Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > Nuusbrief: Vrye Woord

Die ANC se aanslag op skrif – 25/10/2010: ANC minag reg om te weet


2010-10-26

ANC minag reg om te weet
25.10.2010

Die ANC toon by die dag meer hulle minagting vir die publiek se reg om inligting oor sake van landsbelang te kry. Berigte hier onder gee die nuutste prentjie. Niemand minder belangrik nie as ’n generaal, Anwa Dramat, het as hoof van die Valke nou finaal die reusagtige skandaal van die wapenaankope in die doofpot probeer stop. Dit is sterk te betwyfel of die pot groot genoeg daarvoor is, maar Helen Zille beskryf dit tereg hier onder as die moeder van alle toesmeerdery. Die onverskrokke fluitjieblaser Patricia de Lille wys daarop dat die parlement se oorsigrol behels om korruptes vas te vat en nie om hulle in die einste wetgewende liggaam te verwelkom nie.
 
Wie is verbaas dat juis die minister van “staatsveiligheid” pas daarna aan die parlement gaan verduidelik hoe belangrik die verregaande verstewiging van beheer oor inligting nou eintlik is – lees hier onder. Hy probeer nie eers verduidelik teen watter vyande die staat nou eintlik beskerm moet word nie. Uit Afrika? Die Ooste? Die VSA? Almal wat nie ideologies verblind is nie, weet nou al dit is die ANC-kaders, nie die staat nie, wat beskerm moet word, en dit teen fluitjieblasery in die media.
 

Medewerkers van Vrye Woord het van die begin af volgehou dat mens soos in die apartheidsdae hier met ’n “totale aanslag” te doen het: op skrif en spraakvryheid. Dit gaan lankal nie meer slegs oor die twee omstrede voorgestelde wette nie. As die minister sy sin kry, sal die generaal opdrag kry om al meer onaangename feite dood te druk. Die president van die land het immers gewys hoe dit gedoen moet word.

Wat gebeur as die ANC dit wel regkry om die media grotendeels te muilband en inligting te weerhou? In ’n tydige meningstuk gee Cas van Rensburg hier onder ’n oorsig van wat wel gebeur het toe skrywers teen die apartheid-NP se sensuur saamgestaan het. Dit is presies daardie soort onstuitbare verset wat deur Vrye Woord voortgesit word. Sommige van ons wat daar deur is, weet dit is onmoontlik om alle skrywers orals te laat swyg. Ons as skrywers in die wye sin van die woord het die plig om die vrye woord orals te laat hoor. Geen generaal kan ons beveel “houd den bek” nie. Ons daag generaal Dramat uit.

CM



*

Inligtingswet: Staat byt vas
Pieter du Toit
Beeld, 22 Oktober 2010

Kaapstad. – Die regering blyk ondanks wye kritiek op sy omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting onversetlik te wees en het gister by die parlement gepleit om vertoë oor ’n openbare-belang-verweer te ignoreer.

Dr Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, het tydens ’n voorlegging aan die ad hoc-komitee oor die wetsontwerp bevestig die regering wil hê bepalings oor “nasionale belang” en “kommersiële belange” moet uit die wet gehaal word.

Hy bly egter oortuig dat die insluiting van bepalings in die wet wat ’n verweer van openbare belang sal uiteensit, onaanvaarbaar is.

Kritici van die wet en kampvegters vir mediavryheid meen die wet sonder so ’n verweer sal ’n einde aan die media se onthullings van korrupsie bring.

“As ons aan so ’n eis toegee, kan ons die wet net sowel opskeur nog voordat dit op die wetboeke verskyn,” het Cwele aan LP’s gesê. “Om toe te laat dat enigiemand inligting oor nasionale veiligheid openbaar maak in die onwaarskynlike hoop dat dit in die nasionale belang geag sal word, is eenvoudig onverantwoordelik.

”Dit sal die land kwesbaar maak ... Kortom: Ek sal my plig versaak indien ek (aan dié eis) toegee. Die komitee mag nie tot ’n verweer van openbare belang toestem nie.”

