Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Plaasjapie


Belustig - 2011-01-11

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Anton het lank gewag vir hierdie werk op die plaas. Hy het pas sy landbougraad verwerf en is opgewonde om op oom Koos se plaas as voorman te werk, waar hy vir die beeste verantwoordelik is.

Hy is al drie maande hier, en geniet elke oomblik daarvan. Hy woon in ’n tweeslaapkamer-woonstel ’n ent van die hoofopstal.

Oom Koos is oud, baie ryk, met ’n baie mooi jong vrou. Hulle is baie verlief, sy staan hom by in alles, het ’n ferm hand oor die huishouding en is ’n ywerige boervrou. Daarbenewens is Betsie mooier as ’n mens. Lang pikswart hare, blas vel, geen grimering nodig nie, sy’t ’n natuurlike skoonheid en het ’n ferm lyfie omdat sy so rondwoel op die werf.

Oom Koos woon veilings by en is min tuis. Anton sien Betsie gereeld wanneer sy vir hom koeldrank beeskrale toe bring. Hulle gesels oor alles, en Betsie nooi hom baie vir aandete. Oom Koos gesels nie veel nie, maar kan sy oë nie afhou van sy pragtige vrou nie. Anton ook nie.

Oom Koos vra eendag vir Anton of hy ’n ogie oor die boerdery en oor Betsie kan hou, want hy sal uitstedig wees. Anton stem heel gewillig in.

Anton vermaan homself dat dit wat in sy gedagtes aangaan, verkeerd is, dat hy groot moeilikheid soek, maar ’n man is ook net man. Hy besluit dat hy niks sal laat blyk dat hy Betsie met elke sel in sy liggaam begeer nie, en hom sal inhou.

Maar toe Betsie soos gewoonlik vir Anton ’n beker koeldrank stalle toe neem waar hy besig was om die kalwers te versorg, was dit ’n ander saak. Sy sit die koeldrank neer, Anton word intens bewus van Betsie se parfuum. Sy buk vooroor en sien hy dat sy nie ’n bra aan het nie. Anton se voël kry lewe.

Betsie voel hoe Anton se oë haar uittrek. Sy kyk op en dis asof daar ’n weerligstraal tussen hulle val. Die volgende oomblik gryp hulle mekaar en soen met alle passie wat honger in hulle liggame gelê het.

Anton bêre sy gesig in haar nek en vryf honger oor haar borste. Betsie se hande verken die voorkant van Anton se broek en vryf hard oor sy kloppende ereksie. Anton bedaar vir ’n oomblik en wil dinge nie te vinnig laat verbygaan nie.

Stadig trek hulle mekaar uit. Sy trek Anton se broek af en sy kloppende voël klap hard teen sy maag vas, Anton trek Betsie se bloes uit en sien die mooiste paar tiete. Hy neem hulle dadelik in sy hande terwyl hy hulle sagkens soen.

Toe hulle kaal voor mekaar staan, druk Anton sy vingers diep in Betsie se sopnat poesie en vryf oor haar klit. Dit voel vir Betsie of sy nóú wil kom, maar sy hou uit. Sy sak af op haar knieë en neem Anton se dik kloppende voël in haar mond en suig sy kop en lek sy slootjie dat Anton se bene amper onder hom ingee.

Hy trek Betsie aan haar arms op en sak ook af op sy knieë en begin haar sopnat poesie te eet. Haar knieë word lam. Anton staan regop en buig haar oor ’n hoop mieliesakke wat naby staan. Haar druppende poesie blom voor hom en hy druk sy klipharde voël in en begin haar ritmies te pomp. Betsie beweeg haar boude agtertoe, sodat Anton se voël dieper in kan gaan. Anton gryp Betsie se heupe vas en begin nou ’n ritme op te bou en steek haar al dieper. Sy bene maak klapgeluide teen haar boude. Betsie kom weer. Hy trek sy voël uit en Betsie sak af en begin suig, en Anton voel hoe die orgasme opbou. Hy skiet wit strale kom in Betsie se mond, oor haar gesig en in haar hare.

Sy staan op en hulle soen mekaar intens terwyl hulle nog die hitte en klamheid van mekaar se naakte lywe teen mekaar kan voel.

Daarna het Betsie gesorg dat oom Koos op ’n tweeweeklikse basis na een of ander veiling gaan, ver weg van die huis, sodat sy en Anton op elke denkbare plek op die plaas kan pomp.