Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Kennisgewings | Notices

Stellenbosch Wynfees bied veilige pendeldiens tussen wynplase


2010-07-01

Maak jouself reg om die allerbeste van die Wynland te ontdek in gerieflike, betroubare pendelbussies tydens die  Stellenbosch Wynfees vanaf 1 tot 5 Julie. Geniet uitmuntende wyne, heerlike disse en ’n keurspel pretbelaaide aktiwiteite sonder om jou oor padkaarte of die las van bestuur te kwel. Sit eenvoudig terug en ontspan terwyl jy rondgerits word, so al langs en tussen die asemrowende wingerde in die Stellenbosch area.

Parkeer jou motor by enige van die agt Stop-en-Ry punte, geleë te Bottelary Heuwels Wynsentrum, Blaauwklippen, Delvera, Eikendal, Oude Libertas, Skilpadvlei, Zorgvliet en die Doornbosch Inligtingsentrum, die sentrale opklimpunt van die fees. Vanaf hierdie rypunte sal vele addisionele pendelbussies jou na die wynplaas van jou keuse in gemak vervoer.

Die Checkers Kaas en Wynstop sal by ieder van die bogenoemde Stop-en-Ry punte gereed staan om jou te bederf met hulle eksklusiewe kase en wyn terwyl jy op die volgende pendelbussie wag.

Kaartjies vir die fees sal by enige van die Stop-en-Ry punte beskikbaar wees en bussies begin reeds vanaf 09:00 rondrits. Skedules sal by elke punt beskikbaar wees terwyl elke pendelbussie sy eie ambassadeur vir die fees aan boord sal hê om te verseker dat jy ‘n onvergeetlike ervaring beleef.

Geesdriftige sokkerondersteuners kan ook aan die wynjolyt deelneem. Die Stellenbosch Wynfees sal ‘n retoerbus vanaf Kaapstad na Stellenbosch beskikbaar stel gedurende die fees. Pendelbussies vertrek in die oggende vanaf die V&A Waterfront se kloktoring en sal in die middae weer huiswaarts keur. Besoekers kan ook van eie vervoer gebruik maak om wynplase in die omgewing te besoek.

ARA (Industry for Responsible Alcohol use), wat reeds vir die afgelope drie jaar hulle steun aan die Stellenbosch Wynfees bied, het vanjaar weer ingetree om te verseker dat wynliefhebbers hulself geniet maar steeds bewus is van die gevare wat alkoholmisbruik inhou. Feesgangers word dus aangemoedig om vooraf ‘n  bestuurder aan te wys indien hulle verkies om met hul eie voertuig tussen plase te ry.

Vir diegene met ‘n lus vir die lewe wag daar die unieke Stellenbosch Wynfees Helikopter Extravaganza op Saterdag, 3 Julie of Sondag, 4 Julie. Base 4 helikopters sal avontuurlustige wynliefhebbers tussen Blaauwklippen, Skilpadvlei en Zorgvliet vlieg waar jy jouself in die allerheerlikste bederfies kan verlustig. Besprekings is noodsaaklik en kaartjies vir dié opwindende uitstappie word teen R750 per persoon verkoop wat ‘n kaartjie na die fees insluit. Vir meer inligting, skakel Tel: 021 934 4405.                                                                                                                       

Kaartjies vir die Stellenbosch Wynfees is beskikbaar teen R150 per persoon per dag of R500 vir die gouetoegangskaartjie wat al vyf dae van die fees dek. Die kaartjie sluit ‘n proeglas van Consol, ‘n program en 5 koepons wat op feesaanbiedinge gespandeer kan word, so wel as vervoer tussen plase, in. Kinders onder die ouderdom van 18 jaar kan gratis die fees geniet! Kaartjies sal verkoop word by alle Stop-en-Ry punte, die Doornbosch Inligtingsentrum of aanlyn by Computicket of www.wineroute.co.za.

Vir meer inligting oor die Stellenbosch Wynfees, geborg deur American Express Kaarte®,  skakel 021 886 4310 of besoek www.wineroute.co.za.