Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Van ’n taxi-rit tot ’n handtekening op ’n kunswerk


Ian Hendrix - 2011-01-11

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Ian Hendrix se erotiese ervaring in Melbourne


Dit was vroegaand na ’n besige dag in die argitekskantoor waar ek praktiseer. Dit was daarby nat en winderig toe die taxi uiteindelik opdaag  Ek het skaars op die agterste sitplek ingeskuif en vir die drywer gevra om my South Yarra toe te neem, toe sy die linkerkantste voordeur oopmaak en vra of die huurmotor beskikbaar is.  Ek het haar maklik herken. Sy was die aantreklike vrou wat saam met my in die hysbak van die 22ste verdieping van Collins Towers in Collinsstraat, Melbourne gery het. Toe ek hoor sy noem ’n adres in Stunnington, gryp ek die geleentheid aan en  verseker haar dat sy welkom is, omdat South Yarra en Stunnington buurvoorstede is. Die taxidrywer is gelukkig met die tweede passasier wat saamry, en sy klim agter by my in.

“I am Ian,” stel ek myself voor

“I know. I saw the article in the Victoria Financial Mail about you. I am Juliette,”  antwoord sy vriendelik, en vervolg: “It seems you made quite an impression with your recent lecture at the Institute of Architects.”

Die Suid-Afrikaanse aksent is herkenbaar, al is dit goed verbloem met perfekte Engelse uitspraak.

Ek waag dit om haar in Afrikaans vir die kompliment te bedank en te vra of sy van Suid-Afrika af kom. Sy antwoord hoorbaar-verlig: “Ja, en ek is pas drie dae hier in Ozziland!” Die spontane glimlag verlig haar mooi gesig in die skemerte van die motor.  

“Van waar in Suid-Afrika?” vra ek die onoorspronklike standaardvraag.

“Van Deneysville, maar ek is seker jy weet nie waar dit is nie,” terg sy nou meer ontspanne.

“Moenie glo nie! Uit Vereeniging, oor die Vaalrivier by die ou Usko-staalfabriek verby, tussen mielielande en die skoorstene van Viljoensdrif se kragsentrale, en tot by die Vaaldam. Die paar winkels en netjiese huise by die dam is in Deneysville,” spog ek met my kennis van daardie Vrystaatse dorpie langs die allerbelangrikste waterbrom in die Vaaldriehoek.

Sy is momenteel stil, en ek wonder of ek iets verkeerd kwytgeraak het.

“Wat is verkeerd, Juliette?” Ek sit my hand op haar arm.

“Toemaar, ek is sommer onnodig emosioneel.  Ek is reeds sewe jaar uit Suid-Afrika weg en het in Engeland gewerk voordat ek verlede maand in Sydney aangeland het en drie dae gelede hierheen gekom het om ’n ingenieurspos by Aitkin Inc te aanvaar. Jy is letterlik die eerste en enigste persoon buite Suid-Afrika wat ten minste weet waar Deneysville is. Dit het my vir ’n oomblik onkant gevang dat daar iemand in hierdie vreemde stad is wat my nie skeef  aankyk asof ek soos ’n plaasjapie optree of klink nie!”

Ek neem die volgende opening. “Dan moet ons jou aankoms vier en verder kuier, Wat van ’n pasta of pizza by Gino’s om die volgende hoek?”

“Is jy seker? Ek is nie juis goeie geselskap nie ...”

Die taxidrywer is dalk nie gelukkig dat ons sy inkomstepotensiaal verlaag nie, maar ek beloon hom met ’n stywe fooitjie toe hy ons voor Gino’s aflaai.

Die ete was aangenaam. Ons het albei ’n caprese-slaai as voorgereg bestel en dit gesels-gesels geniet. Juliette het aan haar seekos-pasta gesmul, en my carbonara was smaaklik. Die bottel Australiese Chardonnay was voortreflik en die geselskap eweneens ontspanne. Juliette is duidelik ’n taktiele mensie wat spontaan “aanraak” terwyl sy gesels. Dit het my die geleentheid gegee om aan haar te “vat”, en dit was vroeg reeds duidelik dat sy daarmee gemaklik is.

Die eintlike lekkerte in die trattoria het egter gebeur toe die drieman-orkessie wat sommige weeksaande by Gino’s dansmusiek maak, wegval en Juliette haar vingerpunte op maat van die musiek op die restaurant-tafel begin trommel.

Ons was die eerste paartjie op die piepklein dansvloer, en Juliette se soepel en welgevormde lyf was een groot genot teen myne. Sy is ’n voortreflike danser, en my eie ervaring as voormalige balsaal-danskampioen in Kaapstad het ons nie in die steek gelaat nie. Die spontane applous van die ander restaurant-klante het ons aangemoedig om die res van die aand op die dansvloer deur te bring en met innoverende danspassies te eksperimenteer. Op pad terug na ons tafel om nagereg te bestel, het Juliette my hand spontaan in hare geneem, en my meer as net ’n piksoentjie gegee toe ons weer gaan sit het!

Toe die huurmotor wat ons bestel het om ons by ons onderskeie huise af te laai, opdaag, vra ek stout: “Jou huis, of myne?”

“Joune, maar kan ek asseblief net vinnig by die gastehuis inhardloop om klere vir môre en my toilettassie op te laai?”

Die taxi-man het nie omgegee om sy meter langer te laat werk nie, en toe ons uiteindelik by my gerestoureerde mews-meenthuis in Clara Mews oorkant die historiese Jam Factory instap, was ons honger vir mekaar.

