Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Die skildery


Ghjee69 - 2011-01-18

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Ons teedrinkgroepie kom gewoonlik Dinsdae bymekaar, en laas week was dit by ons huis. Ons vier – ek, Sandra, Hanlie en Mia – is bevoorreg om nie net by die huis te kan sit terwyl ons mans werk nie, maar om ook baie goeie vriendinne te kan wees. Natuurlik nie sonder so bietjie venyn so af en toe nie.

“Waaraan skilder jy deesdae?” vra Hanlie.

“Ek is besig met ’n seminaakte vrou,” antwoord ek. “Dit was nog altyd vir my lekker om sulke halfkaal maar smaakvolle skilderye te doen.”

“Kan ons sien?” vra Mia.

“Natuurlik! Julle is dan my beste kliënte!” antwoord ek. En dit is werklik so. Tussen hulle drie en nog so ’n paar hou hulle my lekker besig. Maar ek geniet elke oomblik daarvan. Min mense doen elke dag wat vir hulle lekker is.

Ons kom in my ateljee en Mia is die eerste een wat “Oee, maar dis pragtig!” uitroep. “Ek is seker Gustav (haar man) sal mal wees hieroor. Kan ek hom nie stuur om te kom kyk nie?”

“Enige tyd,” antwoord ek, maar is diep binne my nie so seker nie. Veral nie as hy alleen kom nie. Daai oë as hy na my kyk, het my al laat bewe. Sulke regte stout oë soos die akteur Gerald Butler. Ek het al menige aande gelê en fantaseer oor hoe hy diep binne-in my sal voel.

Mia laat ook nie op haar wag nie, en is op die selfoon met Gustav. “Hou aan, dan vind ek uit,” hoor ek haar sê. “Gustav vra of Donderdagoggend so agtuur jou sal pas voor hy werk toe gaan.”

“Ja, dan is ek al terug van die skool af,” sê ek.

Mia en Gustav praat nog so ’n rukkie terwyl ek en die ander twee na ’n paar foto’s kyk wat ek oorweeg om te skilder.

“Ek hou van hierdie perde,” sê Sandra. “Kan jy nie iets abstraks hiervan maak nie? Maar dit moet lekker groot wees. Ek sal die mates vir jou kry; ek weet net waar dit moet hang.” Ek is maar te dankbaar vir sulke vriendinne. Hulle adverteer sommer ook my kunswerke.

Donderdagoggend lui my wekker, en ek besluit om net so ’n paar minute langer te lê. Toe ek weer wakker word, hoef ek nie eers op die horlosie te kyk om te weet ons is laat nie. Ons vlieg uit die bed, die kinders word wakker geskree en ek spring gou in die stort. Ek besluit om sommer my gym-sweetpak aan te trek. Ek gaan in elk geval nie by die skool uitklim nie; die kinders is al groot genoeg om self in te stap. En met die broek sal ek ook nie sommer in die openbaar wil rondloop nie; dit het ’n geneigdheid om hier tussen my bene in my lyf in te kruip. Ek los sommer my bra ook; ek sal kom reg aantrek as ek terugkom.

Ons stop by die skool net toe die klok lui, en die kinders hardloop in sonder om te groet. Ek kan hulle seker ook nie kwalik neem omdat ék verslaap het nie. Ek stop by die kafee en is maar redelik selfbewus toe ek ’n man se oë na my broek sien dwaal. Ek koop ’n brood en is soos blits in my kar huis toe. Toe ek indraai in die oprit, draai Gustav reg agter my in. My hart sak tot in my skoene! Ek het skoon vergeet hy kom vandag. Ek het nie eers klaar gegrimeer nie, om nie eers te praat van die sweetpak wat ek aan het nie. Ek trek in die garage in, en met die uitklimslag is Gustav by my.

“Môre,” groet ek hom, redelik gespanne.

“Hi, hoe gaan dit?” vra hy.

