en kliphard is dat ek seker was dat dit nie lank gaan vat nie. Die druppels lek-lek so uit die punt uit. Met die loer sien ek dat my broek en onderbroek glad nie naby die bank uitgekom het nie. Vroulief het dit ook nie gesien nie, omdat sy met haar rug na die kombuis lê.

Net daar besluit ek om tot aksie oor te gaan. Ek roep so onskuldig as moontlik uit die kombuis dat sy net gou moet kom kyk of daar genoeg kos sal wees vir as die kinders en al hulle vriende later huis toe kom.

Die oomblik toe vroulief die kombuis binne kom, kon sy haar oë nie glo nie. Haar mond hang so halfmas oop en al woorde wat sy kon uitkry, was “Hallo meneer naked chef.” Sy omhels my sommer toe net daar terwyl sy na die kospotte loer. Ek het vir vroulief om die middel gevat en haar toe so op die kas sit gemaak. Ek het haar in die nek begin soen, onder die ken, haar oor gesuig en weer af tot in die nek. Ek kon hoor hoe die tempo waarteen sy asem haal, versnel. Dit was nie lank nie of ek begin haar bloes se knope een vir een losmaak. Sy het toe al klaar haar bene om my lyf gevou en was besig om my stadig en hard nader te trek. Ek het eers haar bolyf so bietjie geterg met my mond en tong, en toe haar bra losgemaak. Haar nippels was al klaar so groot soos jelly tots en kliphard. Ek het beurte gemaak om hulle tussen my lippe te neem en liggies daaraan te knibbel. Ek het stadig begin afbeweeg en haar magie begin liefkoos en toe haar naeltjie, met my hande op al twee baar borste, besig om hulle te brei en haar nippels te vryf. Teen daardie tyd het haar lyfie al begin krom trek van die lekker kry. Ek het my hand begin af beweeg tot op haar broek se knope en hulle losgemaak. My hand het in haar pantie in gegly en haar toe al vol en stywe pienk lippies begin vryf. Sy was toe al so nat dat haar broek ’n nat kolletjie op die kas begin maak het.

Ek het haar weer om haar lyfie gevat en haar van die kas af getel, en dadelik het sy haar broek en pantie op die vloer laat val. Ek het haar terug op die kas getel en sy het haar bene onmiddellik vir my oopgegooi. Weer het ek by haar nek begin, stadig af oor al twee haar borsies en nippels, oor die naeltjie, en my tong tussen haar vrug se haartjies ingevleg. Sy was rasend van die lus. Sy het haar lippies vir my oopgespalk en tussen daardie lippies was die kloppende, stywe en lekker klitoris wat gewag het om geliefkoos te word. Ek het my tong oor haar klitoris gegly en sy het geruk en gebewe. Ek het my tong die werk laat doen, elke kant van haar druppende en kloppende vulva, opening en klitoris ondersoek. Ek het my tong tot diep binne-in haar gedruk en al die sappies uitgesuig en opgelek. Sy het gekreun en haar asem was hoorbaar op pad om klimaks te bereik. Sy het gekom, en weer gekom. Ek het alles opgelek en regop tussen haar bene gaan staan. Ek het my stywe meneer se kop tussen die lippies teen die klitoris gevryf en weer het sy gekom.

Dit was nie lank nie of meneer glip toe sommer sonder moeite in haar in, diep in haar in. Sy het my met haar bene vasgegryp en my die hele tyd weggestoot en dan weer nader getrek. Die onderkant van meneer het hard teen die rand van die kas gedruk en my meer en meer jags gemaak. Ek het haar boudjies tussen my hande gebrei en haar borsies heeltyd gesuig. Sy het weer gekom en so ’n gilletjie geuiter. Ek het haar weer om die lyf geneem, met my nog steeds diep in haar, en haar van die kas af getel. So het ons stadig na die sitkamer toe beweeg. Ek het haar saggies op die rusbank neergelê en haar diep en hard begin spyker. Sy het my aan die nek gebyt en gesê dat ek dieper en vinniger moet spyker. Dit het minute geneem voordat ons al twee saam gekom het. Die warm gevoel van haar kom en my kom saam het alles in ons onderlywe laat tril van die lekkerte. Sy het haar lippies styf toegeknyp en elke druppel uit my gemelk totdat ek voel ek nie meer kan nie. Ons kom het so ’n groot nat kol op die kombersie onder haar boudjies gemaak. Ons het nog so ’n rukkie so gelê met my in haar totdat ek begin slap word het. Toe sy opstaan, kon ons saam sien hoe ons liefdesvoggies uit haar nog steeds dikgeswelde lippies uitloop teen haar bene af. Ek het my hand op haar nessie geplaas en al die voggies so oor haar haartjies en magie gevryf, tussen haar bene, oor my meneer en teen my maag op.

Dit was seker so vyftien minute later dat ons begin besef het dat die kos nog lekker aan die kook was. Ons het saam gelag en besef: ons was lankal voor die kos gaar.

Heeltemal gaar.