Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Nuut by LAPA Uitgewers


2010-09-14


Nuut by LAPA Uitgewers
dié September:

rooirose Versamelresepte vir elke seisoen, 120 Sommerstories, Anderkant die môrester, Liefde is …, My heel mooiste sprokies.

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Kategorie: Kookkuns
Formaat:
210 x 280mm; Sagteband
ISBN:
9780799346701
Prys:
R 175



Klik en koop

rooirose Versamelresepte vir elke seisoen
Skrywer:
Vickie de Beer

rooirose versamelresepte
deur Vickie de Beer is ’n versameling van die gewildste resepte van die rubriek “Versamelresepte uit rooi rose”. Hierdie besonderse kookboek is pas uitgegee deur LAPA Uitgewers.

rooirose Versamelresepte vir elke seisoen is vir diegene wat daarvan hou om eerlike kos met ’n moderne aanslag te maak - lekker kos wat met die eerste proeslag herinneringe oproep van smake van toeka se dae, maar ook nuut en vars is met hedendaagse bestanddele. Resepte wissel van flatervrye staatmakers soos geroosterde knoffel-en-suurlemoenhoender, ingelegde vrugte in stroop, waterblommetjiebredie en paella tot nuwe kombinasies en smake soos biltong, ingemaakte vye en roketslaai en Marokkaanse lamskenkels.

Elke hoofstuk bevat resepte wat gepas is vir die seisoen, maar jou toelaat om te besluit waarvoor jy lus het. Dié boek gaan bedrywige kokke weer laat uitsien daarna om die kombuiskaste in te vaar en gaan elke dag se kookervaring weer in ’n genieting omskep. Met resepte wat oor en oor die toets van die tyd deurstaan het, gekombineer met vars, nuwe idees, bied dit ’n uitkoms vir elke ma en besige kok.

Vickie de Beer is bekend vir haar besonderse manier om staatmaker-resepte te moderniseer en vir vandag se eise aan te pas. Haar kosrubrieke in rooi rose is sinoniem met gesonde, heilsame en eerlike kos.

rooirose Versamresepte is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Vir meer inligting, kontak LAPA by 012 401 0700 of www.lapa.co.za.


Kategorie:
Fiksie
Formaat: Sagteband; 152 x 222mm
ISBN: 9780799347432
Prys:
R160

Klik en koop


120 Sommerstories
Skrywer:
PG du Plessis


’n Heruitgawe in een band van die gewilde verhale deur een van Afrikaans se meestervertellers, PG du Plessis: Koöperasiestories, Hier sit die manne en Tussen die riewe. Die humor is outentiek en vindingryk, maar altyd met deernis.
         
Lesers sal hulle verlustig in die ervaringe van Genis, Jellie en Fred en al die ander – dis amper soos om by familie te gaan kuier!

PG du Plessis is tegelyk filosoof en storiemaker. Daar’s wysheid in hierdie vertellings ... baie van dié stories behoort tot die beste van sy korter prosa. PH Roodt

120 Sommerstories is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Vir meer inligting, kontak LAPA by 012 401 0700 of www.lapa.co.za.


Kategorie:
Liefdesroman
Formaat:Sagteband; 129 x 198mm
BLADSYE : 240
Prys:
R145
ISBN:
9780799347173

Klik en koop

Anderkant die môrester
Skrywer: Anna Penzhorn

Bronwyn Charalambous vermoed Gideon Neethling is nie ’n gewone vakansieganger op Mgowenibaai nie, maar ’n man met ’n verskuilde agenda. Sy vermy hom sover moontlik. Maar dan verander sy diep, donker geheim – dat hulle as babas in die kraaminrigting omgeruil is – haar lewe onomkeerbaar. Hy wis haar verlede uit, gooi haar hede omver en laat haar toekomsloos. Terselfdertyd is hy al een wat haar dilemma verstaan. Midde-in hierdie onstuimigheid rafel haar verhouding met die plaaslike dokter uit en moet sy haar verweer teen haar beste vriendin se man wat haar seksueel molesteer.

