Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXV: In transito (finale weergawe)


Isabelle Nell van Niekerk - 2010-06-30

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie
Finale weergawe van Isabelle Nell van Niekerk se gedig:

 

In Transito

gereed
om weg te breek
         uit dié begrensde bestaan
op soek
na ewigheidsdeeltjies
gevleg
aan die waarheid
waaroor
die geheim swyg

wil niks nalaat
nie ’n gedagte of gedig
         niks nie
kyk na die tapisserie van dinge
enorm en klein
verweef en verwant
God mens
buffel ametis arend roos
selakant. 

kan nie langer vertoef nie
die spiraalarms van die heelal
gryp na my
met lang dun vingers
die reisiger
gebaai in die na-gloed van die oerknal
sien die geel sterre verskiet
die ontdekker
verdwyn in die swart gat



<< Terug na SkryfNet XXV <<