Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Skole | Schools > Artikels

facebook-profiel


Ronnie Elliott - 2010-10-19

Ek was weer bevoorreg om leerders se bydraes tot die Kaapstadse Afrikaanse Eisteddfod se afdeling vir letterkunde te beoordeel. Die sameroeper was Dirk Binneman. Hier is dan die werk wat hoogste lof verwerf het. Sameroepers van elders kan gerus ook hulle belowendste inskrywings na dbbotha@mweb.co.za stuur.

– Danie Botha

Ronnie Elliott
(Graad 12)

facebook-profiel

ouderdom sestien
geslag manlik
ras wit nie Europees nie
taal Afrikaans soms wens ek Engels
lengte een komma agt iets
gewig tussen sewentig en vyf-en-sewentig
belangstellings myself
irritasies mense wat nie kan spel nie of wat in die algemeen taalgestremd is
wat laat jou lag wit mense wat bang is vir zuma asook syfergestremdheid
wat laat jou huil deeltekens op verkeerde plekke
wat stimuleer jou volpunte vir wiskunde of rekeningkunde
beste eienskappe ek is ongeskik en bevooroordeeld
swakste eienskappe ek’s nie fisies sterk nie so ek kan nie baie hard met ’n vuis slaan nie
wie is jou gunsteling-superhelde breytenman loftusman ingridwoman
iets waarsonder jy nie kan klaarkom nie my bril
stokperdjies jaloesie teenoor mense met lewens
drome en ambisies vra my as ek dit bereik het
hoekom is jy op aarde ah so dís waar ek is
hoekom dig jy ek kan nie teken nie
som jouself op in vier woorde gee my ’n HAT