Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Die eiland


Mr B - 2011-01-18

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Dit was ’n soel somersaand. Ons sit en luister na sexy jazz-klanke wat van die klavier af kom in die onthaal-area ’n paar meter van ons af. Die vermaak in die oord het ons gisteraand al begin verveel, maar vanaand is dit anders: daar is spanning in die lug, ’n tipe antisipasie van iets wat gaan of moet gebeur, ’n gevoel wat moeilik is om te beskryf. Ek vertel jou daarvan en jy voel dieselfde.

“Another bottle of wine sir?” vra die kelner, met ’n sterk Franse aksent. Ons bestel nog ’n bottel wyn, want op hierdie eiland proe die wyn net ekstra-lekker.

Vanaand is ons huweliksherdenking van sewe jaar en ons dink met heimwee terug na ons wittebrood by ’n ander eiland. Dit lyk wel so bietjie anders, maar voel dieselfde. Ons lag oor die pret wat ons met die ander gaste gehad het wat ons daar ontmoet het. Hierdie keer het ons besluit om na die Seychelle toe te gaan.

Jy lyk asemrowend vanaand, dink ek terwyl jy my iets vertel van die strand vandag. Jou bruingebrande lyf en bene, fyn skouers wat blink in die dowwe lig. Jou sexy borste skyn deur jou sarong, net genoeg om enige man (en ek dink baie vrouens ook) se verbeelding vrye teuels te gee. Mens voel vry hier, dink ek, vry van alle voorafbepaalde reëls en perke wat die samelewing en ook jy persoonlik aan jouself stel.

“Vandag se trip uit op die katamaran was so lekker!” sê jy met ’n ondeunde uitdrukking op jou gesig. Ek sien hoe die duiweltjies dans in daai oë.

“Ja, en die rum ook!” sê ek en ons lag oor die eerste keer uit op ’n katamaran sewe jaar gelede, waar jy so lekker tipsy geraak het.

Dit raak weer stil tussen ons en dis net die klanke van die verleidelike stem, haar klavier en die water op die strand.

“Waar is jy nou?” vra ek jou.

Jy kyk in die rigting van ’n man op die strand. “Wat dink jy is die storie agter die ou op die strand?” vra jy.

My oë vind hom … Redelik aantreklik, min of meer ons ouderdom, met ’n tipe Matthew McConaughey-ding omtrent hom.

“Hoekom dink jy hy is alleen daar op ’n aand soos vanaand?” vra jy.

“Dalk is sy vrou siek of moeg of so iets?” sê ek.

“Ja, dalk so iets,” sê jy en ons laat dit net daar en ek staan op om vir ons cocktails te kry.

By die kroeg aangekom kry ek die ou oor wie ons gepraat het daar. “Newly-weds?” vra hy en ek verduidelik aan hom dat ons al jare getroud is en met ’n pragtige vrou soos myne dit tog voel of ons newly-weds is.

“Oh, that is very true, she is beautiful,” sê hy.

Ek vra hom of hy getroud is en hy sê dat hy wel tegnies getroud is, want sy vrou het net na hulle troue saam met die strooijonker weggeloop en hy het maar besluit om alleen op wittebrood te gaan. Ek nooi hom oor na ons tafel en ons kuier en gesels lekker met die vreemdeling, wat verbasend soos ’n ou kennis voel.

“Arme siel – ek kry hom so jammer,” sê jy na hy weg is om iets in sy kamer te gaan haal. Ons het besluit om gou langs die strand te gaan stap. Dit voel of ons vir ure stap en ons stop om na die maanlig in die water te kyk. Ek begin jou al in jou nek af soen en jy begin sagte geluide van plesier maak. Ek trek jou bikinibroekie af en jy staan daar net in jou deurskynende sarong op die strand terwyl my hande oral op jou is. Jy is so nat van opwinding en my vingers gly oor jou lippies. Ek voel hoe jou hand agter jou soek na my manlikheid en dit vind. My broek val op die sand. Jy het nog altyd die beste handjobs gegee …

“Oh God, sorry, I did not mean to … sorry!” hoor ons ’n stem en kom agter dat dit ons nuwe vriend is wat op ons ingeloop het op die strand. Jy lyk vir my so ontspanne en ek fluister in jou oor of jy vanaand iets mal wil doen.

