Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Skryfsake | Writing matters > Kennisgewings | Notices

MA in Kreatiewe Skryfwerk UK, 2011


2010-10-04

Voornemende digters mag nou aansoek doen vir ‘n MA in Kreatiewe Skryfwerk onder Joan Hambidge.

Daar is weeklikse klasse (verpligtend) waarin ‘n oorspronklike portefeulje ontwikkel word.

Stuur jou aansoek met 10 gedigte in één Word-dokument aan joan.hambidge@uct.ac.za op 30 Oktober 2010.

Studente wat hierdie kursus suksesvol voltooi het, is onder andere, Martina Klopper (Nadoodse ondersoek), Carina Stander wat reeds twee bundels gepubliseer het en skrywers soos Fourie Botha en Lou-Anne Stone wat in Nuwe Stemme 4 gedebuteer het. Gedigte van Karen Kuhn verskyn in die Versindaba se bundel.

Dit is ‘n kursus vir Afrikaanse digters en jy moet in die Kaap woonagtig wees.

Stuur jou aansoek nie voor of later as 30 Oktober nie.