Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > NB-Uitgewersportaal | NB Publishers Foyer

Nuut by NB-Uitgewers


2010-10-06

Nuut by NB-Uitgewers dié Oktober:

Spoor, Finish & Klaar: Selebi’s Fall from INTERPOL to the Underworld , Kan ek maar aan jou selluliet vat: Hoe mans se koppe werk (indien wel) , Pérsomi: Kind van die Brakrant, Sandra se seepresente en Pharos Afrikaans-Engels / English-Afrikaans Woordeboek • Dictionary

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Uitgewer:

Human & Rousseau
ISBN:
9780798152501
Prys: R215


Spoor
Deon Meyer

Lemmer, Mat Joubert en ekshuisvrou en nuutste geheimediens-agent Milla Strachan bevind hulle midde-in raaiselagtige gebeure. Mat, deesdae privaatsektor-misdaadbestryder, moet ’n raaiselagtige verdwyning oplos – voordat die geld opdroog – en Milla moet kies tussen hartsake en trou aan die vaderland. Drie verhale in een, vermaak uit die boonste rakke deur Suid-Afrika se spanningsverhaalkoning.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Spoor nou van Kalahari.net!


Uitgewer:

Tafelberg
ISBN:
9780624049395
Prys:R180


Finish & Klaar: Selebi’s Fall from INTERPOL to the Underworld
Adriaan Basson

Na die moord op mynbaas Brett Kebble in 2005 het van Suid-Afrika se donkerste geheime op die lappe gekom – insluitend dié van Jackie Selebi. Dié Suid-Afrikaanse polisiehoof en president van Interpol het hegte bande gehad met die misdadigers wat hy veronderstel was om aan te keer. Adriaan Basson ondersoek hoe so iets kon gebeur het en wat dit beteken vir die oppergesag van die reg in Suid-Afrika.

In this gripping account of Selebi’s rise and fall, investigative journalist Adriaan Basson probes the path that led to Selebi’s downfall. He answers key questions: How was Selebi, trusted by 50 million people to protect them from criminals, corrupted? And what is the bigger meaning of the Selebi saga for South Africa’s democratic state?

Klik hier en koop jou eksemplaar van Finish & Klaar: Selebi’s Fall from INTERPOL to the Underworld nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624048398
Prys: R185



Kan ek maar aan jou selluliet vat: Hoe mans se koppe werk (indien wel)
André le Roux

Hoekom lag ons so? Huil ons so? Hoekom trou ons so? Skei ons so? Gewilde rubriekskrywer André le Roux keer 45 mites oor die liefde op hul kop. Die nuutste teorieë oor verskille tussen die geslagte en neurologiese ontdekkings word vir gewone lesers met die skrywer se kenmerkende aweregse humor aangebied.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Kan ek maar aan jou selluliet vat: Hoe mans se koppe werk (indien wel) nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624049340
Prys: R190


Pérsomi: Kind van die Brakrant
Irma Joubert

Bywonerskind Pérsomi is verskriklik slim. Dit, vind sy heelwat later uit, kom van haar biologiese pa – ’n skimfiguur wat skynbaar soms tóg sorg. Pérsomi belig maatskaplike probleme soos die armblankevraagstuk, asook die stormagtige politiek van die 1940’s en 1950’s. Uiteenlopende strome wat eindelik saamvloei tot één rivier wat die leser sal meesleur …

Klik hier en koop Pérsomi: Kind van die Brakrant nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624048459
Prys:R95


Sandra se seepresente
Marion Drew & Vian Oelofsen (illustreerder)

Sandra is op pad terug Johannesburg toe ná haar vakansie in die Kaap. Sy het presente vir haar niggie en nefie: ’n seekat, wat sy in haar mond hou, en ’n seevoël in haar sak! In Afrikaans vertaal deur Kobus Geldenhuys. Ook in Engels beskikbaar as Nici’s Pocket Presents.

Klik hier en koop Sandra se seepresente nou by Kalahari.net!


Uitgewer:
Pharos
ISBN:
9781868901104
Prys: R525


Pharos Afrikaans-Engels / English-Afrikaans Woordeboek • Dictionary

In die woordeboek se ongeveer 5 000 kolomme word vertalings vir meer as 200 000 trefwoorde en meer as 120 000 frases en uitdrukkings gegee. Nagenoeg die helfte hiervan is van Engels in Afrikaans en die ander helfte van Afrikaans in Engels. ’n Gesaghebbende en onontbeerlike naslaanbron vir skrywers, redakteurs, vertalers, tolke, onderwysers, studente en sakelui. Kortom almal wat doeltreffend wil kommunikeer en hulself mondeling en skriftelik idiomaties korrek wil uitdruk.

Klik hier en koop Pharos Afrikaans-Engels / English-Afrikaans Woordeboek • Dictionary nou van Kalahari.net!