Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > NB-Uitgewersportaal | NB Publishers Foyer

Nuut by NB-Uitgewers


2011-01-04

Nuut by NB-Uitgewers dié Januarie:

Die Profeet, The Year in Quotes: 2010, ’n Mondvol lekker, Boerumoer – Oom Gysbert se dorpstories, Agency Blue en Moemin se verjaardag.

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Uitgewer:

Kwela Boeke
ISBN:
9780795703171
Prys: R110


Die Profeet
Kahlil Gibran, vertaal deur Louis Fourie

Die profeet is Gibran se meesterstuk en word algemeen beskou as een van die klassieke werke van ons tyd. In Gibran se filosofie vind ons ’n deernisvolle begrip vir die vreugde én verdriet van die mens se enkelbestaan. In dié nuwe Afrikaanse uitgawe vind ons voedsel vir die gees en die verstand.

Klik hier en koop Die Profeet nou van Kalahari.net!

 


Uitgewer:

Kwela Boeke
ISBN:
9780795703041
Prys:R129,95


The Year in Quotes: 2010
Andrew Donaldson and Mandy Rossouw

Hoe sal die jaar 2010 deur Suid-Afrikaners onthou word? Ervare joernaliste Mandy Rossouw en Andrew Donaldson bundel ’n verskeidenheid aanhalings, met kommentaar, oor die sêgoed van beroemdes, berugtes en onbekendes.

Journalist Mandy Rossouw and columnist Andrew Donaldson make a sometimes light-hearted, sometimes more serious selection from what made the headlines, with quotes from both the (in)famous and the anonymous.

 Klik hier en koop jou eksemplaar van The Year in Quotes: 2010 nou by Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798151627
Prys: R235



’n Mondvol lekker
Peter Veldsman

Meer as 300 resepte vir klein happies vir elke geleentheid. ’n Mondvol lekker is jou omvattende gids tot alle soorte happies deur die gerekende koskenner Peter Veldsman. Veelsydig en eietyds, met resepte vir die hele spektrum, van pieknieks tot ’n lekker peuselding by die huis. Idees strek van die maklik-om-te-maak tot uithanghappies wat enige gas gaan beïndruk.

Klik hier en koop jou eksemplaar van ’n Mondvol lekker nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798152433
Prys: R136.00


Boerumoer – Oom Gysbert se dorpstories
Sarel Pieterse

Oom Gysbert se stories speel af op plase en dorpe in veral die Karoo. Die skrywer skep spanning met ingehoue humor, en die verhale eindig dikwels op verrassende wyse. Hy vertel van die eenvoudige Boggie wat in die hospitaal begin boer sodat hy vroegtydig weet wanneer die volgende begrafnis gaan plaasvind.

Klik hier en koop Boerumoer – Oom Gysbert se dorpstories nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624049173
Prys: R120


Agency Blue
Alex Smith en Pierre Smit

Kitty en haar byderwetse bende vriendinne probeer die raaisel van Kitty se pa se dood ontrafel. Die leidrade wat hulle volg, neem hulle op ’n paar dolle avonture.  ’n Anderse en gesofistikeerde verhaal met ’n knap aanvoeling vir die magies-realistiese.

The story is a cross-over between an adventure story and a graphic novel. Shouting with energy, pace and great imagination with rich sensory descriptions of Cape Town.

Klik hier en koop Agency Blue nou by Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798152273
Prys: R110


Moemin se verjaardag
Tove Jansson

As jy nog nie die liewe Moemin en sy maats ontmoet het nie, gaan jy die ongelooflikste avonture misloop! Moemin word baie opgewonde wakker. Dis sy verjaardag! Dit gaan ’n wonderlike dag wees. Maar wanneer dit lyk of sy maats vergeet het hy verjaar, voel dit glad nie wonderlik nie. Arme Moemin!

Klik hier en koop Moemin se verjaardag nou van Kalahari.net!