Dit is die tweede voorlegging wat Cwele aan die komitee doen nadat hy verlede maand gesê het definisies van “nasionale belang” en “kommersiële belange” is te wyd en kan wegval. Die wetsontwerp maak voorsiening vir die klassifikasie van alle staatsinligting en lê swaar strawwe op aan diegene wat dit onregmatig openbaar maak.

Mnr David Maynier (DA) het gesê sonder ’n openbare-belang-verweer hou die wet verreikende gevolge vir die media in.

Cwele het dit verwerp en gesê die wet se doel is nie om die media aan bande te lê nie, maar om die land teen spioenasie, terrorisme en vyandige optrede uit die buiteland te beskerm. Hy kan geen situasie voorsien waar die bekendmaking van sensitiewe staatsinligting in die openbare belang kan wees nie.

“Die wet skep genoeg ruimte vir iemand in besit van sulke inligting om dit deur middel van ’n wettige proses te onthul.

”Dit kan aan lede van die uitvoerende gesag, die kabinet, gegee word ... aan die openbare beskermer, die ouditeur-generaal of enige ander geskikte persoon of liggaam, soos die wet bepaal.”

Volgens hom is die media nie bevoeg om te bepaal wat om met sensitiewe staatsinligting te doen nie en indien sulke inligting bewyse oor korrupsie – “soos die wapenskandaal” – bevat, is die polisie in die beste posisie om die kwessie te hanteer.

“Ek het nog nie gehoor van die media wat misdaad ondersoek of iemand hof toe neem nie. Die polisie doen dit, tensy julle glo die ANC-regering is inherent korrup. Die regering ontbloot korrupsie, nie die media nie.”

Hy het ook gesê die insluiting van ’n openbare-belang-klousule in Britse wetgewing het dié wette “onwerkbaar” gemaak.

*

The mother of all cover-ups
Helen Zille

22 October 2010

The DA leader on why the arms deal investigation was run to ground

Excerpts – read the entire article in Politicsweb:


Lessons learned from the mother of all cover-ups

This week the Hawks announced they were shutting down the arms deal investigation. There was no public outcry. There comes a point when a country starts to suffer from scandal fatigue. Corrupt governments (especially those whose prospects of re-election are secure) know that most corruption scandals eventually fizzle out if the cover-up can be dragged out long enough. The arms deal is a case in point. The Hawks' announcement is merely the latest in a series of arms deal cover-ups that span an entire decade.

An opposition party cannot afford the luxury of succumbing to scandal fatigue. We will continue digging and we believe that eventually, the truth will out. We are, for example, pursuing a court challenge against the National Prosecuting Authority's decision to withdraw corruption charges against President Zuma. The way in which President Zuma's legal team has used every possible delaying tactic over the past decade to prevent the substantive case from being tested in a competent court is a scandal in its own right. The abuse of the criminal justice system in the arms deal cover-up will do even more damage to our country's constitutional democracy than the corruption itself.

As the Hawks drop this case, it is important to reflect on what happened over the past decade and ask ourselves a few questions. How did the ANC manage to cover up such a massive corruption scandal, involving so many individuals, for so long, and get away with it? Why have all the mechanisms of our constitutional democracy - the media, the courts, the opposition - failed to do more than scratch the surface of this matter? What does this say about our ability to prevent the slide into the corrupt and criminal state that has destroyed so many other countries on our continent?

I believe the root cause of the rot, and the cover-up, can be summarised in two words: cadre deployment. The key lesson of our continent over the past half century is that this form of political patronage is incompatible with constitutional democracy. Indeed, it is the root cause of the failed state.

The ANC has openly explained that it deploys its "cadres" into "strategic positions" in all institutions of state to place the party's interests first. A deployed cadre's primary responsibility is to protect the party and its leaders, not fulfil the constitutional mandate of preventing power abuse. In fact, cadre deployment turns supposedly "independent" state institutions into extensions of the ANC's power abuse. In this way, a corrupt ruling party seeks to turn an independent criminal justice system into a mechanism that will protect its political allies and persecute its opponents.

Looking back over the past decade, it is clear that the arms deal corruption was so successfully covered up because, at nearly every step of the way, there was a deployed ANC cadre who was willing to play their part in squashing the investigation. If they were not prepared to do so, they were simply removed, and "redeployed", bringing their political careers to an end.

