Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXV: Drogbeelde (finale weergawe)


Hilda Smits - 2010-06-30

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie
Finale weergawe van Hilda Smits se gedig:

Drogbeelde (voorheen Onsamehangende midnag gedagtes)

Tongknopende terminologie. Swart drie-uurkoffies. Die sukkelende
swenk en
                val
                     van die horlosiebeen

Tussen mense op
                            donnerende ondergrondse treine

En in kliniese winkelsentrums
                                   wankelend onder die wit lig

die koue teëls vibreer ritmies en in die vuil cosmetics-spieël deins
deins my bleek gesig tussen                                          weg                   
en terug        

ek en when harry met sally ek in mahler se laaste doodsnikke ek en
jy in skerwe in die lou badwater ek in die grondpad my hande wat bewend rook teen die impak

ek in die lang nag en tussen die versreëls

net Ek

En my mond is ‘n diep donker skag. En my tong val soos die reën,
so sag



<< Terug na SkryfNet XXV <<