Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Nuut by LAPA Uitgewers


2010-11-11


Nuut by LAPA Uitgewers
dié November:

As die eland struikel, Eerste liefde, Koshuiskoffie, Groot genoeg, Boerekos.

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Kategorie: Spanningsroman
Formaat:
129 x 198 mm; Sagteband
ISBN:
9780799347296
Prys:
R150,00



Klik en koop

As die eland struikel
Skrywer:
Martie Muller

’n Debuutroman wat beloof om meer as ’n gewone spanningsverhaal te wees.

’n Verstommende en insigryke onthulling ...

’n Trance-dans, boodskappe wat oor die berge weerklink, ’n man wat soos ’n eland begin struikel, musiek met ’n ongewone 7-5-ritme. ’n San-kind wat soos ’n sepie oor ’n rots glip, ’n wilde vrou met ’n klipkabeljou se skuurpapiertandjies. ’n Geheimsinnige sangoma op die berg, die gevaar van ’n aardbewing ...

In Paula se soektog om die raaisel van haar man se gifpyl-dood, haar dogtertjie se dood en haar vermiste seuntjie te probeer ontrafel, kom sy op inligting af wat haar tot in haar wese skud. In die berge van Lesotho word sy ontnugter deur die ontdekking van haar oorlede man se behoefte aan spiritualiteit en die mistieke, en die katastrofale gevolge wat daar kan wees wanneer iemand van een kultuur die terrein van ’n ander betree.

Die trance-dans wat in die San se rotskuns uitgebeeld word, kan die sleutel wees tot die geheim en die ontrafeling van ’n vrou se swartste oomblik.

Die skrywer, Martie Muller, se lewe het altyd tussen haar liefde vir musiek en die letterkunde gewissel. Sy het verskeie grade behaal: BA Mus en uiteindelik haar DPhil in literatuurwetenskap.

Sy het gedigte in Tydskrif vir Letterkunde, Literator en rooi rose gepubliseer en doen ook boekbesprekings van voorgeskrewe werke in Tydskrif vir Letterkunde en Klasgids. Martie het ook ’n prys losgeslaan in ’n fiktiewe beleggingskompetisie en was naaswenner in Rapport se aandeelkompetisie.

As die eland struikel is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad, www.lapa.co.za.


Kategorie:
Romanse
Formaat: 129 x 198 mm
ISBN: 9780799347289
Prys:
R99,95

Klik en koop


Eerste liefde
Skrywer:
Dina Botha


Twee in een

Dina Botha het al 16 romanses en twee historiese romanses geskryf. Sy weet presies wat haar lesers wil hê. Eerste liefde bevat twee van haar gewildste romanses.

In ruil vir ’n hart
Zac Meyer is veeleisend; stiptelikheid en intelligensie is sy groot vereistes. En ’n beeldskone vrou aan sy arm. Én, natuurlik, Nelliesbaai.

In dié prentjie pas Zanne nie. Sy’s doodgelukkig … wel, doodtevréde … as sy die wêreld in fokus deur haar bril waarneem, as haar potplante water het, en as sy saans die komme en gane op die aandelemark kan dophou.

Sy speel sekretaresse vir Zac, ja, al stotterend en stamelend, red selfs sy lewe. Sy weet sy is ’n ou valetjie, maar sý is gelukkig.

Totdat die noodlot ingryp en Zanne se lewe op sy kop keer. Sy weet skaars waar sy is, en glad nie waar Zac staan nie …

Onweerstaanbare kok
Armand Retief is ’n selfversekerde, egoïstiese, klasbewuste snob. ’n Onaangename, statusbewuste fossiel. Hy en sy Retief-familie, dink hy, is verhewe bo ander.

Reza weet maar te goed sy moes nie onder valse voorwendsels deel van dié huishouding geword het nie, saamgespeel het dat sy ’n kok is nie … Want van kook en koekbak weet sy niks, en sy’s eintlik een van hulle – ook ’n Retief – al weet hulle dit nie. Nog nie.

En maak nie saak of Armand se aantreklike bakkies haar speeksel laat opdroog nie; hy ís haar oom – nie aangetroud nie, blóédverwant.

Sy moet haar bewerasies onderdruk, hom sê. Ook vir haar oupa. Maar wanneer? En hoe?

Dina Botha woon in Centurion saam met haar man en vier kinders. Na twintig jaar in die IT-bedryf het sy besluit dat sy eerder romantiese fiksie pleks van rekenaarprogramme wil skryf. Dit het vir haar ’n ander wêreld oopgemaak en skielik het sy besef dat wanneer dit by liefde kom, ouderdom geen rol speel nie. Almal, van haar tienerdogter tot haar ouma Dina in haar tagtigerjare, glo aan die liefde en droom van die vervulling daarvan.

Eerste liefde is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad, www.lapa.co.za.


Kategorie:
Jeugfiksie
Ouderdomsgroep: 13+
Formaat:Sagteband; 137 x 212 mm
Prys: R80
ISBN:
9780799347395

Klik en koop

Koshuiskoffie
Skrywer: Christien Neser

Gravitas.

