Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books

Nuut by LAPA Uitgewers


2010-08-11


Nuut by LAPA Uitgewers
dié Augustus:

Die geval van die sadistiese swembad, Madelief, Moenie!, Gids tot goeie seks, Ek en Bella, Naaldwerk-Inspirasies.

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Kategorie: Fiksie
Formaat:
129 x 198 mm; Sagteband
ISBN:
9780799346800
Prys:
R130



Klik en koop

Die geval van die sadistiese swembad
Skrywer:
Paul C Venter


Nuwe speurverhaal deur die gewilde Paul C Venter

Ontmoet Paul C Venter se nuwe, oorspronklike helde van die Afrikaanse speurverhaal: oud-Skerpioene Pienaar en Kotze, wat nie sommer net so uitgefaseer wou word nie, en nou op hul eie (saam met die besonder weird Jerry Witnees en Roffie Rothman) die goeie fight voortsit om die gierige varke van ons wye en droewe land uiters senuweeagtig te hou.

Die geval van die sadistiese swembad is die eerste in ’n reeks met die twee eksentrieke maar dodelik effektiewe speurders, Flip Pienaar en Connie Kotze. Daar word gereeld ’n liggaam in die Honeydew Hacienda-meenthuiskompleks aangetref waar die tweeling Johannes en Ester Smuts woon. Laasgenoemde tieners begin flink speurwerk doen, maar die situasie is groter as hulle oorskatte vermoëns, en uiteindelik is dit Flip en Connie wat agter die kap van die byl moet kom.

’n Uiters vermaaklike en boeiende verhaal gevul met ’n bont versameling karakters. Uniek in Afrikaans!

Die skrywer
Paul C Venter is die bekende skrywer van talle gewilde televisiereekse, onder andere Arende, Konings en Torings. Sy onlangse boeke is Die rebellie van Sloet Steenkamp en In die mond van die wolf.


Die geval van die sadistiese swembad is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars sowel as LAPA Uitgewers. Vir meer inligting, kontak LAPA by 012 401 0700 of www.lapa.co.za.


Kategorie:
Kleuterfiksie
Ouderdomsgroep: 3+
Formaat: Sagteband; 210 x 280 mm
Illustrasies: Volkleurillustrasies
ISBN: 9780799346817
Prys:
R70

Klik en koop


Madelief, Moenie!
Skrywer:
Jaco Jacobs
Illustreerder:
Sebastien Quevauvilliers

Jy dink dalk prinsesse
is vriendelik en soet,
maar wag tot jy
hierdie prinsessie ontmoet.

Madelief is anders as ander prinsesse.
Sy dra nie graag rokke nie ...
sy het vreemde troeteldiere ...
sy hou nie van bad nie ...
en sy spring op haar bed!

Op ’n dag besluit die paleispersoneel om by die koning te gaan kla ...

’n Prettige prenteboek wat klein prinse en prinsesse sal laat skater van lekkerkry.

Die Skrywer
Jaco Jacobs woon in Bloemfontein en meer as 50 kinder- en jeugboeke het reeds uit sy pen verskyn. Hy is nege keer met die ATKV-kinderboektoekenning bekroon. Verdere toekennings sluit in die Alba Bouwer-prys en die CP Hoogenhout-medalje vir sy bundel rympies Wurms met tamatiesous,asook die Elsabe Steenberg-prys en die SATI-prys vir sy vertaling van Willemien en die geel kat.

Die Illustreerder
Sebastien Quevauvilliers woon in Durban en is ’n grafiese kunstenaar by ’n maatskappy wat skryfbehoeftes ontwerp. Madelief, moenie! is die eerste kinderboek wat hy illustreer.