Let's go back to the beginning to see how it played out.

When allegations of arms deal corruption first surfaced, a Joint Investigating Team (JIT) was set up by President Mbeki to investigate. It was significant that the President ignored the recommendation of Parliament's Standing Committee on Public Accounts (SCOPA) to include the Special Investigating Unit (SIU), headed by an independent judge, as part of the investigating team.

The JIT exonerated government of any wrongdoing, leading to widespread allegations that the report was a whitewash. These suspicions were confirmed when it emerged later that crucial facts and findings were edited out of the final report after the Department of Defence and the Office of the President had directly intervened. Most significantly, whereas the draft JIT report concluded that there were "fundamental flaws" in the procurement process, the final sanitised version concluded: "No evidence was found of any improper or unlawful conduct by the Government ... There are therefore no grounds to suggest that the Government's contracting position is flawed."

Somewhere along the line, loyal cadres could be counted on to cave in to political pressure to "put the party's interests first". The same could not be said of Judge Willem Heath, which is why Mbeki excluded him from the investigating team in the first place.
(...)

Until the truth is uncovered, the arms deal will remain a festering sore on our body politic. Not just because of the scale of the corruption involved, but because of the way that constitutional institutions were manipulated and politicised through cadre deployment, with profound and lasting implications. In fact, through cadre deployment, the ANC has fundamentally undermined our constitution without changing a single word of it.
(...)

 

  • This article by Helen Zille first appeared in SA Today, the weekly online newsletter of the leader of the Democratic Alliance.


As pers swyg, sal ander stemme nié
Cas van Rensburg
23 Oktober 2010


Uittreksels uit Rapport. Lees die hele artikel hier.




Daar was ’n tyd toe die proses om ’n boek in Suid-Afrika uit te gee byna net soveel ’n regstryd as ’n kreatiewe poging was. Die letterkundige Ampie Coetzee en skrywers Jan Rabie, André P Brink en Alba Bouwer buite die hof.

Daar is een ding wat pres Jacob Zuma en die ANC dalk nie begryp nie: Muilband jy die groot jakkals, byt die klein jakkalsies jou aan die hakskene.
(...)

Baie van [die groep skrywers van Onrusrivier] was deel van die Sestigers, maar hierdie groep en hul vriende in die Noorde het tot baie jare ná die 1960’s daarin geslaag om die greep van Kerk en Staat op die Afrikaanse samelewing gedeeltelik te breek en die pad voor te berei vir die nuwe bedeling van die 1990’s.

Dat die regering bedreig gevoel het deur die feit dat daar nuwe strominge is wat sy “geduldige, gedienstige en gedwee” navolgers kon beïnvloed, het geblyk uit die ywer waarmee die Veiligheidspolisie toegeslaan het, asook al die pogings om hulle die swye op te lê.

So is daar op ’n keer beslag gelê op André Brink se twee tikmasjiene, en bokse vol van sy dokumente, manuskripte en aantekeninge is weggedra. Hierna het hy soos in die Rusland van destyds altyd gesorg dat afskrifte van die manuskrip waaraan hy werk, deur vriende weggesteek word.
(...)

Verskeie pogings tot sensuur is deur die regering aangewend, soos onder meer die Wet op Publikasies en Vermaaklikhede in die vroeë 1960’s, wat later gevolg is deur die Wet op Publikasies van 1974.

Verskeie boeke, waaronder Brink se Kennis van die aand en Leroux se Magersfontein, o Magersfontein!, is verbied.

Kennis van die aand was die eerste boek waarin Brink teen apartheid geskryf het en die Veiligheidspolisie het daarna met mening toegeslaan. Buitelandse koerante het tot in Japan daarvan kennis geneem en selfs die tydskrifte Time en Newsweek het berigte gepubliseer, terwyl die BBC ook daarop gefokus het. Telkemale is die Suid-Afrikaanse apartheidsbeleid natuurlik ook geopper.

Kennis was Brink voortdurend in die nuus met uitsprake in die buiteland en briewe aan buitelandse koerante.

