Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Skryfsake | Writing matters > Afrikaans

Skryfskool deur Harry Kalmer


2010-09-09

Die dramaturg en skrywer Harry Kalmer bied op Saterdag 9 Oktober en 16 Oktober 'n skryfwerkswinkel aan by “Zietsies” gastehuis in Auckland Park Johannesburg.
“Ek kan nie waarborg dat ek binne twee Saterdae van jou 'n Dana Snyman of 'n Marita van der Vyver sal maak nie, maar ek kan jou 'n paar dinge wys wat skryf makliker gaan maak en jou gaan help om jou storie beter te kan vertel,” sê Harry.

Harry is die bekroonde skrywer van 7 boeke, 22 opgevoerde dramas en meer as 150 uur se uitsaaitelevisie.

Die kursus kos R1 750.00 en strek oor altwee Saterdae en sluit  ligte middagetes in. Die hoeveelheid deelnemers word tot twaalf beperk.

Navrae en aansoeke kan gerig word aan: harry@kalmer.co.za