Madelief, Moenie! is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za

Kategorie: Niefiksie
Formaat:Sagteband; 136 x 107 mm
BLADSYE : 240
Prys:
R 110
ISBN:
9780799346671

Klik en koop

Gids tot goeie seks
Skrywer: Anne Hooper

Stimulering van die gees en die liggaam om seksuele energie vry te stel

Anne Hooper, bekende seksterapeut en verhoudingsberader, onthul seksuele geheime en intieme erotiese tegnieke wat maksimum seksuele genot verseker:

  • Uitlokkende oefeninge om orgasmiese plesier te verhoog en te verleng
  • Sensuele masseer- en streeltegnieke om seksuele energievlakke te herstel en te verhoog
  • ’n Prikkelende reeks posisies vir verhoogde seksuele intimiteit
  • Sensuele meditasies

Gids tot goeie seks is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

 

Kategorie: Fiksie
Formaat: Sagteband; 129 x 198 mm
Bladsye: 312
ISBN: 9780799346602 Prys: R150




Klik en koop


Ek en Bella
Oorspronklike titel: Iggy & Me (HarperCollins Children’s Books, 2009)
Skrywer: Jenny Valentine
Illustrasies: Joe Berger 
Vertaal deur: Lydia du Plessis

Nina het ’n kleinsussie. Haar naam is Tia. Maar op ’n dag besluit Tia dat sy moeg is vir haar naam – van nou af moet almal haar Bella noem.

Met Bella in die omtrek is daar nie ’n vervelige oomblik in sig nie – selfs doodgewone dinge soos ’n ou tas en ’n nuwe kinderoppasser word ’n wilde, lawwe avontuur. Beleef saam met Nina die pret en opwinding van ’n nuuskierige, aweregse en skreeusnaakse kleinsussie!

Ek en Bella is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.


Kategorie:
Niefiksie
Formaat:Sagteband; 280 x 210 mm
Bladsye:128
Prys: R 150
ISBN: 9780799346794


Klik en koop

Naaldwerk-Inspirasies
Skrywer: Karen Adendorff en Tootjie Niemand


Naaldwerk-Inspirasies
30 Maklike projekte vir geskenke en die huis

Omskep jou huis in ‘n ontwerperstuiste met maklike en bekostigbare naaldwerkprojekte. Boonop kan elkeen van hierdie projekte ook ‘n unieke en spesiale geskenk wees.

Handgemaak en uniek is die nuwe modeneiging! Met Naaldwerk-inspirasies bied die samestellers vyf maklike en treffende naaldwerkprojekte vir elke vertrek in huis - die kombuis, badkamer, woonkamer, slaapkamer en kinderkamers – en wys hoe hierdie projekte op ‘n treffende manier in die onderskeie vertrekke gekombineer kan word.

Die projekte is maklik genoeg om deur enigiemand aangepak te word, maar is ook genoegsame inspirasie vir die gevorderde handwerker. Al die projekte is ook daarop gemik om baie spesiale geskenke te maak en wissel na gelang van die tyd tot jou beskikking.

Elke projek het ‘n volkleurfoto, ‘n volledige lys van al die benodigdhede, volledige instruksies met die nodige sketse, asook gebruikersvriendelike patrone.

Die volgende projekte is ingesluit:

  • Kombuis: meliorverwarmer, plekmatjies, voorskoot, vatlappies en muursak.
  • Badkamer: badmatjie, handdoeksak, handdoeke, badsakkie en pantoffels.
  • Slaapkamer: kombers, strandsak, strooikussings, muurkwilt en grimeersakkie.
  • Woonkamer: 4 verskillende strooikussingontwerpe en ‘n muurbehangsel.
  • Kinderkamers (vir beide seuntjie en dogtertjies): duvetoortreksels (patrone vir beide), rugsakkie, warmwatersak, pop en ‘n hasie.

Een van die samestellers, Tootjie Niemand, het meer as 40 jaar ondervinding in die naaldwerkbedryf en deel haar ervaring en kortpaaie in hierdie boek.

Die uitgangspunt is dat enige persoon toegerus kan word om met vertroue met materiaal te kan skep, hetsy dit vir jouself, vir jou kinders, vir jou huis of vir iemand spesiaals is.


Reuk van die dood is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook by LAPA Uitgewers. Kontak 012 401 0700 of besoek ons webblad by www.lapa.co.za.