Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Rubrieke | Columns > Albert Maritz: Baba met die badwater...

Die rugbykultuur van die skaap (met apologie aan Gavin Rich)


Albert Maritz - 2010-07-29

We are healthy only to the extent that our ideas are humane. – Kurt Vonnegut Jr

 

Drama van die week klop enigiets wat by enige teater wys ... vertoooooon word. (Ek haat verwysing na Vertooooning vir ’n Produksie of Opvoering!) Maar SA Rugby is in die Kollig! SA Rugby is in die moeilikheid.

Die Karakternaam: In die spervuur staan hy! Gereed om gefusilleer te word: Snorre. Dis hoe mense respekloos na die wêreldkampioen-afrigter verwys. Want hy is ’n klein mannetjie, met ’n allemintige snor.

Die Narretjie: En as hy sy staan kry tussen die twee groot mede-afrigters, wanneer hulle styf teen mekaar staan en die Volkslied sing, is hy piepklein daar in die middel. Nes ’n narretjie, sê mense graag. Respekloos. As hulle na ons wêreldkampioen-afrigter verwys.

Antagonis: Snorre gesels lekker en sê na die beste van sy vermoë dinge wat vermaak. Dit gee kleur aan hom, en aan sy span. Maar Gavin Rykman verstaan nie sulke dinge nie. Hy is sportskrywer. Vir hom is net sport populêr. Daar mag nie lewe wees daarbinne nie. Hy haat klaarblyklik Snorre. Noem hom koning van die mishoop.

Die Koor: Baie skape stem saam met ’n Ryk Man. Skape kan deur die oog van ’n naald, so Ryk Man praat met hulle: "Weg met Verloor-Snorre.” Hulle steel sy sukses: “Sy wenne sover was tog net die nadraai van die vorige (gehate-) kampioen-afrigter, Jake Witskaap.” Die koor is plagiaat van die vorige koor wat gesing het: “Nick Mallett se rekordreeks wenne was in die nadraai van die ander wêreldsampioen, wat nar geword het, die Prins van Vleuels, Carel du Plessis.”

Nuwe teks: ’n Bedankingsnota uit die sirkus uit. Deur Dans sonder Skaap.

Dis twak! SA Rugby is glad nie in die moeilikheid nie. As die manne gras onder hulle voete laat groei, is ons daar om dit vir hulle kort te hou. Noem ons die Springskape. Jammer om ’n vals noot in die koor van Gavin Rykman-dwase te wees. Nee, ons het teen die Wallabies soms baie mooi rugby gespeel. Skaap was sedert laerskool nie vir bal wegskop nie, maar soms hier werp die skoppe ook vrugte af. Springskape eet vrugte. Gee die Koor die woorde: “Hoe Alistair en Rassie se span tot laas jaar die bal nooit ophou skop het nie, ophou skop het nie, ophou skop het nie ...”

Nou moet die Rykskape praat: Toe die Witskaap, Jake, op pad was om alles te verloor, saam met Alistair Coetzee, toe kom daai Beter as die Gewonde Joneses langsaan, Eddie Jones, en red hulle gatte.

Laat Witskaap nou weer oorneem, met dieselfde Alistair en Beter as die Joneses.

Die Boodskap: Wat Joneses weet: rugby is speel, en jy speel teen die geel, swart en alle skape van die wêreld, en die bal is nie rond nie. Jy kan hom nie met die hande byt nie.  Soms sal ’n mishoop die bal snaaks laat hop, ’n droogte of drie, en soms die skeidsregter, rede wees dat jy verloor. Maar nes dit nie altyd reën nie, kan jy nie altyd wen nie.

Elke skaap vir homself: Die Kiwi’s se swartskape-Rykes het reeds ophou rugby bywoon oor hulle span so gereeld verloor. Nee, iemand moet teen hulle verloor, een of ander halm - die spel moet oorleef!

