Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Geestelik | Spiritual > Poësie | Poetry

’n messias gesoek


Dirk Hattingh - 2011-01-06

van  die  lang  pad  na  worcester, links afgedraai
nou  gaan  hulle  voete  reguit  wellington  toe
hulle  het  selfs  oorsee  gehoor, hier is dalk ’n messias
en  hier  voor  hulle  sit  hy  nou  op  sy  hoë  stoel
 
hy  is  dan  die  messias  van  die  vorige  eeu
dié  doktor  murray  na  wie  duisende  jaarliks  kom  soek
sy  profesieë  wêreldwyd  in  dik  boeke  nagelaat
hier  voor  hulle  nog  steeds  verdiep  in  ’n  boek
 
hulle  het  omgedraai,  na  die  halfmaan  berge  gekyk
is  dit  waar  sy  hulp  vandaan  gekom  het
hier  waar  die  sterk  limietarms  om  jou  vou
dalk  dikwels  aan  die  parskuip  en  die  rooiwyn  gedink?
 
weer  opgekyk  na  die  rustigheid  van  die  stil  figuur
geen  vinger  na  bo  waar  die  beter  wêreld  wag
die  hande  eerbiedig  om  die  bladsye  van  die  boek
... dit  is  hier  waar  julle  die  messias  moet  soek