Ek het egter my lus vir die pragtige vrou beteuel, en soos ’n wafferse jintelman vir haar ’n warm skuimbad ingetap terwyl sy ’n “draai gesit” het. Toe sy die badkamer binnekom, het haar naakte lyf my onsekerheid of sy in privaatheid sal wil bad, beantwoord. En toe sy my hempknope begin losmaak, het ek geweet vanaand sal nog lank in my dagboek aangeteken bly.

Ons het gerieflik in die groterige bad gepas. Eers van aangesig tot aangesig,  en later het sy met haar rug teen my kom sit. My arms het spontaan om haar lyf gevou, en my hande het  haar twee puntborsies geliefkoos. Haar boude wat teen my toerusting gedruk het, het goeie werk gedoen terwyl ek wydsbeen sit sodat sy gerieflik kan pas.

Toe Juliette my een hand woordeloos na haar plat magie lei, het ek gehoorsaam.  Daardie hand het verder na benede gevorder, en met die krulhaartjies begin speel voordat eers een vinger en later drie vingers interessante verkenningswerk gedoen het.

Die toenemende spanning in my mik is verlig toe Juliette skielik vra: “Ian, het jy ’n skeermes byderhand?”

Goed, my baard was al ’n dag lank, maar ...?

“Ek droom al vir jare dat ’n man my sal skeer. Sal jy asseblief daardie man wees?”

Daarmee draai sy haar kop sodat ek haar volmond kan soen. Die ervaring is baie belowend, en ’n paar minute later is ek besig om die skeerwerk versigtig te doen.  

Wow! Wat ’n erotiese ervaring!(Manne, en meisies, ek kan dit aanbeveel!)

Juliette voel-voel oor my handewerk, en vra hoe ek daaroor voel.

“As jy gelukkig is, is ek ook tevrede,” antwoord ek, omdat ek nie juis weet watter woorde toepaslik sal wees nie.

“Wel Ian, vir my voel dit soos ’n kunswerk. Maar op elke goeie kunswerk wat ek nog in ’n galery gesien het, het die naam van die kunstenaar iewers gepryk. Skryf asseblief jou naam op jou kunswerk. Met jou tong!”

Haar pasgeskeerde kadoeksie-lippies was sag en glad. Die gleufie was nat en toeganklik, en die res van die uitstulpseltjies was reeds  op aandag in antisipasie van die tongstreling wat gevolg het.  

Juliette se asemhaling het gaandeweg versnel. Haar heupbewegings het vir meer begin vra, en haar hande het om my kop gevou en my gesig dieper in haar kadoeksie vasgedruk. Ek het darem genoeg asem gekry om die handtekeningproses te voltooi, en is ruimskoots beloon met uitroepe van my naam toe Juliette orgasmies begin krul en ruk.

“Moet my nie onnodig laat wag nie, asseblief Ian. Skryf nog ’n handtekening.  Net vir my, waar niemand dit kan sien nie! Gebruik hierdie keer daardie stokstywe drupperige pen wat punterig en vooruitstrewend smeek om tot aksie oor te gaan.”  

Ek het haar versigtig begin terg. Eers met my geswelde kanonkop teen die sagte lippies, toe saggies en versigtig ietwat dieper. Was Juliette se kermgeluidjies aanmoediging om die tergery voort te sit, of om dieper dieptes te verken?

Op daardie stadium was my selfbeheersing in elk geval versteur, en het die natuur oorgeneem. Sy was sopnat en die penetrasie was genotvol. Sy het presies geweet wat ek beoog, en haar sluitpier het saamgewerk en my elke paar sentimeter vasgehou voordat ek dieper gestoot het. Toe ek vollengte in haar is, het Juliette stadig begin beweeg terwyl sy haar sluitspier beurtelings saamgetrek en ontspan het. Dit was met bomenslike konsentrasie dat ek nie voortydig ontplof het nie.

“Toe nou, my lieflike kunstenaar, laat jou pen sy werk doen. Ry my sonder genade en neem my saam na die wenstreep!”

Die wenstreep is weldra gelyktydig bereik.

Ons het so bo-op mekaar aan die slaap geraak. Ek weet nie vir hoe lank nie, maar ek is gewek toe Juliette se lippe om my toerusting sluit en sy my op eg-Nederlandse manier begin “pijp”.  

Nou moet julle weet, sulke behandeling lei tot verstywing soos min ander prikkelings. Toe ek sigbaar gereed is, het Juliette op my gesit. Aanvanklik het sy  haar nat kadoeksie net-net op my penpunt laat raak, en toe bietjie-bietjie afgesak voordat sy die volle lengte kon vassluk. Toe ek begin beweeg, het sy beduie ek moet dit aan haar oorlaat om my te melk. Sonder enige aksie van my kant af het sy my met haar peristaltiese knyp-en-los-aksie tot ’n enorme klimaks gebring voordat sy behendig omgedraai het en weer op my gesig kom sit het sodat ek my handtekening kon bevestig.


Wag, ek moet ophou klets. Ek hoor die badwater is besig om ingetap te word. Na vier jaar weet ek dat Juliette nie daarvan hou om te wag nie.

(Voordat ek gaan, net hierdie ongevraagde stukkie advies. Moet nooit daarop aandring om alleen in ’n taxi te ry nie. Dit is regtig ’n onsosiale selfsugtigeheid waarsonder jy kan klaarkom.)