Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Kennisgewings | Notices

'n Sintuiglike bederf – die onkonvensionele liefdesverhaal Womb Tide is binnekort by die Baxter te sien


2010-10-29

Womb Tide, 'n toneelstuk geskryf deur Lara Foot, die hoof- uitvoerende beampte en direkteur van die Baxter-teaterkompleks, is van 10 November tot 4 Desember by die Baxter Golden Arrow-ateljee te sien. Dié stuk, wat met groot sukses vir die eerstekeer in 1995 opgevoer is, is verder ontwikkel in samewerking met Leila Henriques, Brian Webber en Joss Levine.

Die visuele teatermaatskappy FTH:K se interpretasie van hierdie onkonvensionele liefdesverhaal is by die Arena by die Nasionale Kunstefees in 2010 in Grahamstad opgevoer, waar dit groot lof ontvang het as "vars en opwindende teater", "betowerend" en "magies".

Womb Tide speel af in Suid-Afrika, in die middel tot laat 20ste eeu. Dit beeld die wel en wee van 'n eksentrieke en ietwat disfunksionele gesin uit deur 'n verhaal van liefde, verlies en hoop, en bied 'n impressionistiese blik op die kompleksiteite van gesinslewe. Die verhaal ontvou deur die herinneringe van 'n kind, en is roerend, amusant, donker, hartverskeurend en uiteindelik verlossend.

Danksy FTH:K se benadering om vars, verrassende, visuele toeganklike werk te skep, is hierdie weergawe van Womb Tide 'n splinternuwe weergawe van die oorspronklike verhaal. Teatermeester Lara Foot se mentorskap van regisseur Rob Murray dra verder hiertoe by.

Womb Tide, wat geskep is deur 'n uitsonderlike span samewerkers, waaronder Craig Leo, James Webb, Brydon Bolton, Leila Andersonen Cristina Salvoldi, is 'n loflied aan liefde en deursettingsvermoë en is 'n visuele en fisiese kragtoer.

“Dit was 'n eer om saam met so 'n hoogaangeskrewe span te werk, en ons is werklik verheug met die reaksie wat hierdie nuwe produksie tot dusver ontlok het,” sê FTH:K se artistieke regisseur, Rob Murray. “Met die ontwikkeling van die stuk het ek het die voorreg gehad om gementor te word deur die teaterlegende Lara Foot, wat op sy beurt ook my vaardighede as regisseur uitgebou het.”

Womb Tide is 'n stuk wat my baie na aan die hart lê en ek is verheug dat FTH:K hulle eie en innoverende weergawe aanbied,” sê Lara Foot.

Womb Tide word opgevoer onder regie van Murray, wat onlangs 'n Fleur du Cap-toekenning vir beste beligting vir Pictures of You ontvang het. Rekwisiete is deur Emilie Starke en die gerekende ontwerper, akteur en poppemeester, Craig Leo, wat ook vir die stel en poppe-ontwerp verantwoordelik is. Leo het wye ervaring met The Handspring Puppet Company, insluitend War Horse en die onlangse Or You Could Kiss Me, beide by die Royal National Theatre in Londen.

Kostuums is deur Leila Anderson (QUACK!, Women Beware Women, Silence of the Music); Cristina Salvoldi is die poppemaker, en klankontwerp is deur die  2008 ABSA L'Atelier –wenner James Webb en komponis/musikus Brydon Bolton. 

Akteurs sluit in Liezl de Kock (Pictures of You, GUMBO!), Daniel Buckland (wat tans repeteer vir 'n internasionale toer van Saltimbanco met die hoogaangeskrewe Cirque du Soleil), Emilie Starke (QUACK!), en Kim Kerfoot (Quiet Emergency, ZA News).  

Murray is ook benoem vir die Rolex Mentor and Protégé Arts Initiative om saam met die mentor Peter Sellars te werk. Die benoeming is 'n groot eer aangesien kandidate anoniem benoem word deur toonaangewende professionele persone op hul gebied.