Sy moet daarteen stry om nie ’n slagoffer te word nie en wil die horlosie terugdraai sodat sy weer kan wees wie sy was, Gideon wie hy was. Durf sy Gideon se sending na Mgowenibaai in die wind slaan? Kan sy Willa Neethling, die vrou wat vir alles verantwoordelik is, vergewe? En hoe gaan haar pa, die mens naaste aan haar, op ’n tyding reageer wat hom ten nouste raak?

Anderkant die môrester is die verhaal van ’n meisie wat leer om die onmoontlike te aanvaar, asook ander mense mét hulle swakhede. Sy leer dat om te vergewe en om lief te hê, die sleutel tot geluk is.

Anna Penzhorn woon op Modimole in die Bosveld. Wanneer sy nie lees of skryf nie, luister sy na klassieke musiek en deel haar kennis met beginnerskrywers. Sy het al verskeie skryfskole aangebied. Deur die jare het sy haar hand aan verskillende genres gewaag, onder meer artikels, kortverhale en sketse in Landbouweekblad, Sarie en Finesse.

Anderkant die môrester is haar ses-en-dertigste boek.

Anderkant die môrester is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.


Kategorie:
Jeug Fiksie
Formaat: Sagteband; 137 x 212mm
Bladsye: 112
ISBN: 9780799346961 Prys: R80




Klik en koop


Liefde is …
Skrywer: Nerine Ahlers en Alet Steenkamp

Moet ’n meisie op 17 ’n ou hê? Dit is die vraag waaroor Karli moet kopkrap vir die komende debatkompetisie.

Maar in werklikheid is die debat op die oomblik die minste van haar bekommernisse. Daar is soveel ander vrae waarmee sy worstel ...

Wat op aarde gaan tussen haar ma en pa aan? Hoekom is haar pa weg, sommer so, sonder om te verduidelik wat aangaan? Waarom is sy en haar ma deesdae soos twee vreemdelinge vir mekaar?

En dan is die Valentynsbal ook nog om die draai. Moet sy maar saam met Juan gaan, al irriteer hy haar die meeste van die tyd? Of moet sy ’n kans waag met Stefan, die aantreklike donkerkop met die bruin oë, wat probeer om haar seerkry met pers blommetjies minder te maak?

Die skrywers
Nerine woon in Pretoria saam met haar man en twee dogters. Sy skryf ook sketse, kortverhale en radiodramas. Sy is mal oor lees, skryf en vertaalwerk, en stap en hou graag vakansie by die see en in die wildtuin saam met haar gesin.

Alet woon in Pretoria saam met haar man Nic, haar seuntjie Adriaan en haar tienerdogter, Christine. Sy is mal oor donker sjokolade, tienerboeke lees, skryf en rock- en alternatiewe Afrikaanse musiek.

Alet en Nerine het begin saamskryf toe hulle besef het dat daar nie genoeg lekker tienermeisieboeke op die mark is nie. Hulle skryf die tienerboeke altyd saam. Dit is vir hulle ongelooflik opwindend om so saam te skryf. Op hierdie manier druk hulle mekaar verder as wat hulle dit as individue sou waag. Dit veroorsaak dat die karakters en situasies by enige persoonlike ervarings verbygroei.

Hulle is ook die skrywers van ’n gewilde reeks vir tienermeisies wat insluit Selfone, skelms en sjokolade; Sms’e, skurke en spinnekoppe; Sepiesterre, sokkies en skobbejakke; Seesand, sonbrille en smokkelaars en Spoke, speurders en straatkafees.

Liefde is … is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.


Kategorie:
Kleuter Fiksie
Ouderdoms-groep: 3+
Formaat:Hardeband; 245 x 300 mm
Bladsye:16
Prys: R80
ISBN: 9780799346909


Klik en koop

My heel mooiste sprokies
Skrywer: Nicola Baxter
Vertaal deur: Jaco Jacobs


Agt van die mees geliefde sprokies word in woorde en prente vertel. Die stories is perfek om met kleuters en peuters te deel, en hulle sal dol wees daaroor om self die stories te vertel.

Die stories is: Die prinses en die ertjie; Hansie en Grietjie; Die twaalf dansende prinsesse; Raponsie; Die sneeukoningin; Die lelike eendjie; Repelsteeltjie; en Skoonlief en die Ondier.

 Die reeks

  1. My heel mooiste sprokies
  2. My eerste sprokies

My heel mooiste sprokies is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.