Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > Nuusbrief: Vrye Woord

Die ANC se aanslag op skrif – 17/12/2010: WikiLigni word bekendgestel


2010-12-21

17.12.2010




’n “Eie WikiLeaks” vir SA - Beeld

WikiLigni word bekendgestel

Charles Malan

(Beeld van 17 Desember het ’n driekwartbladsy aan die bekendstelling van WikiLigni gewy. Die waarnemende redakteur, Gallie van Rensburg, het boonop welwillend aangebied dat ons die treffende ontwerp hierby as logo kan gebruik.)  

Die hele wêreld is in rep en roer oor die skandes en geheime wat WikiLeaks onthul het. Nou is daar ook ’n Afrikaanse eweknie: WikiLigni. Want feite lieg nie. WikiLigni is gekoppel aan die skrywersdrukgroep Vrye Woord se nuusbrief Die ANC se aanslag op skrif. Die doel is dus in die eerste plek om die kollig te laat val op alle geheime of inligting wat vir die ANC/regering/staat ’n verleentheid kan wees.   Onthullings is egter nie tot die ANC beperk nie, maar enige feitelike inligting wat toon hoe die vryheid van die woord aan bande gelê word, sal in Afrikaans of Engels gepubliseer word.

Die ouddiplomaat Tom Wheeler waarsku dat WikiLeaks met hulle onthulling van ’n stapel vertroulike dokumente vir die ANC-regering die skietgoed kan gee om die inligtingswet te regverdig. Die ander sy van die saak is dat ons nou presies weet waar om heen te gaan met die hoogs geheime dokumente wat ons binnekort in die tronk kan laat beland.

Die doel met die plaaslike weergawe WikiLigni is om ’n tuiste te bied waar enigiemand, gewoonlik baie vertroulik, onthullende feite gepubliseer kan kry. Soos met WikiLeaks moet inligting en interpretasies op bewysbare feite gebaseer wees.

Kennis is mag en in die era van globalisering word die burgerlike gemeenskap bemagtig deur kennis te verkry en self deur veral die internet te beheer. Sonder hierdie vrye vloei van inligting kan geen ware demokrasie gedy nie.

Die ANC toon in talle opsigte hoe vasbeslote hulle is om inligting te beheer en beperk. Magsugtige en ondeursigtige regerings soos hulle kan nie bekostig dat die publiek alles weet wat agter die skerms aangaan nie.

Nie slegs hulle twee muilbandwette is ter sprake nie, maar verslae wat in die doofpot land, vertroulike beplanning wat op korrupsie dui en allerlei soorte gekonkel, ook in hulle interne magstryd.

Hef aan lê nog voor in die stryd teen sensuur en beperkings. Dit is duidelik dat die meeste soorte inligting wat waarskynlik as geheim geklassifiseer gaan word, op aarde niks met “staatsveiligheid” te doen het nie.

Alternatiewe kanale vir inligtingverspreiding word noodsaaklik namate die ANC se wurggreep verstewig. Die argitektuur van ’n alternatiewe netwerk moet proaktief en juis nou gevestig word voordat die heerserparty hulle Polokwane-beloftes om te muilband met mag en mening toepas.

WikiLigni het heelwat meer beweegruimte as die groot openbare media om inligting bekend te maak en implikasies te interpreteer. Soos met WikiLeaks het ons verskuiling en anonimiteit op die magtige, wêreldwye web.

Ons hoef nie soos die gevestigde media te veel bekommerd te wees oor die regsimplikasies van openbaarmaking en selfs moontlike laster nie. Ons stel nie in die bedgeheime van bekendes belang nie, maar wel in alles wat magshebbers van die publiek wil weerhou en vrye spraak wil verhinder.

Skeptiese waarnemers kan vra: Wat gaan hierdie soort verset werklik baat? Watter invloed kan onthullings op die web en in die Afrikaanse media op die ANC en hulle alliansie hê? Hulle sal nie eers lees nie.

Dit is bewysbaar onwaar. Verskeie ANC-hooggeplaastes het al in die Afrikaanse media gereageer. Dit is Afrikaanssprekendes wat die magsbehepte ANC se hande van die Wes-Kaap weghou.

Mense soos Zwelinzima Vavi, Jeremy Cronin en Pik Botha het al in gepubliseerde reaksies met Vrye Woord gekorrespondeer, lg twee om te antwoord op ons negatiewe bewerings of vrae. Sedert die petisie oor die twee muilbandwette van die ANC het ons ’n stroom nuusbriewe gepubliseer oor reaksies en deelname, ook vanuit Engelse geledere.

