Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

My verrassing


Lolita - 2011-01-18

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Ek en Dean was vir die naweek see toe en het die Vrydagaand gaan eet by ’n restaurant wat uitkyk op die hawe. Nadat ons geëet het, stel Dean voor dat ons ’n entjie op die strand gaan stap. Terwyl ons so stap, begin ons aan mekaar vroetel en vat, en dinge raak toe bietjie warm tussen ons twee. Ons stap by ’n vuurtoring verby toe hy skielik stop en voorstel dat ons gaan kyk hoe die haweliggies van bo af lyk. “Ek wil dat jy jou oë toemaak; ek sal jou lei,” sê Dean en neem my hand in syne en lei my die trappe op. Tussendeur soen hy my in my nek, en knyp my boudjies liggies. Ek kan voel hoe my tepels begin saamtrek en dat my broekie effens nat word.

Toe ons op ’n gelyk oppervlak staan, sê hy ek kan my oë oopmaak, en ’n pragtige gesig begroet my. Die hele balkon is vol kerse wat brand en in die middel is ’n matras en kussings, en langsaan staan ’n tafeltjie met twee glase en wyn. Dean kyk na my met honger oë en vra: “Is jy gereed vir ’n aand van avontuur en aksie?”

“Ja, o ja,” antwoord ek. “Enigiets saam met jou”, en ek kan voel dat my liggaam begin reageer op hierdie vreemde avontuur.

Ek staan teen die reling van die balkon en kyk na die haweliggies, toe hy agter teen my kom staan en my nek en rug begin streel. Sag soen hy my op my skouer en fluister in my oor: “Is jy gereed om iets nóg opwindender te ervaar?” en plaas sy twee hande van agter om oor my borste en vryf my harde tepels deur my bra, tussen sy vingers. Hy byt, lek my saggies in my nek. Ek druk my heupe teen hom vas en voel sy harde manlikheid teen my boude. Dit laat ’n kreet van genot uit my keel ontsnap. “Moenie haastig wees nie liefie, die spel het nou eers begin”, maar ek wil nie wag nie, dink ek by myself. Sy hand gly van agter onder my rompie in en hy druk sy vingers een vir een by die kant van my broekie in. My nat, jagse lippies laat sy vingers gemaklik inglip, en sy vingers beweeg in en uit my jagse poesie. Hy druk saggies met sy duim op my harde klit.

My liggaam trek vanself in ’n aangename spasma. Ek begin my heupe ritmies heen en weer beweeg, en ek voel dat ek enige oomblik wil kom. Ek draai my kop in sy rigting en toe sy honger lippe oor myne sluit, kom ek met ’n kreun van ekstase, en hy vinger my jagse poesie nog vinniger. Tussendeur het ek sy harde piel bevry uit sy broek en ek kon voel hoe hy al harder raak in my hande. Hy druk my vooroor teen die reling en lig my rokkie oor my boude, en skeur my broekie van my lyf af. Ek kon hoor hoe die jagse honger dier in hom besig is om oor te neem, en dit het my poesie nog jagser gemaak.

Met ’n “I want you to fuck me now!” gryp ek met hande na agter oor sy boude en druk hom teen my vas, en voel die volgende oomblik hoe sy harde piel in my warm, nat, wagtende poesie inglip. Hy gryp my heupe vas en begin my wild en hard te naai. Ek het lanklaas soveel keer na mekaar orgasmes gekry, en die oomblik toe hy kom is dit met ’n kreun wat alles in my laat tril van lekkerte.

Ek het gedink hy is klaar, toe hy my meteens weer vooroor druk. Met sy piel in sy een hand vee hy met die ander hand se vingers sy semen al om my rosyntjie af. Dit was ’n vreemde, aangename gevoel wat deur my gegaan het.