“Oh yes, baby,” fluister jy vir my terug soos jy doen as jy stoute idees het.

“Well, my gorgeous wife has just told me that she would not mind your company tonight,” sê ek en knipoog vir hom terwyl hy naderstap. Ek neem jou in my arms en begin jou soen, en jy soen my terug soos iemand wat honger is om gesoen te word. Dit was die begin van een van die mees mind-blowing goed wat ons nog ooit gedoen het! Ek voor jou en hy agter jou. Jy kreun van plesier … Ek knoop jou sarong los en dit val op die strand. Jy staan naak hier voor my en ’n relatief vreemde man, maar tog voel dit of mens hom vir jare ken. Dit voel vir my of ek jou vir die eerste keer so sien. “Jy oukei?” fluister-vra ek jou en jy antwoord met ’n “mmmm … ja”, en ek voel hoe jy my manlikheid so ’n ekstra-harde trek gee. Soos jy doen as jy my regtig horny wil maak ...

Ek voel hoe jou ander hand agter jou soek en skielik stop. “Is jy seker jy …?” fluister jy vir my.

“Geniet dit net, sexy … dit gaan oor jou plesier,” fluister ek terug. Ek voel hoe jy hom agter jou soek en hoe jou arm beweeg met sy manlikheid in jou hand. Dit is die vreemdste gevoel, dink ek by myself. Klein bietjie jaloers, verbaas dat jy dit doen, en die plesier wat ek kry daaruit om jou so te sien, maak my mal! So dis hoe Aphrodite lyk, dink ek …

Jou geluide word al hoe harder en terwyl ek met jou lippies speel, voel ek hoe jy hom in jou druk. Vir die eerste keer voel jy hoe ’n ander man voel. Jy leun so half teen my en julle ritme raak al hoe vinniger. Jou geluide raak al hoe intenser. Daar is iets heeltemal anders in jou moans.

Hy gaan lê op die grond en jy gaan sit bo-op hom. Sonder om te bloos druk jy hom terug, beduie vir my om nader te kom en neem my weer in jou hand. Dan begin jy hom ritmies ry, en ek kan sien hoe hy in en uit jou beweeg, ’n plek waar nog net ek was. Hy blink van jou natheid. In, uit, in, uit ... Dit moet die sexyste ding wees wat ek nog ooit gesien het – jy wat besig is om jouself eroties so te geniet sonder inhibisies. Dit voel of alles om ons gestop het. Ek kan sien hoe jy jouself al hoe vinniger teen hom druk en jou boudjies lyk so hot soos jy hom ry, al hoe vinniger en vinniger. Ons maak die heeltyd oogkontak en skielik skree jy van plesier soos jy ’n orgasme bereik. Hy hou vir seker ’n minuut aan en dan doen hy dieselfde. Wat ’n sight!

Ons kyk vir mekaar met ’n “Wat het nou net gebeur?”-tipe kyk. Jy glimlag stout-skaam vir my en jy kom val in my arms soos jy doen as jy onseker voel.

“Jy oukei?” vra jy dié keer vir my en ek al wat ek kan uiter is “wow”, en ek gee die bietjie klere wat jy aangehad het vir jou aan. Ons begin lag, want ons het skoon van ons “gas” vergeet. Hy staan op en bedank ons vir die wonderlike ervaring en noem dat hy môre terug Australië toe vlieg om die gemors met sy bruid uit te sorteer.

Soos ons huis toe stap, kyk ons skaam na mekaar en jy vra weer: “Wat het nou net gebeur?”

“Ek weet nie, maar ek hou daarvan,” sê ek.

Terug in ons kamer maak ek sjampanje oop en toe ek omdraai, staan jy sonder klere daar. “En nou is dit jou beurt, meneer …”

Ons val neer op die bed en maak weer en weer die beste liefde nog ooit. “Ek dink nie ek het nog ooit so naby aan jou gevoel nie,” sê jy.

“Ek wou dit nou net self sê,” antwoord ek en besef van voor af wat ’n spesiale band daar tussen ons is.

Ons het nie veel uit ons kamer gekom vir die res van die vakansie nie, behalwe die laaste dag op die seiljag, maar dit is ’n volgende hoofstuk in ons verhaal.