Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXV: Kortpad (finale weergawe)


Isabelle Nell van Niekerk - 2010-06-30

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie
Finale weergawe van Isabelle Nell van Niekerk se gedig:

 

Kortpad

4x4’s jaag ’n stofstreep
op die tweespoorkortpad,
verby sinkkaias.
Betyds vir die oggenddiens.
Tussen die shacks
aas bronstige honde;
vroue skud kooigoed uit.

Grint sif neer
op halfgaar skaapkoppe,
nat wasgoed en drinkwater.
Transistormusiek pols
deur die plakkersdorp.
Gehurk in die stof
gooi dwellers dice;
die jonges diskidans

Tydens die oggenddiens
word die plakkers
se voete gewas
en vergifnis verkondig.
Stof tot nadenke
vir die gemeente.

Ná kerk ry die 4x4’s weer
kortpad terug huis toe.
Die mega-gemeente
met die makro-begroting
keer huiswaarts. Rus daal
op die plakkerskamp neer.
Stof tot dankbaarheid!


<< Terug na SkryfNet XXV <<