Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Kennisgewings | Notices

KABARETMANIA - In gesprek met Marion Holm


2010-10-27

In gesprek met Marion Holm. Komedie, Kabaret en Kommentaar!

Met Niël Rademan en Marion Holm. 18:00. 4 Nov 2010. Klein Libertas Teater. Stellenbosch. R85. Besprekings: 021 883 8164

 In hierdie openingsgesprek tot Kabaretmania 2010 gesels die uitvoerende hoof van die KABARETMANIA, Niël Rademan met die formidabele teaterpersoon, Marion Holm.  Sy is ‘n gesoute toneelspeler en is bekend met bykans alle genres van teaterkuns.  Woon gerus hierdie insigewende gesprek in egte kunskroeg-styl by. 

Marion is vanjaar se glansgas vir die KABARETMANIA.  Hier grepe uit haar roemryke loopbaan. 

Nadat Marion Drama aan die Universiteit van Stellenbosch studeer het, van 1983 tot 1985 (en benoem is vir ‘n Fleur du Cap as Mees Belowende Student), is sy dadelik ‘n kontrak aangebied deur KRUIK as lid van hulle drama geselskap.  Daar het sy verskeie Fleur du Cap benoemings ontvang vir rolle soos Dorine in Tartuffe en Ma Ubu in Ubu Roi.  Dit was ook in hierdie tyd dat sy deel was van die geskiedkundige produksie Piekniek By Dingaan.

Na KRUIK is Marion na SUKOVS waar sy die Cobus Rossouw Beurs ontvang het vir haar werk as aktrise. Daarna het sy vir verskeie jare opgehou toneelspeel, maar het in 1999 as vryskut aktrise teruggekeer na die verhoog. 

Na groot sukses in Jong Dames Dinamiet (saam met Margit Meyer-Rödenbeck) en Anna Se Engel (saam met Pedro Kruger)  het Marion in 2004 begin met haar eie eenvrou vertoning, genaamd SUSSIE IS NOU SUUR.  In 2005 was dit SUSSIE RAFEL NOU UIT, in 2006 Braaivleis, rugby, sunny skies en... SUSSIE!, in 2007 SUSSIE:  SURVIVOR (KUILSRIVIER), in 2008 CIRQUE DU SUSSIE (wat Computicket bevestig het daai jaar die meeste kaartjies van al 200 produksies op die ABSA KKNK fees verkoop het), in 2009 SUSSIE:  CHEERS!  en in 2010 MET DIE HOLM GEBORE. 

In terme van regie is die mees onlangse werk Die Hangkas Haas (met Dorette Potgieter, Melanie Botha, Cornell van Zyl, Robert Koen en Deon van Zyl in 2004), Suurgat (met Leon Kruger in 2005), Oorlog (met Pedro Kruger in 2005) en Grootseun (met Pierre Breytenbach in 2009).

So ver dit televisie aangaan het Marion ook ondervinding aan die produksie kant van sake, aangesien sy as “Contestant Co-ordinator” op verskeie Liriekraai reekse gewerk het, as “Contestant Producer” op die reeks Greed en as Produksie Bestuurder op al drie die Casper Rasper Shows sowel as Haak & Steek.  Marion het ook self gespeel in die Casper Rasper Show, sowel as Haak & Steek en meer onlangs in die Casper Rasper Weer Show

Tans is Marion ‘n lid van die beslote korporasie Handyminds wat sy saam met Marietjie Rossouw bedryf.  Tesame vervaardig hulle al Marion se eenvrou-vertonings en DVD’s, asook verskeie ander teater produksies soos Die Vrou Wat Haar Man Gekook Het en Grootseun