Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Spens

LitNet-spens: Die draaijakkalse


Nico Luwes - 2010-09-21

Naam van skrywer

Nico Luwes

 

Naam van teks

Die draaijakkalse

 

Subgenre

Komedie

 

Aantal spelers

2


Vorige opvoerings

Open by Aardklop 2010

 

Naam van kopiereghouer

Nico Luwes of Dalro

 

Kort opsomming indien beskikbaar

Die klug, Die draaijakkalse is weer vol vlymskerp kinkels en dartelende woordspeletjies soos die twee karakters mekaar probeer uitoorlê. Skoon vet pret vir almal.  Dis die Currybeker eindstryd! Die rugbyfanatikus, Chappies wil gaan kyk en sy meisie, Minette, wil saam! Hy wil alleen gaan want hy het ’n broek vol planne! Hoe meer beslis sy raak om saam te gaan, hoe skerper raak sy jakkalsdraaie. Sy weier dan dat hy weer saamgaan na ’n balletuitvoering toe, want hy het die ballerinas en ballepiete gecheer – so sy kan bly! En sy maak sy naam gat omdat sy nie die rugby reëls ken nie. Die bekgeveg raak al hoe erger as Cloudette, wat by die vorige game geflash het, en Chappies se rugbypel, Wiele, se  kapperjolle ook ingesleep word. Die groot vraag is wie kierang vir wie? In die heerlike klug glip die twee soos vetgesmeerde draaijakkalse deur die aksie en word  die gehoor behoorlik saamgesleep deur die kinkels in die kabel. Sleep jou rugbyman saam!  Wie weet? Dalk verstaan Adam en Eva hoe mekaar se stout koppe werk!

 

Persoon/instelling wat gekontak moet word ivm opvoerregte

Nico Luwes luwes@ufs.ac.za of Dalro

 

>> Klik hier om die teks in PDF-formaat af te laai >>

<< Klik hier om terug te gaan na die LitNet-spens <<