Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXV: Ongetiteld (finale weergawe)


Hilda Smits - 2010-06-30

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie
Finale weergawe van Hilda Smits se gedig:

 

Pa, ek rook weer vanaand ’n sigaret op jou. Die wind gryp die rook
in ’n dronk dans en warrel saam met ’n kaleidoskoop verlepte
herfsblare, en in die kaal stram arms van die reuse-akkerboom
sien ek jou weer dans op Neil Diamond, jou voete wat lomp vastrap,
die vibrasie van jou vals stem, en die vuur se tong, die vlam se mal
gebare. En op die rug van die wind die woorde: "I am, I said, to
no one there. And no one heard at all."



<< Terug na SkryfNet XXV <<