Ek beantwoord nie sy groet nie, maar begin sommer dadelik verskoning maak. ”Jong, ek het skoon vergeet jy kom, en daarby het ons nog verslaap ook. Ek het nie eers kans gehad om ordentlik aan te trek nie, en die huis is ook nog deurmekaar. Dis die huishulp se afdag vandag.” Moes ek dit nou sê? Nou weet hy hier is niemand behalwe ons twee nie. Ek voel hoe my liggaamstemperatuur so ’n graad opskuif.

“Moenie worry nie, man. Ek het mos net na die skildery kom kyk, en daar is niks fout met hoe jy lyk nie,” antwoord hy, daai oë van hom vol duiweltjies.

“Ja,” dink ek by myself, “ek is seker hy dink daar is niks fout met hoe ek lyk nie.” Ek lyk soos ’n uitnodiging vir hom.

“Kom sommer deur die garage,” nooi ek hom binne.

Ek stap in met Gustav op my hakke. Ek voel sy oë in my rug inboor, of is dit op my boude? My sweetpakbroek span hoeka so lekker oor my boude. En ek is trots op my boude; dit verg ure se harde werk elke week om hulle so ferm te kry. Maar op hierdie oomblik voel ek dat Gustav hulle met ’n ander rede bewonder as wat sy vrou doen.

Ons kom in die ateljee en Gustav begin rondkyk.

“Daar is die een wat Mia van hou,” wys ek hom.

“Dis baie smaakvol en eroties, is dit nie?” sê-vra hy. “Waar kry jy jou idees vandaan?”

“Ag, sommer op die internet. Die probleem is gewoonlik net dat as jy die prentjies google, kom jy op webblaaie af waar jy nie wil wees,” sê ek, en besef dat dít nou óók nie nodig was om te vertel nie. Wat gaan met my aan? wonder ek. Mens sou sweer ek was nog nooit alleen saam met ’n man nie.

“Ek kan my nogal indink,” grinnik Gustav, en nou kan ek die duiweltjies vir seker in daai blougroen oë sien.

Ek voel my wange word rooier, en draai terug na die skildery. Gustav kyk weer intens na die skildery, en staan nader om die detail te bekyk. Dis ’n vrou wat op haar maag lê, haar boude halfpad toegemaak met ’n gaasdoek, en haar een bors hang onder haar arm uit. Ek bekyk weer vir Gustav en bewonder sy liggaam. Sterk arms, sterk gesig, gespierde middel. My oë gaan af na sy broek en ek sien hy het ’n ereksie! Hy kan tog nie ’n ereksie kry van die skildery nie, kan hy? wonder ek by myself. Ek kyk op na sy oë en sien dat hy stip na my staar! Nou bloos ek soos ’n skooldogter wat vir die eerste keer gesoen word.

 

“Is dit warm hier, of wat?” kry ek die woorde uit, en begin my sweetpakbaadjie losrits. Ek trek dit uit, en besef my fout! Ek het in my haas mos nie ’n bra aangetrek nie. My tepels staan penorent, en met die hempie wat ek aan het, kan Gustav my groot areolas sien deurskyn. Hy kyk af na my borste, nou redelik aan die beweeg met my asemhaling wat vinniger word. Hy staan nader, en ek beweeg terug, maar voel dan die lessenaar agter my rug. Gustav staan nóg nader, sy oë nou op my borste gefokus. Hy lig sy hand op, en met sy wysvinger trek hy stadig oor my tepel. My sappe in my poesie begin nou ernstig lewe kry. Hy vryf oor die ander tepel, en ek staan magteloos en kyk hoe hy my betas. En ek geniet elke oomblik daarvan. Hy plaas nou sy volle hand op my bors, en my oë gaan toe. Hoe kan ek dit toelaat? dink ek, maar ek beweeg nie. Hy buk af en begin my tepel deur my hemp suig. Met sy ander hand masseer hy my bors. hy kom orent en kyk na my lippe. Hy plaas sy mond vol op myne, en my mond gaan vanself oop om sy tong binne te ontvang. Sy hande nou al twee op my borste voel salig. Dan hou hy op om my te soen, beweeg weg en begin my hemp stadig optrek, sy oë vasgenael in myne. Ek beweeg nie, en lig my arms op sodat hy my hemp kan uittrek. My borste spring nou uit in hul volle glorie, en Gustav begin met mag en mening aan hulle te suig. Ek het nog altyd geglo my borste en poesie vorm ’n driehoek – as jy aan my borste suig, léwe my poesie. Ek begin nou my eie seks te ruik, en ek kan nie wag dat Gustav my moet binne-dring nie.

