Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Kennisgewings | Notices

Spesiale Scrapbooking-tegnieke met alledaagse produkte


2010-12-13

Waarom ’n fortuin op die allerbeste benodigdhede vir kuns- en plakboekwerk spandeer as jy met ’n bietjie kreatiwiteit en alledaagse produkte uit die huis, opwindende en unieke fotobladsye kan maak?

Hierdie boek sal jou inspireer om die potensiaal van alledaagse items wat in jou kombuiskaste, jou huis of in jou werkswinkel skuil, te ontdek – ’n wêreld wat net wag op jou inisiatief en kreatiwiteit. Scrap-boek is propvol idees en tegnieke wat na hartelus gebruik kan word om jou eie papier en fokuspunte te maak en kort voor lank sal jy afsien van die duur kommersiële produkte op die winkelrak.

Scrap-boek bied kreatiewe projekidees met produkte:

  • uit die kombuis: kleefplastiek, naellak, baba-afveelappies, waspapier, speldehouertjies, koffie en tee, papierhanddoeke en servette, papierdoilies, bleikmiddel, tinfoelie en kolwyntjiehouers.
  • uit die huis: blinkertjies, rekkies, boekpapier, kompakskywe, akrielverf, haarsproei, koeverte, ou tydskrifte, sneespapier, vetkryt, albasters, ringversterkers, papier, verpakkingskleefband, borrelplastiek en kaartjies.
  • uit die werkswinkel: houtlym, maskeerband, verfkleurkaartjies, wassers, kurk, kartonbokse, skuurpapier en spuitverf.

’n Volledige tweetalige termlys word ook voorsien.

Jowilna Nolte is sedert 2000 in die papierbedryf waar sy haar kennis rondom papier en die kreatiewe toepassing daarvan, opgedoen het. Sedertdien het sy begin werk as die redakteur van twee scrapbooking- en kunstydskrifte. Haar werk word wyd gepubliseer in plaaslike tydskrifte en op die Internet asook in internasionale publikasies soos Somerset Studios, Take Ten magazine en Catch Up Issues. Haar liefde vir die uitruil van idees het ook gelei tot haar eerste publikasie, Kaartjies vir spesiale geleenthede, wat in 2008 deur LAPA gepubliseer is.

Sy bied gereeld klasse en werkwinkels regoor die land aan en skryf ook aanlynartikels vir Scrapcouture. Haar motto is baie eenvoudig – moet jou nie oor die klein goedjies bekommer wanneer jy kuns doen nie. Dit moet vining, maklik en pret wees!

Scrap-boek: spesiale scrapbooking-tegnieke met alledaagse produkte is beskikbaar by toonaangewende handelaars en ook direk vanaf LAPA Uitgewers by 012 401 0700 of besoek ons webblad by www.lapa.co.za.