FTH:K is 'n visuele teater- en opvoedingsmaatskappy wat met verskeie toekennings spog. Hulle mikpunt is om die Suid-Afrikaanse teaterbedryf te vernuwe deur die ontwikkeling van dowe en horende akteurs-skeppers. Die maatskappy se geassosieerde produksie Pictures of You word volgende jaar by die Imbewu Festival in New York opgevoer, en FTH:K sal ook deelneem aan die Artsbridge Internasionale uitruilskema, 'n tweejaarprojek vir 'n uitruilskema tussen dowe en horende gemeenskappe in Suid-Afrika en Amerika. 

* Womb Tide word van 10 November tot 4 Desember 2010 by die Baxter Golden Arrow-ateljee in Kaapstad opgevoer. Opvoerings vind Maandae tot Saterdae om 20:15 plaas, en daar is ook 'n middagvertoning op Woensdag 17 November om 12:00.

Kaartjies vir die voorvertoning op Woensdag 10 November kos R50 en kaartjies vir die middagvertoning kos R55. Op Maandae kan teatergangers vir net R70 die opvoering sien én 'n ligte maaltyd in die Baxter-restaurant geniet. Kaartjies hiervoor is slegs by die Baxter-kaartjieskantoor beskikbaar. Kaartjiepryse vir gewone opvoerings is soos volg: Dinsdae R75; Woensdae en Donderdae R85; en Vrydae en Saterdae R95. Dinsdae is "Twos-days" – twee kaartjies vir die prys van een!

Afslagkaartjies van R55 is beskikbaar van Woensdae tot Saterdae vir studente, pensioentrekkers, dowes, gestremdes en blokbesprekings van tien of meer. Kaartjies vir  FTH:K-lede kos R50, beskikbaar van Woensdae tot Saterdae. 

Of benut die "Early Bird Special": diegene wat voor 29 Oktober bespreek, kan tot drie kaartjies teen die afslagprys van R55 elk vir opvoerings van Woensdae tot Saterdae koop. 

Bespreek deur Computicket by www.computicket.com of skakel 083 915 8000 of besoek enige Checkers/Shoprite-winkel. Vir afslagkaartjies vir blok-, skool- of korporatiewe besprekings, skakel die Baxter-kaartjieskantoor by 021 680 3962.

Ouerbegeleiding word aanbeveel.

Hierdie produksie van Womb Tide het sy première gehad by die Arena by die Nasionale Kunstefees 2010, Grahamstad. Perskommentaar tot op datum sluit in:

“…funny, delicious,…fresh and exciting theatre…” Artslink

“…charms with its surreal approach...Liezl de Kock and Daniel Buckland embody their roles with physical prowess...unusally engaging.…a slice of life poetically captured…” The Star Tonight

“variously hilarious and cripplingly sad tale... Daniel Buckland and Liezl De Kock are superb in lead roles...You *will* laugh – sex scene on a swing, anyone? – and you might cry. And when you leave, you’ll realise that nobody said anything, and yet you are deeply moved....” Citizen

“….a delight to watch…..a magical and nostalgic soundscape…the magic is alive in the ever-changing set, the surprising props and the physicality of the cast.” Business Day

startling, mesmerising and very powerful…” Cape Times

 

"…will leave you gasping for air because of its ingenuity and its inevitable smashing of something precious, irrevocably happy and beautiful. Introducing a fabulous little puppet, the piece is so deliciously choreographed that you quickly and instinctively stop considering the presence of the puppeteers and lose yourself in the poetry evoked."  Artslink

…. another beautifully-crafted work by the FTH:K company directed by Rob Murray under the mentorship of Lara Foot.” Caroline Smart, www.artsmart.co.za

Visual tour de force among Fest best……pure magic……” The Herald

….extraordinary…..There is a sense we might just be witnessing the advent of something new and special in South African theatre.” Cue

Die hoogtepunt van wat ek sover gesien het…” Die Burger

“….tremendous style, invention and emotional punch.” David Smith on Twitter,  Africa correspondent of The Guardian newspaper