WikiLigni se inligting sal hand aan hand gaan met interpretasie en kommentaar deur invloedryke meningsvormers.

Onder die bekende skrywers wat al in die nuusbrief kommentaar gelewer het, tel die redaksionele raadgewers Charl-Pierre Naudé, John Miles en Etienne van Heerden; ook Breyten Breytenbach, André Brink, Pieter Haasbroek en Jeanette Ferreira.

Die pers, Afrikaans en Engels, doen meer as hulle deel om die vergrype van die ANC-regering aan die kaak te stel. Hoeveel steun kry hulle van die Afrikaanssprekende burgerlike gemeenskap, en veral woordwerkers?

Vir skrywers van alle aard (liewers: woordwerkers) is ’n vrye vloei van inligting van die grootste belang. Ons wil in enige konteks sonder beperkings kan skryf en enige tersaaklike inligting kan lees.

Watter soort geheime en “vertroulike” inligting kan WikiLigni publiseer? Min of meer enigiets. Of liewers: voorlopig. Totdat die nuwe inligtingswet stormenderhand deur die parlement gevoer is en staatsamptenare met genot hulle stempel HOOGS GEHEIM op ’n dokument kan tjap, is dokumente wat veral van openbare belang is, darem nog beskikbaar.

Die baasbrein agter WikiLeaks, Julius Asange, het vir ons almal ’n voorbeeld gestel hoe veral korrupte regerings en groeperings se “staatsgeheime” aan die groot klok gehang kan word. Hy betaal ’n prys daarvoor, want hy word orals gedreig en vervolg. Die organisasie moes selfs op Google “onderduik”, maar is nou hier te vind.

WikiLigni onderskryf WikiLeaks se doelstellings soos dit op hulle webblad gestel word: “The broader principles on which our work is based are the defence of freedom of speech and media publishing, the improvement of our common historical record and the support of the rights of all people to create new history.”

Dit is ook in ooreenstemming met artikel 19 van die Universele Verklaring van Menseregte dat almal die reg op vrye mening en uitdrukking het, en om inligting te vind, ontvang en deur enige media mee te deel.

Ons beskou onsself as ’n bondgenoot van die media en glo dat ’n vrye en ongebonde media noodsaaklik vir ’n gesonde demokrasie is. Ons is saam met hulle daartoe verbind om korrupsie en wanpraktyke by die regering en ander maghebbers bloot te lê.

’n Voorbeeld van inligting wat reeds in die nuusbrief aan die groot klok gehang is, is ’n berig van Stephen Goodson, “Sinking the South African Navy”, waarin die skrywer met bewyse toon dat bykans die hele vloot tans sonder beweging in die water lê en vergaan. As daar ooit ’n berig was wat dadelik GEHEIM geklassifiseer sal word, is dit hierdie een.

WikiLigni kan tans nog nie veel vertroulike dokumente onthul nie, maar heelwat inligting wat vir die maghebbers ’n verleentheid is. Die nuutste voorbeeld is WikiLigni se verslag oor die wyse waarop die ANC-seekat sy tentakels oral op die uitgewersbedryf, veral opvoedkundig, inkry.

WikiLigni wil vir alle onthullers ’n tuiste bied. Al is ons tans nog nie tegnologies gesofistikeerd genoeg om te waarborg dat geen bron opgespoor kan word nie, is daar genoeg kronkelpaadjies op die internet en met sms’e om dit vir hierdie land se onintelligente intelligensie-owerhede byna onmoontlik te maak.

Ons beplan om die ANC en hulle meelopers knaend besig te hou. Ons is gereed vir hulle verbete aanslag.

 

  • Charles Malan, ’n skrywer en letterkundige, is die stigter van WikiLigni en Vrye Woord. Onthullers kan vir hom skryf by hermes@absamail.co.za.



Steve Hofmeyr en morele selfgeregtigheid

Charles Malan

Ons wat effens witter is, praat en oordeel maklik oor "die ander" asof ons hulle werklik ken. Twee bekende skrywers aan wie ek my steur, skryf in persoonlike briewe hulle het ook 'n probleem met die maklike moralisme waarmee ons ('n baie beperkte ons!) skrywers soos Steve Hofmeyr en Annelie Botes veroordeel. Hulle voel veral sterk oor die manier waarop die Duiker-prys van Annelie Botes weggeneem is. Charl-Pierre Naudé skryf: "Botes was eerlik oor haar gevoelens. Haar uitsprake was stompsinnig. Maar enige stompsinnigheid is beter as die waan van morele selfgeregtigheid. En die Duikerprysmense ly hieraan. En haas almal in Suid-Afrika ly hieraan! Die enigste persoon wat Botes verdedig het, was 'n swartbewussynskrywer wat by Media24 werk. Ek steun hom in sy mening. Los vir Botes uit."

