Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Skole | Schools > Artikels

Gekraakte spieël


Terence Makapan - 2010-10-19

Ek was weer bevoorreg om leerders se bydraes tot die Kaapstadse Afrikaanse Eisteddfod se afdeling vir letterkunde te beoordeel. Die sameroeper was Dirk Binneman. Hier is dan die werk wat hoogste lof verwerf het. Sameroepers van elders kan gerus ook hulle belowendste inskrywings na dbbotha@mweb.co.za stuur.

– Danie Botha

Terence Makapan
(Graad 11)

Gekraakte spieël

Spieëltjie, spieëltjie
aan die wand,
wie is dié
aan die weerskant?
Hy’t swart hare, bruin oë
net soos ek,
groot neus, groot mond
maar dit is nie ek nie

Spieëltjie, spieëltjie
aan die wand,
wys my tog
waar’s die verband
want hy is nie ek
en ek is nie hy
want hy is ’n hy
en ek is ’n sy

Spieëltjie, spieëltjie
aan die wand,
gee my tog
die nodige verstand
want ek moet weet
wat ek is
sodat ek nie sal vergeet
wie ek is nie