Die laaste liedjie: As jy ’n Spies op die voorvoet loslaat op ’n swartskaap, of ’n geelskaap, skeer hy die gras. Maar met die wind van voor, staan hy op sy stert, en as hy staan (daai Oz-springmuise … kangaroes ... staan mos op hul sterte – nes walvisse), dan staan hy. Asof iemand op sy stert staan. Hy wys net sy vinger, soos ’n spies, vir wie langs hom staan. As die groen Bokke nou wel wil verander aan die span, is die man wat moet gaan, Spiesman.

Die Gordyntrekkers: Witskaap wou nooit iemand in sy span sit wat sy bier vir hom kan aandra nie. Ons geel, en swart, boere sal nie omgee vir ’n slagskaap om sy bier aan te dra nie. Soos Brussow, of Stegman of Luke wat Jake White se bier wil aandra nie. Soos Witskaap se seuns; seuns wat sy bier in die yskas gaan haal! Dis nou kontak met die familie. Spies het kontak gemaak met geelskaap of geelskaap se bal; in die 21ste minuut en weer die 32ste minuut. Die tweede helfte was daar gras onder sy voete.

Struktuur: ’n Goeie film het op bladsy 83 die totale niksgeid van die held. Maar dis waar Habana so twee keer was. Maar hy is nie dan die held nie, want hy is nie in die struktuur nie. Hy verdedig uit die struktuur uit. Hy is oorkreatief. Hy moet ook vir Spies instaan. As die Mooi Man nie sy man vat nie, is die man oor aan die kant waar die koring geil is. En koring is onkruid vir Springskape. So Habana is kreatief met die verskillende vlakke van performance, die verskillende vlakke van die speelruimte en die oorgawe van egte uitleef. Dis nou ’n kreatiewe mens! Dis ’n aanwins; moenie laat hy voor afval nie. Teken wit grimeerstrepe dat hy sien waar’s die wings.

Toi-toi: Skaap sal dit nie verstaan nie, Rykskaap ook nie, HoefSmid mag nie, maar Dans sonder Skaap wag vir die dag dat ’n Skaapwagter sy span van die veld lei en terugkom as die ref besluit het hy fluit die regte deuntjie. Dans sonder Skaap fluit ’n ander deuntjie na hy gesien het hoe krap Oz die bal uit Ruan Skaapstreke se hand agter die skrum, hoe Oz oor en om die losgemaal kom; hy’t BJ Steak Botha gegeelkaart toe hy moeite doen om nie die bal te sluk nie; witkop Schalk is geduik sonder die bal, getik, irriteer; kortom, rooi SS – die woord vir Sink die Simpel Bokke – is teen ons gegee – dis so duidelik soos daglig! – wanneer dit teen die Geelskape moes wees ... soos die Skaaphek voor Juan de Jongh, waarvoor hy die hekwag uit die pad uit stamp, en hy rooi ge-SS word.

Die Applous: Skaap klap homself. Hy dink handeklap is homself klap. So hy laat Pieter de Villiers sê hy’s sorrie. Grootskaap Fourie is vier weke geskors. Geelskaap  Cooper twee weke (hy het probeer die Groenskaap onder die gras begrawe). Maar ons is ’n dramatiese spulletjie wat boer, wat gou is om te sê daar’s nou ’n krisis; selfs die veiling se aankondiger. En hoede af vir John-wat-weet-hy-Kommentaar, wat self al die tekortkominge begin sien, byvoorbeeld die oor Fetcher.

Die Regrukplan (die Gavin Rykman-plan): Smeer Snorre swart. Dis ’n mooi nar. Swartnar. Wat ons wêreldkampioen is. Leer hom praat. As Snorre die Swartnar meer sal klink na ’n Engelse dominee, sal Rykman hom seën met eiervormige leerballe op wit lyne op Swartskaap se graf.

Gordyn: As ds Snorre leer praat soos Gavin Rykman dink hy moet, het ons arme Skape dalk die Nar verloor, die spelling verloor, die grimering verloor, die lag verloor, sy tande in die bal, die kleur is weg, en die wêreldkampioen-afrigter verloor. Ons kan Rykman nie langer bekostig nie.

Regisseursnota: Vergewe hulle wat blou blêr. Skaap wat blou blêr se tong is koud. Gavin Rich is die Ryk Man se kritikus.

 

Hope springs eternal in the human breast. – Alexander Pope