Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Skoonsus


Ghjee69 - 2011-01-11

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Die skoonfamilie kom elke twee jaar bymekaar – Ouma, sewe kinders, en hoeveel klein- en agterkleinkinders weet ek nie meer nie. Vanjaar was so bietjie meer spesiaal, want almal voel dis dalk Ouma se laaste vakansie saam met almal. So almal probeer daar wees.

Ek en my vrou Rene en ons twee kinders is deel van die pakkie. Net haar een broer Kobus kom; haar ander broer en suster Lize het ander reëlings. Die huis op die plaas wat gehuur word is groot, met tien slaapkamers. Een vir elke kind, en die ander drie aan wie ook al belangstel. Ons vat dadelik ’n kamer; ’n mens het darem privaatheid ook nodig. Die agterkleinkinders kamp sommer buite, almal van hulle.

Die eerste paar dae was redelik onopwindend, behalwe dat ons seun besluit het om een of ander maagvirus saam te bring. So hy slaap sommer by ons. Daar gaan my privaatheid! En het ek dit nie nodig gehad nie! Rene is regtig iets vir die oog, maar twee van haar niggies sal enige man se oog laat dwaal. En met hul lywe in bikini’s ingewurg, het mens mos nie ’n ander keuse as om te kyk nie. ’n Man is darem ook nie ’n klip nie. By ’n paar geleenthede waar ons lê en sonbrand, dwaal my oë na hul broekies: styf oor hul skaamdele, met ’n keer of twee wat ek hul gleufies duidelik kan sien. Ai, jags is darem nie maklik nie!

Vrydagaand braai ons almal saam, toe nog ’n voertuig aankom. Almal wonder wie dit kan wees, toe my skoonsus Lize aanmeld. Alleen, sonder man of kinders. Oë redelik rooi gehuil. Niemand sê iets nie, want almal weet dinge is nie lekker nie. Gys is ’n gawe ou, maar in hierdie geval stoot dieselfde pole mekaar af. Lize kom groet, en ek gee haar ’n ekstra-lang drukkie. Ons het nog altyd goed oor die weg gekom. Sy is nie onooglik nie, maar kom nie naby haar niggies of sus Rene nie.

Slaaptyd kom en vir ’n slag sien ek uit na my bed. Boeta se maag is oukei en hy slaap by die res van die agterkleinkinders. Maar my borrel word binne sekondes gebars. Rene kom vra: “Is dit in die haak as Lize by ons kom slaap? Sy het nie beddegoed nie, en ek voel jammer vir haar.” Ek ruk my nekkie styf en sê dis reg, maar diep binne my brom ek. Ek het so uitgesien na ’n sessie van diep, intieme seks. Die niggies se broekies en gleufies het my hormone nou redelik opgejaag.

Ek klim in in my kant van die bed, en draai sommer om na die kant van die bed met my rug na Rene; sy moet weet sy het my pret van die nag bederf. My ereksie verdwyn sommer vanself. ’n Rukkie later kom Lize ook inkruip. Ek draai om en sien in die maanlig dat sy ’n korterige nagrokkie aan het. Sou dit nooit van haar kon dink nie, sy is altyd so konserwatief.

En so slaap ons: ek, Rene in die middel en skoonsus Lize aan die ander kant. Iewers in die nag word ek wakker met Rene wat oor my klouter op pad badkamer toe. Sy skuif oor my ereksie, maar buk af om my darem so ’n kort suigie te gee. Ek loer na Lize se kant, maar dié slaap oënskynlik vas. Ek keer Rene voor sy loop, en sy gee my nog so ’n ekstra suig.