In my brief aan Beeld hier onder, 17 Desember, het ek my waarskynlik self aan "morele selfgeregtigheid" skuldig gemaak - laat ons maar voortdurend ons eie standpunte krities deurkyk. 

*

Beeld-opskrif: Ons verafsku Hofmeyr en Botes se “eerlike” veralgemenings

Charles Malan van Vrye Woord skryf:

Die generaaltjie Steve de la Rey sal sy wit volk bevry. Die manewales van die politieke pophopper op Kerkplein kan bloot amusant wees – totdat hy op die gespanne rasseverhoudinge in die land begin dans.

In dieselfde Beeld van 15 Desember waarin hy homself verder aan Heindrich Wyngaard ontbloot, is die voorbladopskrif “Onmin tussen rasse ál erger”. Stevie Wonder Hofmeyr is helaas blind vir dié situasie.

Die ergste is dat hy en sy heldin Annelie Botes ook gepubliseerde skrywers is. Die skrywersdrukgroep Vrye Woord het vrye meningsuiting ten doel, maar spraakvryheid het ook perke.

Waarom kan “generaal” Bheki Cele formeel van rassisme aangekla word, maar ons eie generaaltjie kan skotvry verder uitwy oor entitlement vir “die meeste” swartes wat dit vir swart 17-jariges makliker maak om wittes te vermoor?

Die vermakerige vermaker bewys dat hy nie ’n rassis is nie deur voor die kameras met sy tjom Jacob Zuma te braai. Hy het boonop ’n Zoeloe-niggie!

Wyngaard is ewe eerlik as die mannetjie wat voor hom wriemel: hy noem hom ’n verdomde rassis met ’n apartheidpsige wat so laag daal dat hy tragiese gebeure soos die dood van Willemientjie-hulle vir politieke gewin uitbuit en rassehaat aanblaas.

Ons kan maar wag dat Stevie Wonderman se derduisende bewonderaars die onverskrokke Wyngaard op grond van sy velkleur ’n rassis noem.

Stevie stem nou ewe vroom saam “ons show-mense” moet van die uitbuiting van die Lindley-plaasmoord “weggehou” word – juis nadat hy in sy eie blog-show sentimenteel sy rassisme daaroor kwyt geraak het.

Hofmeyr en Botes se rassisme vloek teen die etiese kodes waarvoor skrywers wêreldwyd hulle beywer, soos nierassigheid, verdraagsaamheid en medemenslikheid. Ons verafsku hulle veralgemenings in die naam van “eerlikheid”. Soos juis ’n skrywer dit gestel het: ons is nie almal so nie.

*

Ek vra nie om verskoning nie, want ek was met goeie rede die moer in. Om egter ’n skrywer as persoon in sy/haar gepubliseerde teks “in te lees” en dan ’n prys te weerhou, is totaal onsinnig. Charl-Pierre Naudé wys byvoorbeeld daarop dat Celine ’n Nazi was!

Die rubriekskrywer Eusebius McKaiser het nie slegs perspektiewe op Hofmeyr en Botes hier onder nie, maar oor ons as rassegroepe teenoor mekaar. Besonder belangrik vir Vrye Woord is dat die artikel oorspronklik in Afrikaans in Rapport verskyn het. Laat ons grondig oor ons hele rassisme-diskoers dink. En steeds blatante rassisme hel toe stuur, waar dit hoort.


The Steve Hofmeyr question

Eusebius McKaiser

Politicsweb, 13 December 2010

Eusebius McKaiser on confronting the prejudice that lies in all of us

I wonder if Steve Hofmeyr wishes he was still on the set of Agter Elke Man? In that make-believe world of the 1980s soapie that thrust him into our social reality he didn't need to engage blacks. It was a “whites only” world other than black extras around OK Bazaars where his beloved Suzie was working.

Courtesy of that nuisance called “democracy”, blackness and whiteness can no longer be so neatly kept apart. And it shows. It shows in the callousness of generalisations about race groups in the spontaneous utterances of too many public personalities, both black and white, from politicians like Julius Malema to tired and tiring Afrikaner superstars like Annelie Botes and Steve Hofmeyr.

