Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXV: Nagmusiek (finale weergawe)


Isabel Niemand - 2010-06-30

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie
Finale weergawe van Isabel Niemand se gedig:

 

Nagmusiek

Jazz-musiek spoel oor die Leidse Plein
– ’n melodie wat haar eensaamheid vertolk –
die lil van klokke, ’n loeiende sirene.
Ritmiese knip-knip van die Rooi Oog
in ’n venster, wyl die mannekyn
agter die sagte toeval van ’n fluweelgordyn verdwyn.
Haar hart ’n tromspel teen sy bekende bors
emosie ’n ongenooide klant;
hul eenheid ’n teenmelodie.
Haar hand in syne onder die Magere Brug
En is “immer” beskore vir ’n vrou soos sy?
Sketterende munte beklink die transaksie:
hy talm op die drumpel.
’n Saksofoon begelei ’n donker gety. 

 


<< Terug na SkryfNet XXV <<