Nadat dit gevoel het of hy my poesie leeg geskep het, druk hy eers sy een vinger in my rosyntjies in en draai dit al in die rondte en in, en uit, toe twee vingers. Ek kon voel hoe ek weer begin jags raak, my klit het begin klop en ek kon voel dat my tepels saam begin trek. In afwagting van wat gaan gebeur, begin ek saggies kreun en beweeg my heupe heen en weer, saam met die intense genot wat besig is om binne my op te bou. Met sy ander hand se vingers begin hy my klit te vryf en druk sy vingers in my warm poesie. Met sy warm hortende asem hier in my nek wil ek skree: “Naai my weer!”, maar ek wil nie die oomblik bederf nie.

Hy fluister toe in my oor: “Is jy gereed vir jou verrassing, my liefie? Jy weet dat ek jou bemin en lief het, maar vanaand wil ek jou my slet maak, ek wil wilde, smerige seks met jou hê, ek is al so lank honger vir dit wat jou lieflike liggaam my kan bied. Is jy gereed?”

“Ja,” fluister ek terug, “ek is gereed vir my verrassing, ek is nou al so jags.”

“Ontspan net en gee jouself oor in my hande,” fluister hy in my oor terwyl hy my nog vinniger met sy vinger naai. Sy ander vinger glip nog dieper in my rosyntjie in, en dit is die mees intense gevoel wat ek nog ervaar het. Terwyl ek my nog oorgee aan die salige gevoel van jagsheid, druk hy sy harde piel in my rosyntjie. Ek skree van pyn en lekker. Stadig druk hy sy piel sentimeter vir sentimeter dieper in, en toe skielik is die pyn weg, net die ongelooflike sensasie wat my sinne oorneem is daar. Terwyl hy my stadig en ritmies naai, vertel hy my hoe hy dit geniet om al twee my gaatjies te kan gebruik. Sy stem is strelend in my oor, en in en uit, in en uit gly sy piel nou al vinniger. Ek druk my vinger in my poesie en met my duim vryf ek my harde klit. Ek kan voel hoe die orgasme in my begin opbou. Toe druk hy sy vinger saam met myne in my nou baie nat poesie in, en net toe ek sê dat ek gaan kom, naai hy my harder, en die volgende oomblik, net toe ek kom, kom hy binne-in my. Dit was warm en nat.

Toe hy na wat soos ’n ewigheid voel, sy piel uittrek, voel ek hoe die nattigheid teen my binneboud en been afloop. Hy draai my om en neem my in sy arms. “Het jy jou verrassing geniet, my pragtige slet?”

“Ja, ja,” antwoord ek hom, “ek het dit baie geniet. Dit was die wonderlikste, mees erotiese ervaring wat ek ooit kon ervaar.”

Ons het op die matras gaan sit, wyn gedrink, en weer het hy my genaai totdat ons uitgeput langs mekaar aan die slaap geraak het. Ons het wakker geword met die son wat warm op ons naakte liggame brand.

Terwyl ek aantrek, het Dean rondgekyk en toe roep hy my saggies en wys teen die muur na ’n sekuriteitskamera. “Toemaar,” sê hy, “ek sal gaan kyk of daar iemand binne die toring is en of ons wel afgeneem is.”

Benoud het ek gewag, maar toe hy by die trappe verskyn, is daar ’n groot glimlag op sy gesig. Wel, toe hy in die sekuriteitskantoor instap, kry hy die sekuriteitsbeampte en ’n vrou naak daar op die tafel. Die man vertel toe dat toe hy ons op die balkon sien, wou hy ons eers kom verwyder, maar toe besluit hy om bietjie te wag en te kyk wat ons doen. Ons het hom so jags gemaak dat hy sommer een van die prostitute wat op die strand was, geroep het, en saam het hulle na ons gekyk en ook hul eie naaisessie gehad, en terwyl hul gekyk het hoe ek in die ander gaatjie genaai word, was dit ook sy eerste keer dat hy ’n vrou daar naai. Hy vra toe baie mooi, sal ons asseblief die volgende aand weer na die vuurtoring kom, dan bring hy sy meisie saam en sy is baie warm en sexy, dan het ons ’n “foursome”.

Wel, ek het nog nooit ’n foursome gehad nie. Volgende keer vertel ek wat gebeur het.