Botes would not offer a black courier service worker a glass of water. Hofmeyr sees in a black skin the genetic make-up of a would-be criminal. And, in their black counterparts like Julius Malema or commentator Andile Mngxitma, whiteness signals the presence of a "bloody agent" or an inherent racist. All of this raises the question, "Is there a downward spiral in the quality of race relations in our delicate, still-new(ish) South Africa?"

The good news is that race relations are not getting worse. The bad news is that it has been terrible all along. The problem is that we South Africans prefer false consciousness to authenticity. Instead of being honest about the deep mistrust that apartheid necessarily saddled us with, along race lines in particular, we plaster over this post-traumatic reality by pretending, falsely, that all is well.

Helped along by motifs like that tired “rainbow nation” refrain, and the drug that is mass sporting events like the Rugby World Cup of 1995 and the 2010 Soccer World Cup, we constantly succeed in affirming the lie of a “miracle” nation. As soon as an event like the death of right-winger Eugène Terre'Blanche threatens to unravel it all, we manage - "Phew!" - to find a quick antidote like arranging Blue Bulls supporters on beer crates in Soweto for a photo shoot.

And so the manic cycle goes; and, in the process, the deep psychological crisis lurking beneath it all goes untreated.

The very first step out of this mess is to accept that Desmond Tutu’s Rainbow Nation never really existed. We are a functioning society to be sure. But healthy and functional are not the same thing.

We have been sidestepping a deeper, and much more authentic, conversation. Botes, Hofmeyr, Malema and Mngxitma are symptoms of this national self-deception. They are not isolated, self-contained problems that can be laughed away as exceptional bits of madness.

There are two possible modes of reaction: either we can nihilistically throw our hands in the air and live in laagers (as many of us do, evidenced by the gigantically different social realities reflected and affirmed, for example, in the Afrikaans and English media) or we can do as many self-appointed elders and analysts sometimes implore us to do, and "have a conversation". I think the latter is a winning strategy. Only if that strategy fails should we think of anti-social options like neo-Apartheid. But there is no need to be sceptical as yet.

Here is the really challenging thought: we need to move away from banal and predictable "calls for debate" and start to think about what, in practical and normative terms, it actually means to have a conversation about race. Even a fool can "call for debate". Indeed, many fools do that every week on national platforms. That is hardly an achievement. What does it actually mean?

First, it means that we need to become comfortable with letting each other speak. That might seem trite. It is not. What stops us from making dialogical progress in the conversation on race is that we do not listen to each other and often, related to that, misconstrue each other. This, in turn, stems from the assumption that only some have a right to opine on race and identity. We all do - whether liberal or conservative, black or white, and even, for that matter, whether we hold racist prejudices or beautifully progressive insights about humanity.

Achieving this first step will be much more difficult than might seem to be the case when asserted this casually. Unless you recognise the full humanity of your interlocutor, why would you care to listen to her, let alone take her viewpoints as deserving of engagement? Do you take Hofmeyr seriously? What about Malema? Creating a discursive environment in which there is an unqualified right to speak is a crucial first step. We are not there yet.

Second, debate is not just about “the other”. It is also about a critical self-examination of the cogency of your own beliefs. Has Hofmeyr asked himself, silently, "Is there robust evidence for my generalisations about black people?" Has Mngxitma  asked himself, in a moment of solitude, "Can the concept of racism be reasonably stipulated to render all members of a certain race group, even before they are born, inherently racist?" Has Botes asked herself, "What are my ethical responsibilities as a writer? What will be the impact of the tone of this particular set of word choices?"

None of us should construe debate as a project of holding on to our own beliefs till Jesus comes. We should be as self-critical of our own beliefs as we are of the beliefs of those we disagree with.

Last, we need to be open to a change in attitude and behaviour when we are confronted with counter-evidence to our own views. A second-best solution, should we sincerely not be convinced by the race views of others (which, by the way, is acceptable), is to reflect on what it means to live in a liberal democracy that cherishes diversity.

If we cannot reach an overlapping consensus about particular issues (say, for example, affirmative action) then we need to at least respect everyone’s entitlement to be treated with dignity. The burden of our bittersweet history demands that we all dig deep.

 

  • Eusebius McKaiser is a political analyst at the Wits Centre for Ethics. He hosts a weekly talk show on Talk Radio 702 and 567 Cape Talk. This article first appeared in Rapport.

 

 

Terug na die nuusbrief-inhoudsopgawe | Back to newsletter index