Ek moes ingesluimer het, want toe ek wakker word, voel ek ek lê in die middel van twee lywe. Soos Boeta sou sê, “gesandwich”. Ek vou my arm om Rene se lyf soos ek altyd doen, met my hand oor haar bors. Ek begin oor haar borste vryf, met ’n onmiddellike reaksie en ’n stywe tepel tot gevolg. Ek hou aan met vryf, maar soos ek wakkerder word, begin ek besef alles is nie pluis nie. Rene het ’n 36A-borsgrootte, en ek is dalk nou nie ’n kundige oor borsgroottes nie, maar in my hande is vir seker meer as ’n hand vol. Ten minste ’n C-grootte, dalk selfs ’n D! Ek hou aan met vryf aangesien daar dan nou geen teenkanting is nie, en dit voel heerlik. My pap plesierspier begin ook lewe, en ek trek my heupe terug om nie te seksbehep te lyk nie. Ek voel Rene se arm oor my vou, en haar hand gaan dadelik na my ereksie. Man, dink ek by myself, kan dit nou beter gaan? Rene haal my ereksie uit my slaapbroek en begin die vel terug te trek. Sy vryf haar vinger oor die punt, en vryf daai eerste druppeltjie van my ereksie af. Sy trek haar hand na haar mond en lek dit af. “Is jy lus?” fluister sy. Ek draai na haar en soen haar diep en intens, ons tonge diep in mekaar se monde. Sy stoot my arm terug om Lize se lyf, en ek soek dadelik weer my skoonsus se bors op. Haar tepel is nog steeds styf, en dit voel heerlik tussen my vingers. Ek vryf oor haar maag, en eindig net bo haar broekie. Lize is nou vir seker wakker, en ek hoor haar asemhaling begin harder word. Rene trek my arm terug en druk my vingers tussen haar bene in. Ek trek dit op tot oor haar kaalgeskeerde skaamlippe (sy slaap altyd sonder ’n broekie, behalwe as sy weet ek gaan weg; dan hou sy haar broekie aan sodat sy daarop kan lek en ek dit kan saamvat om haar te kan proe); haar lippe is opgeswel en ek voel hoe sy begin lek toe ek my vinger tussen haar lippe deurtrek. Ek vou my arm weer om Lize se lyf, trek haar nagrok effens af van haar bors en vryf haar suster se poesiesap oor haar tepel. Ek kon sweer haar tepel word harder! (As dit hoegenaamd moontlik was.) Ek trek weer my arm terug en druk my vinger tussen Rene se skaamlippe in, maar hierdie keer druk ek my vingers in Lize se mond in. Sy suig met passie daaraan. Ek trek haar nagrok verder af sodat haar bors in die maanlig wys, en ek vryf met nuwe ywer. Rene begin nou met mag en mening my piel te vryf, en dit druk teen Lize se boude. Ek trek Lize se nagrok op en oor haar boude, en voel dat sy ’n g-string aan het. Sou dit nooit kon raai nie. Ek vryf oor haar boude, af met haar been tot in die waai van haar been en terug op met haar lies, tot waar ek haar broekie kry. Anders as haar sus, is Lize nie geskeer nie en ek voel die haartjies van haar poesie by haar broekie uitsteek. Ek druk my vinger agter onder die lussie van haar broekie in en trek my vinger stadig afwaarts tussen haar boude deur, oor haar anus tot waar ek die nattigheid van haar poesie kan voel. Sy ruk toe sy my vinger op haar poesie voel, en ons al drie lag gespanne. Ek druk my vinger tussen haar opgeswelde lippe in, en ek kan voel sy is so reg vir my soos sy ooit sal kan wees. Ek draai terug na Rene, wat nou op haar rug lê en met haar vinger oor haar opgeswelde klitoris vryf. Ek kyk na haar, en sy draai en soen my weer intens. Lize trek haar broekie af en druk haar boude teen my. Ek draai op my sy en voel Rene se hand op my piel, en sy trek haar sus se boude nader sodat sy my in haar sus se poesie kan indruk. Met gemak kry sy haar warm, nat opening, en met een stoot druk ek my piel diep binne-in Lize. Sy snak na haar asem toe my testikels haar poesie stamp, en toe is daar geen keer aan my nie. Ek stamp met alles wat ek het; met my vinger vryf ek oor haar klitoris. Ek besef sommer dadelik hierdie gaan nie lang, uitgerekte seks wees nie; ons is al drie te jags, en dit gaan vir seker ’n “quickie” wees. Rene begin agter my rug eerste te kreun, met Lize wat onmiddellik volg. Dit maak my heeltemal mal, en ek kom diep binne-in Lize se nou papnat poesie. Lize se orgasme volg onmiddellik, en dit voel of sy nie gaan ophou nie. Rene hou aan met kreun, maar na ’n rukkie sê sy: “Ek soek jou piel in my poes, nou!” Ek trek uit Lize uit en met haar poessappe wat nog van my afdrup, draai ek op my rug. Soos blits is Rene wydsbeen op my, en ek gly tussen haar lippe in. Dis al wat sy nodig het, en kom so intens soos ek haar in jare nie gesien het.

Sy val plat op my en ek voel haar hart klop teen myne. “Ek’s lief vir jou,” sê ek. “En ek vir jou,” sê Rene. Lize draai op haar sy na ons en vou haar arm om Rene. “Dit was my eerste seks in meer as twee jaar,” sê Lize, “en waarskynlik my lekkerste ooit.” Rene lig haar kop en soen Lize op haar voorkop. “Dit hoef nie die laaste te wees nie,” sê sy ...