Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > NB-Uitgewersportaal | NB Publishers Foyer

Nuut by NB-Uitgewers


2010-09-01

Nuut by NB-Uitgewers dié Junie:

Brouhaha, Radical middle: confessions of an accidental revolutionary, Tydbom: ’n Polisieman se ware verhaal , Net Sisi , Samoe(r)sa reis en ’n Vrou gaan dokter toe

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Uitgewer:

Tafelberg
ISBN:
9780624049043
Prys: R195


Brouhaha
Eben Venter

Eben Venter se rubriek is verreweg die gewildste in die Saterdag-BY. Geniet dié keur uit sy allerbeste Stoney-stories, ’n hand vol onverbeterlike resepte met sy verstommende Brouhaha-vertellings as bonus. Nou in boekvorm beskikbaar op aandrang van die leserspubliek.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Brouhaha nou van Kalahari.net!


Uitgewer:

Tafelberg
ISBN:
9780624049128
Prys:R180


Radical middle: confessions of an accidental revolutionary
Denis Beckett

In a time when South Africa nearly went up in flames, Denis Beckett went from a starry-eyed young journalist to an editor fighting to keep the outspoken independent magazine Frontline afloat. His humorous, self-deprecating sketches of altercations with media bosses, activists, Nationalist politicians and ordinary South Africans serve as a reminder “lest we forget”.

Radical Middle is Denis Beckett se memoir oor sy tyd as aktivis en redakteur van Frontline in die tagtigerjare. Leesbaar en humoristies, en propvol anekdotes oor bekende Suid-Afrikaners.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Radical middle: confessions of an accidental revolutionary nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624048480
Prys: R180



Tydbom: ’n Polisieman se ware verhaal
Johan Marais

Johan Marais word polisieman op 16 – ’n koers wat hom afstuur op ’n lewe vol geweld en lyke in beide die polisie en die weermag. As deel van die Oos-Randse Onluste-eenheid is hy ooggetuie van halssnoermoorde, faksiegeweld en polisiebrutaliteit. Marais het dié boek geskryf om sy duiwels te besweer. ’n Eerlike, reguit vertelling vol rou menslikheid.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Tydbom: ’n Polisieman se ware verhaal nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798152198
Prys: R130


Net Sisi
Wendy Hartmann en Joan Rankin (illustreerder)

Sal Sisi veilig by die huis kom met haar kleipot? Gaan haar prentjies wat sy teen die muur verf, haar ouma laat lag? En hoeveel mis haar vriende haar? Ontmoet vir Sisi in hierdie versameling stories en rym, vol warmte, liefde en vriendskap. ’n Versameling van vyf stories oor Sisi, haar familie en vriende.

Klik hier en koop Net Sisi nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798152402
Prys:R160


Samoe(r)sa reis
C Johan Bakkes

Johan Bakkes kies altyd maar die smalle weë, dáár waar min ander dit nog gewaag het. Soos die berg Stok Kangri in Indië, al 6 200 meter daarvan. Ander stories speel veel nader aan die huis af, en hy gee veral aandag aan die “Boksombende” wat al sy wedervaringe saam met hom meegemaak het.

Klik hier en koop Samoe(r)sa reis nou by Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624048947
Prys: R199,95


’n Vrou gaan dokter toe
Ray Kluun

Steyn en Carmen het alles: hulle is ryk, mooi, vervuld. Dan kry Carmen kanker. Sy probeer optimisties bly, maar Steyn ontvlug deur affairs en partytjies. Tot die finale eise van die lewe en die liefde hom inhaal. ’n Vrou gaan dokter toe is ’n mokerhou. Rou, omstrede, maar ook eg ontroerend.

Klik hier en koop ’n Vrou gaan dokter toe nou van Kalahari.net!