Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Kennisgewings | Notices

Liewe Heksie by die Springs Stadsteater


2010-11-17

Lefra Produksie se trefferproduksie van Verna Vels se Liewe Heksie word van 16 tot 18 November by die Springs Stadsteater opgevoer.  Regisseur Frans Swart het twee nuwe Liewe Heksie stories vir die verhoog verwerk, naamlik “Liewe Heksie en die truppels” en “Waar is Klein Kwaatjie Kabouter?” Die akteurs is Ana van Achtergergh, Botha Enslin, Johny Kleyn en Renske Jacobs. 

Liewe Heksie speel as volg:

Dinsdag 16 Nov - 09:00
Woensdag 17 Nov - 09:00, 12:00, 19:00
Donderdag 18 Nov - 12:00

Kaartjiepryse: Van R65- R130            

Kleuterskole en laerskole kan hulle kinders in groepe teater toe bring. Spesiale tariewe vir skole.  Skakel vir Zena by (011) 815 3000 of epos aan info@lefra.com   Besprekings by Computicket (011) 340 8000 of kliek hier.  Besoek ook www.lieweheksie.co.za  vir meer inligting.