Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Kennisgewings | Notices

Hartenberg bied onvergeetlike uitstappie gedurende Stellenbosch Wynfees


2010-06-30

Hartenberg landgoed bied wynliefhebbers onvergeetlike ervaringe tydens die jaarlikse Stellenbosch Wynfees, 1-5 Julie, waartydens besoekers heilsame disse, uitmuntende wyne en vriendelike gesigte kan verwag nie.

Kom verlustig jou in Hartenberg se Wyn- en Olyfproe met ‘n groot verskeidenheid van die landgoed se heerlike wyne, so wel as organiese olywe wat plaaslik vervaardig word in Stellenbosch. Die proe is gratis aan alle wynfees entoesiaste.

Vir diegene wat ‘n bietjie meer oor Hartenberg en hul vooraanstaande wyne wil leer, wag daar ‘n besonderse geleentheid - ‘n ekslusiewe 3-stop keldertoer waartydens wynliefhebbers die geskiedenis van Hartenberg sal verken. Die toer skop af in die oorspronklike kelder waar wynliefhebbers ‘n intieme wynproe, gepaard met kos, sal geniet. Volgende is dit die vaatjiekelder waar geesdriftiges nog ‘n kos-en wynproe kan vier . Die toer sluit dan op ‘n hoë noot af met Helderberg se allerbeste wyne wat in die mistieke ondergrondse kelder geproe kan word saam met ‘n smullende peuselhappie. Slegs ses wynliefhebbers word toegelaat per toer, bespreek dus nou jou plek om teleurstelling te voorkom. Die toer kos slegs R60 per persoon.

Indien jy eerder belang stel om hand te skud met bekroonde wynmaker Carl Schultz en wingerdboer Wilhelm Joubert, dan is die spesiale Vrydagaandete vir jou beskore. Carl en Wilhelm, tesame met die toegewyde Hartenberg span sal ‘n voortreflike ete voorberei vir gaste, ieder met ‘n uitsoek wyn van die vinotique. Vier dan die landgoed se voortreflike wyne en ontmoet die span terwyl jy rustig agteroor sit en die allerbeste wyn en kos bestemming gedurende die Stellenbosch Wynfees geniet. Kaartjies beloop teen R250 per person en bespreking is noodsaaklik.

Vir meer inligting of om ‘n bespreking te maak, skakel Hartenberg by Tel: (+27)21 865 2541, e-pos info@hartenbergestate.com of besoek www.hartenbergestate.com.

Hartenberg landgoed is geleë buite Stellenbosch op die R304, Bottelary pad.