Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Rubrieke | Columns > Albert Maritz: Baba met die badwater...

Oor pyn in die knieë en die waarhede in Spud


Albert Maritz - 2010-12-15

“When an artist reasons, it is because he no longer understands anything” – André Derain

David Kramer gee my ’n pyn … in die knieë! Maggies, terwyl ek daar sit en kyk na sy plaasnar met sy rooi vellies, voel ek hoe my eige knieë seg: Nee, mens kan nie; nie nou meer nie. Tyd staan mos nie stil nie. Hy sak laag, en hy doen daai skuif-wip – die plattelandse laagskoffel.


So as ek die Tarzan swaai en die stoel-omtrap-triek mis – waarmee van Kramer se shows skouspelagtig geopen het ’n paar jaar gelede, sit ek met ’n oop mond en heldeverering, en in totale vervoering met die geskiedenisskrywer van ons kultuurwêreld, hier voor ’n vol saal – op die Baxter-teaterverhoog.

David Kramer is volksbesit. David Kramer is rigtingwyser. David Kramer is kultuurskat. David Kramer is ghoeroe. David Kramer is pappa vir menige superster.

David Kramer is glo ook perfeksionis. Maar niemand wat al ooit saam met hom gewerk het, kla nie. Ek dink mense begryp later die doel van dissipline en harde werk. En nie eens die ware nar se groot oomblikke val sommer uit die lug uit nie.

In Kaapse Breyani sien die gehoor ’n skouspel van belegging. Ek sal erken: Ek is die ou wat so vieslik gefluit het ná “Calvinia”. In hierdie liedjie kulmineer jare en jare van David Kramer se kultuuropvoeding – weer … Net hierdie liedjie is die kaartjieprys werd. As ek sê dis 1950’s-opera op vinyl – moenie dink ek is snaaks of neerhalend nie. Dis ’n MOET beleef. En geïnspireer deur die ou Suid-Afrika … VANDAG!

Hier resoneer David Kramer se lae en lae genialiteit, wat hy al destyds ten toon gestel het in sy protesmusiek – ja, “Dry Wine”, “Skipskop”, selfs “Blokkies Joubert” …

En agter hom aan kom die CV van sy en sy vermoorde vriend en kollega se protegés. Die nederige Loukmaan, die Sonskynsusters – nog ’n ontdekking uit die sout van die aarde, waarvan in die land panne en panne vol is … Daar is Gammie Lakay – met ’n kitaar so kenmerkend “Kramer” soos die “Queen”-kitaar, of die “Fleetwood Mac”-ene.

Ek dink David Kramer ontdek ons toekoms. En as hy daar op die verhoog sit, ná hy liedjie vir liedjie sy mense en hul songs bekendgestel het, speel hy soms nie saam nie.  Soms sit hy net daar. Herinner hy aan iemand in iemand se familie wat eens gesê het: Sometimes I sits and thinks. Sometimes I just sits. Dan sit David Kramer daar soos oupa tussen sy kleinkinders. Want hy mag. Want hy vat ons – en hulle – die toekoms in.

Vir David Kramer staan tyd stil. Hy was lankal sy tyd vooruit. Hy is steeds.

***

Vir die tweede keer in twee dae word ek geïnspireer. Spud.

En, soos in Liefling (sien rubriek), is hier weer die Manie van Rensburg-skoot, wat in Manie se eie fliek glo nooit die lig mag gesien het nie. Dis soos ’n soete wraak wat nou saggies sy plek vind – in hierdie suksesse.

Ek dink Spud is die niceste Suid-Afrikaanse fliek sedert Pappa Lap. En wat mens bybly van Spud, is die nuanses van die ware lewe – soos mens in Disgrace ook aangetref het.

So Spud is dié lokettreffer. Want die boek is bekend. Want Cleese speel daarin. Maar een belangrike element is … as jy die openingskoot sien, weet jy al: Dis ’n baie goeie fliek. Die kamerawerk is ondernemend, funksioneel en effektief. Die beligting dieselfde. Die kamera-impak van die fliek is een van beeldskoonheid.

Die spel is deurgaans uit die boonste rakke. Behalwe vir ’n seun hier en daar wat nie ’n Laurence Olivier is nie. Behalwe vir die kleinste oombikkies wanneer mens wonder of die snaakse pa deurgaans suksesvol bly. Maar dis kleinigheidjies – boonop een mens se opinie – wat nie rêrig saak maak nie.

Oooooooooo, en die understated! Die effense glimlag van John Cleese ná hy die seuntjie weggestuur het met Catch 22. Die oomblik van gewaarwording dat daar vir hom in sy eie lewe ’n doel is, en van die waarde wat Spud se lewe inhou. En die waarde van … Catch 22.  En Gecko se rede hoekom hy hou van hoe Spud sing. En alles in die fliek is nie subtiel nie. Is dit soos Tanit Phoenix lyk?! Sy kan maar die stardom kry, waarvan sy al ’n bietjie het. Hoe werk dit dat haar sterstatus nie lankal Charlise s’n klop by die lint nie? Sy dra nooit sterre daar waar dit deur die lint gaan nie! Ek sweer dis al.

Spud is ’n Waiting for Godot-waarheid.

“We’ll hang ourselves tomorrow. (Pause) Unless Godot comes.” – Vladimir