Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > Nuusbrief: Vrye Woord

Die ANC se aanslag op skrif – 12/10/2010: Media REEDS onder ANC-beheer


2010-10-13

Media REEDS onder ANC-beheer

Vrye Woord het voorheen berig hoe die ANC reeds beheer oor die media, uitgewerye en die beskikbaarheid van inligting oorneem. Die media word orals toegang geweier, soos by die grootste deel van die afgelope NAR-vergadering in Durban. Nog twee voorbeelde is die belaglike weerhouding van ’n vrylik beskikbare dokument van selfs parlementslede (insetsel hier onder) en die afdwing van inligting oor ras selfs op die media.

Etienne van Heerden moes as hoofredakteur van LitNet pas agterkom dat ’n vraag oor die ras van die ontvanger steeds op die LitNet-betaalvorm voorkom. Hy verduidelik soos volg: “24.com hanteer LitNet se boeke en daardie vorm, waarteen ek dit ook het, is vorms wat hulle (24.com, wat Naspers se Internetarm is) weens BEE-vereistes wat wetgewing aan daardie maatskappy stel, moet laat invul. So is aan ons verduidelik toe ons gekla het daaroor. Omdat ons by LitNet ook nie gerieflik is met die vorm nie, het ek dus al gevra dat daardie vraag geskrap moet word." Intussen het hy weer werk daarvan gemaak en die vraag is van hulle interne vorm geskrap.

Neville Alexander het hom in Augustus in die einste LitNet sterk teen die praktyk uitgespreek:

Dit is onaanvaarbaar, en eintlik strook dit nie met die Grondwet nie, dat enige Suid- Afrikaner na apartheid meen hy of sy kan sonder meer aanhou om rasgebaseerde kategorieë te bevorder en te bepleit asof dit een of ander onskadelike speletjie is. Dit is verbouererend en vernederend om weer eens met amptelike vorms gekonfronteer te word waar ’n mens sy of haar “ras” moet invul. Ons wat gedurende die apartheidtydvak teen hierdie praktyk geveg het, weier beslis om dit vandag te doen. Die gebruik van die “kortpad” van “ras” is onnodig om die legitieme bestemming van regstellende aksie te bereik.

Charl-Pierre Naudé voel ook sterk oor die saak:

Ek het al op LitNet in die meningsvormers se rol oor die beoogde mediawetgewing gesê dat dit is hier, en vroeër, waar die regering se flagrante houdings vandaan kom. Hierdie is 'n wet wat die Grondwet oortree. Dit stel burgers in die benarde posisie om te kies tussen wet en Grondwet. 

Vul dit in/laat dit uit met UITERSTE MINAGTING. Dis al wat daardie vraag verdien. Onthou, die Grondwet VEREIS ook van ons, nie slegs wette nie. Hierdie vorms is apartheid. Dis sieklik en waansinnig. Ek kan nie verstaan waarom korporasiebase (...) nie hieroor kapsie maak nie. Hulle laat ons in die steek!! Die enigste gevolgtrekking wat ek kan maak. is dat hulle monde vol Zuma-braaivleis is.

 

A new paranoia setting in under Zuma? - Maynier

David Maynier, Politicsweb
11 October 2010

The Democratic Alliance (DA) believes that Minister of State Security Siyabonga Cwele's decision to refuse a promotion of access to information (PIA) request for a document on "information peddling", which he presented at an open meeting in Parliament with the media present, is bizarre. This refusal to hand over the information peddling document reflects a "new paranoia" which is spreading like an oil slick in government under President Jacob Zuma.

Earlier this year the Minister, together with a senior member of the State Security Agency, briefed members of the Ad hoc Committee on the Protection of Information Bill on the impact of "information peddling", using a PowerPoint presentation, as part of his briefing on the new Protection of Information Bill. The meeting was an open meeting and members of the media were present during the Minister's presentation.

However, after the meeting the Minister surprisingly refused to make hard copies of the PowerPoint presentation available to committee members because the document was "classified". Ironically, the contents of the information peddling briefing were reported in the media and a detailed minute of the meeting was published on the Parliamentary Monitoring Group's website.

To refuse access to the PowerPoint presentation on "information peddling", which was presented at an open parliamentary committee meeting, at which the media were present, is bizarre.

Statement issued by David Maynier, MP, Democratic Alliance shadow minister of defence and military veterans, October 11, 2010.

 

CM

Terug na die nuusbrief-inhoudsopgawe | Back to newsletter index