Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > NB-Uitgewersportaal | NB Publishers Foyer

Nuut by NB-Uitgewers


2010-11-02

Nuut by NB-Uitgewers dié November:

Die sneeuslaper , 7de Laan kook , Beste mnr Mandela: ’n Fees van woorde en prente , Dwaalpoort , Die mooiste sprokies van Grimm en Tydbom: ’n Polisieman se ware verhaal

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Uitgewer:

Human & Rousseau
ISBN:
9780798151818
Prys: R175


Die sneeuslaper
Marlene van Niekerk

Die betekenis van die vertelkuns word op magiese wyse deur vier verweefde verhale oor vriendskap gedemonstreer: ’n dosent in kreatiewe skryfwerk word tot nadenke gestem; die aard van vriendskap ontvou by ’n grafrede; ’n veldwerker misreken haar met ’n boemelaar; die vriendin van ’n fotograaf bieg medepligtigheid aan sy huidige situasie. ’n Belangrike nuwe boek deur die bekroonde skrywer van Agaat en Triomf.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Die sneeuslaper nou van Kalahari.net!


Uitgewer:

Human & Rousseau
ISBN:
9780798151634
Prys:R250


7de Laan kook
Danie Odendaal Produksies

Met meer as 1,92 miljoen kykers is 7de Laan een van die gewildste programme op SABC2. Nou deel sewe van die mees geliefde sepiekarakters hul gunstelinggeregte, soos dit op die TV-program verskyn. Tussen die sewe dek die boek die volle spektrum van resepte, beproefd en bemind. Kook saam met die Laan!

Klik hier en koop jou eksemplaar van 7de Laan kook nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau en Tafelberg
ISBN:
9780798151535
Prys: R180



Beste mnr Mandela: ’n Fees van woorde en prente
Jomarié Dick (samesteller)

Die verhaal van Nelson Mandela – van kinderjare tot aftrede – word in ’n kleurryke mengsel van foto’s, illustrasies en lewendige, bondige teks uitgebeeld. Oor vyf dele ontvou sy lewe: die Oos-Kaap, Johannesburg, Robbeneiland, vryheid en sy jare as president, en “Madiba die celeb” – oor sy internasionale ikoniese status en die “Madiba Magic” wat hy uitstraal.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Beste mnr Mandela: ’n Fees van woorde en prente nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624049210
Prys: R195


Dwaalpoort
Alexander Strachan

Die aankoms van Jurgens en Riana vir ’n jagekskursie op Dwaalpoort aktiveer ’n reeks onderliggende spanninge en frustrasies, onafgehandelde sake en onuitspreekbare begeertes. Met Dwaalpoort kry Strachan die magiese mengsel reg: op die oppervlak is sy verhaal ’n volkome genietbare en onmiddellik toeganklike verhaal van lus en liefde en geweld en geheimenisse. Dáárby is dit ’n uiters stimulerende besinning oor menslike reaksies op ’n verkrummelende bestel.

Klik hier en koop Dwaalpoort nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798151504
Prys:R260


Die mooiste sprokies van Grimm
Marita van der Vyver (vertaler) en Piet Grobler (illustreerder)

Die veelsydige skrywer Marita van der Vyver maak hierin ’n keur van haar mooiste Grimm-sprokies wat sy self uit Duits vertaal het. Uitsonderlike illustrasies die deur internasionaal-bekroonde kunstenaar Piet Grobler vul die teks uitstekend aan. Bekende sprokies soos “Rooikappie”, “Klein Duimpie”, “Hansie en Grietjie”, “Die Paddaprins” en vele meer word in die bundel opgeneem.

Klik hier en koop Die mooiste sprokies van Grimm nou by Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624048480
Prys: R180


Tydbom: ’n Polisieman se ware verhaal
Johan Marais

Johan Marais word polisieman op 16 – ’n koers wat hom afstuur op ’n lewe vol geweld en lyke in beide die polisie en die weermag. As deel van die Oos-Randse Onluste-eenheid is hy ooggetuie van halssnoermoorde, faksiegeweld en polisiebrutaliteit. Marais het dié boek geskryf om sy duiwels te besweer. ’n Eerlike, reguit vertelling vol rou menslikheid.

Klik hier en koop Tydbom: ’n Polisieman se ware verhaal nou van Kalahari.net!