Die naam alleen klink al klaar vir Elle soos ’n doodsvonnis. Want terwyl haar ouers ’n jaar lank oorsee werk, moet sy na ’n ander skool toe gaan. ’n Meisieskool. ’n Superstreng meisieskool. En dit beteken natuurlik:

1. Geen ouens nie.
2. ’n Koshuis. Superhipermegagross.
3. Sakke vol grys skoolklere.
4. ’n Spul lelike beddegoed vir ’n vreemde koshuiskamer.
5. En ’n jaar lange vonnis sonder haar twee beste vriendinne.

Boonop is haar selfoon doodstil, terwyl sy die heeltyd wens Alex se naam wil op die skerm flits. Het hy ná hul Botswana-vakansie heeltemal van haar vergeet? Het die blikkie kondensmelk wat hy daardie aand vir haar gegee het, dan heeltemal niks beteken nie?

Tienerlesers het die eerste keer kennis gemaak met Elle in die skreeusnaakse topverkoper Kondensmelk. In hierdie welkome opvolg op Christien Neser se debuutroman kom die bedorwe Elle voor een van die grootste uitdagings in haar jong lewe te staan – die koshuislewe.

Die reeks
1. Kondensmelk
2. Koshuiskoffie

Die skrywer
Christien het grootgeword in Bloemfontein en Pretoria. Sy woon tans saam met haar man in Sandton. Sy het ’n pro bono-spraakterapie-praktyk en hou haar ook besig met toetsing, voorligting en terapie by ’n plaaslike laerskool. Sy is baie lief vir haar drie kinders en haar hond, en leer al 30 jaar lank Frans.

Koshuiskoffie is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad, www.lapa.co.za.


Kategorie:
Kleuter Fiksie
Ouderdoms-groep: 3+
Formaat: Sagteband; 210x280mm
Illustrasies: Volkleur illustrasies
ISBN: 9780799347456 Prys: R70




Klik en koop


Groot genoeg
Skrywer: Mhlobo Jadezweni
Illustreerder: Hannah Morris

Mhle lo mthi.
Mde kamnandi.
Ubona yonke into.
Ufikelela kuyo yonke into.
UTshepo uyatshiseka.
Ufuna ukuba ngumthi.

Tshepo wens hy kan ’n boom word.
Want ’n boom is baie hoog.
’n Boom kan oral bykom.
En ’n boom kan alles sien.

Maar gou vind Tshepo uit dit is nie altyd soveel pret om ’n boom te wees nie ...

Groot genoeg is ’n unieke, meertalige prenteboek wat op ’n prettige, kreatiewe wyse die wonder van kindwees verken. Jong lesers kan Tshepo se pragtig-geïllustreerde avonture in Afrikaans of in Xhosa volg. Die oorspronklike Engels/Xhosa-uitgawe van die boek, UTshepo Mde / Tall Enough, is deur IBBY (International Board on Books for Young People) as Suid-Afrikaanse ereboek aangewys.

Die skrywer
Mhlobo Jadezweni is in Dutywa, kwaGcaleka gebore en het aan die Universiteit van Fort Hare studeer. Hy is sedert 1983 verbonde aan die Departement Afrikatale by die Universiteit van Stellenbosch, waar hy Xhosa doseer.

Die Illustreerder
Hannah Morris is ’n kunstenaar en illustreerder wat in New York woon. Sy het vir vyf jaar in Stellenbosch gewoon en studeer. Haar nagraadse studie het gefokus op Suid-Afrikaanse prenteboeke.

Groot genoeg is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad, www.lapa.co.za.


Kategorie:
Kookkuns
Formaat:Hardeband; 210 x 280mm
Bladsye:160
Prys: R195
ISBN: 9780799347036


Klik en koop

Boerekos
Skrywer: Cecile Kemp
Fotografie: Adriaan Voster


’n Stomende bord Boerekos met skaapboud en gebakte aartappels, pampoenkoekies, gestoofde boontjies en malvapoeding vir nagereg is genoeg om menige eter se mond te laat water. Veral in hierdie gejaagde tyd van kitskos en vinnige happies word daar gereeld verlang na ’n bord van Ouma of Ma se kos.

In Boerekos bied Cecile Kemp – kenner van die Afrikaanse koskuns – ’n versameling gunstelingresepte wat die (byna) vergete kookkuns van ons voorouers laat herleef. Sy het staatmakerresepte aangepas by hedendaagse omstandighede deur duur bestanddele en tydsame gaarmaakmetodes tot die minimum te beperk. Met hierdie boek in die kombuis is dit vir elkeen moontlik om ou gunstelinge soos kerrievis, tamatiebredie en melkkos op die spyskaart te hê.

Almal kan nou “kook soos Ouma” en disse optower uit enige van die 12 afdelings:

  • Sop
  • Skaapvleis
  • Vis
  • Varkvleis
  • Wildsvleis
  • Bykosse en groente
  • Pluimvee
  • Nageregte
  • Afval
  • Gebak
  • Beesvleis
  • Allerlei.

Hierdie publikasie is ‘n bygewerkte en hersiene uitgawe van die oorspronklike Boerekos­-uitgawes van 1986 en 2002. Cecile Kemp is vroeg in 2010 op die ouderdom van 84 oorlede.

Boerekos is beskikbaar by toonaangewende handelaars, asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700, of besoek ons webblad, www.lapa.co.za.