Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXV: 'n Winterwind (finale weergawe)


Isabel Niemand - 2010-06-30

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie
Finale weergawe van Isabel Niemand se gedig:

 

’n Winterwind

Langs die Weskus vandag,
wind waai herinneringe terug na jou;
speseryparfuum en ’n bloubont Persiese serp,
ons gedeelde landskappe genadiglik ver.
Op die platform wag jy my in,
middagete op Matjiesfontein,
tee op Touwsrivier by Kom Kyk Motors.
Jou lag by my tuis,
met terloopse vat aan ’n Delftbord.
Sand waai teen my op,
’n verlate strand; dink
aan ons onontbeerlike saamwees
vóór ons bestraalde tyd. 

 


<< Terug na SkryfNet XXV <<