Skielik staan Gustav op,draai my om en ek sak vorentoe oor die lessenaar. My hande klou vas aan die rande, gereed vir wat gaan kom. Gustav leun vorentoe en ek voel sy ereksie op my boude. Met ’n wil van hul eie druk my boude agtertoe, hard teen Gustav se ereksie. Gustav buk af en trek my broek en g-string met een beweging tot op my enkels. Dankie tog ek het gestort! Ek voel sy asem oor my boude, en dan sy tong wat my skaamlippe vind. Daar is absoluut niks skaam nou aan hulle nie; hulle is opgeswel, vol bloed, en my poesiesappe sypel uit hulle uit. Ek voel Gustav se tong wat my poesielippe oopdruk, en ek lê verder terug om hom beter toegang te gee. Hy kom regop en ek hoor hoe hy sy broek losmaak en aftrek. Ek loer terug, en sien hoe Gustav spoeg op sy vingers smeer en sy voëlkop natmaak. Dit was wragtig nie nodig nie; ek is nat genoeg vir ons al twee. Dan voel ek sy voëlkop tussen my bene, en my poesie gaan oop as sy piel in my inglip. Met een beweging glip hy in tot diep binne-in my, en ek voel sy testikels teen my boude stamp. Ek klou vas aan die lessenaar, en sy piel kielie alles wat lekker is binne my. Ek staan so bietjie terug vir beter balans, en begin my klitoris vryf. Wat soos sekondes voel, begin my lyf te ruk soos die orgasme my tref. Dis te veel vir Gustav, en ek voel sy piel begin swel, en dan skiet hy my poesie vol. Hy kom en kom en kom. Ek val vooroor op die lessenaar, Gustav bo-op my.

“Dit was fantasties,” fluister hy. Ek neem die handdoekrol en breek ’n paar velle vir hom en myself af. Hy trek uit en vee sy ereksie af, nog so styf soos toe hy dit in my gedruk het. Ek maak my bene so effens oop en sy kom val uit op die papier. Bol na bol. Ek weet nie wanneer ek laas so baie kom gesien het nie.

Gustav trek sy broek op, en soen my weer vol op my mond. “Ek sal myself uitlaat,” sê hy.

Ek gaan sit op die rusbank, my broek nog op my enkels, as ek hoor hoe sy motor wegtrek. Ek kyk af; my borste is nog steeds ontbloot, my kaalgeskeerde poesie rooi en opgeswel. Ek leun terug en maak my oë toe. Ek sien weer sy ereksie, ek voel weer sy hande oor my borste, ek voel hoe hy weer in my inglip. My lyf ruk. My poesie klop nog. Ek vryf my hande oor my borste, my tepels nog so hard soos toe Gustav hulle gesuig het. My een hand gly af na my skaamlippe, nog nat van Gustav se kom. My vinger glip tussen my skaamlippe in, net soos sy ereksie minute gelede. Ek begin weer oor my klitoris vryf en voel nog ’n orgasme bou. Ek skop my tekkies uit, ruk my broek en g-string af en sit nou kruisbene op die bank, my poesie nou oop vir nog betasting. Ek vryf met een hand oor my opgeswelde klitoris, en my middelvinger van my ander hand glip in my poesie in. Harder en harder vryf ek, Gustav se piel diep binne-in my in my geestesoog. My liggaam begin ruk, en dan tref my tweede orgasme in tien minute my. Ek kom en kom. My sappe loop vrylik uit my uit, af teen my lieste tot op die bank.

Ek sit so kruisbeen op die bank, en moes ingesluimer het, toe my foon lui. Dis Mia!
“Wat sê Gustav?” kom die vraag.

“Hy is mal daaroor,” antwoord ek, al het ons nooit so ver gekom om dit te bespreek nie.

Ek wonder wat ek volgende vir hom gaan sklider.