So antwoord hy op 27 Oktober 1975 in ’n brief aan The New York Times op ’n stelling van mnr Pik Botha, toe ambassadeur by die VN, dat daar nie iets soos apartheid bestaan nie. Daarin gee hy te kenne dat Botha lieg.

Boonop het sowat 20 buitelandse uitgewers die regte op Brink se boeke gekoop en het hy die Afrikaanse skrywer geword met die meeste vertalings oor die wêreld heen.

Dit was egter Elsa Joubert se boek Die Swerfjare van Poppie Nongena wat veral groot kopskuiwe veroorsaak het. Dit het eweneens in die buiteland opslae gemaak en gelei tot vertalings in verskeie tale, asook vir ’n toneelverwerking op Broadway en in Londen, waar dit die Olivier-prys gewen het.

Joubert is dikwels gevra om op te tree, ook in Londen en in onderhoude met onder meer die BBC.

Plaaslik het Poppie ongekende belangstelling ontlok en was die toneelverwerking deur Sandra Kotzé ’n wegholsukses. Dit is oral op die Vrystaatse platteland opgevoer en mense het by die honderde daarna gaan kyk. In Pretoria is dit met Nomsa Nene in die hoofrol opgevoer en toe “Nkosi sikelel’ iAfrika” aan die einde gesing is, het die Afrikaanse gehoor soos een man opgestaan. Vir baie was dit die eerste keer dat hulle ons toekomstige volkslied gehoor het.

Dit was egter Leroux se Sewe dae by die Silbersteins wat die volk en kerk vir die eerste keer soos nooit tevore nie aan die praat gesit het, veral nadat dit met die Hertzog-prys bekroon is. Dit het tot ’n heftige polemiek gelei terwyl teoloë en letterkundiges mekaar die kop gewas het.
(...)

Die groot grap van die hele Silbersteins-debakel is dat wyle dr HF Verwoerd die Hertzog-prys moes oorhandig, maar dié aand laat weet het dat hy weens “werkdrukte” ongelukkig laat sou wees. Intussen het hy egter net om die hoek in sy motor gesit en wag totdat hy per radio laat weet is dat Leroux sy prys gekry het. Hy wou nie met Leroux vereenselwig word nie!

Dit was egter die verskyning van Leroux se Magersfontein, o Magersfontein! wat uiteindelik die hele sensuur ’n nekslag toegedien het.

Ondanks goeie resensies en die CNA-prys is dit verbied en selfs ’n hofsaak kon die verbod nie opgehef kry nie. Toe Leroux ondanks die verbod op Magersfontein die Hertzog-prys kry, was sensuur se doppie geklink en die skrif vir die NP-regering reeds aan die muur!

Tog was dit nie net boeke wat ’n kentering gebring het nie. Baie ander skrywers het deur briewe aan koerante, in petisies, briewe aan mekaar en openbare uitsprake hul deel gebring.

So het Jan Rabie, wat in die 1950’s al ongemaklike vrae begin vra het oor veral bruin mense, in Julie 1975 begin betoog dat bruin skrywers lid van die Akademie moet word. Hy het SV Petersen, Richard van der Ross en Adam Small voorgestel. Hierin is hy gesteun deur Joubert en Leroux.

Ander wat ook ’n groot bydrae tot verskeie paradigmaskuiwe gemaak het, is Chris Barnard, Bartho Smit, prof AP Grové en verskeie ander skrywers en literatore. Ook kan die bydrae van Coenie Slabber, destydse kulturele redakteur van Rapport, nie onderskat word nie.
(...)

In sy outobiografie, ’n Vurk in die pad, skryf Brink ná ’n uiteensetting van die situasie onder ’n ANC-regering: “Dit mag lyk of daar min is wat ’n skrywer – ’n blote skrywer – teen al die gemors en boosheid kan uitrig. En tog het skrywers in die verlede al die deurslag gegee.”

Bronne: JC Kannemeyer se biografieë, Elsa Joubert se Reisiger en André P Brink se ’n Vurk in die pad.

  • Cas van Rensburg is ’n skrywer en vryskutjoernalis van Onrus.